En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.
Ek het gelukkig ...
... 'n keuse van twee verskillende roetes tot en met Upington - hetsy via Springbok of via Calvinia. En beide is aangename en veilige paaie om te ry.
Sou dit my egter beskore wees om weer Kgalagadi te besoek sal dit seker maar in vaste huisvesting wees. Aag - hoe wens ek!!
Fiksheid en Gesondheid
Lé ek nou hier in die hospitaal nadat "golfbal" groote saliviry gland uitgesny is uit ny nek. Nou weggestuur vir ontleding.
My 76 jare ouderdom her weereens die hospitaal personeel verstom omdat ek anders gesond is en geen medikasie kronies of nie gebruik nie. My nooit gepla nie maar met laaste tandarts besoek dit op x-straal gewys wat my toe spesiaalis toe gestuur het.
Was nogal 'n delikate operasie omdat die mond se senuwees daar is en die beheer van kakebeen en tong kon beïnvloed gewees het.
Al die jare van oefening , en met baie mense wat gesê het ek is mal en hardloop vir iets weg , vir Comrades, Argus fietstoer en Duzi kanoe het my net goed gedoen. Hospitaal personeel en dokters my geprys oou goeie gesondheid.
Weereens bewys dat gesonde oefening goed is vir liggaam en gees. Vroeër jare het hulle sout tablette by die Comrades uitgedeel op advies van professore. Later gesê dit is sleg vir jou en toe Spurilina uitgedeel dat die pad grasgroen daarvan was.
Nog later dat atlete te min vloeistof drink wat toe ook omgeswaai is en dat te veel vloeistof drink gevaarlik is. Vir my meer die geval van "mogge troffe"
Nog nooit op 'n dieet gewees nie en ook nog nie van een gehoor wat werk nie. Sodra jy ophou is gewig terug. Gesonde leefstyl as moontlik baie beter resultate.
Weet daar is persone wat medikasie moet gebruik vir hulle gesondheid maar ek steur my min aan al die advertensies oor wat jou beter sal laat voel.
Selfs goeie atlete word betaal vir sekere advertensies en aanvullende goed om beter te presteer maar hulle gebruik dit nie self nie. Al my Comrades en Duzis met water en Coke gedoen.
Baie geseënd en dankbaar vir die genade.
Sterkte Jan
Dit moet seker taamlik pynlik wees. Hoop jy voel gou beter en dat die uitslag gunstig sal wees.
Verlang ook maar.
Gaan oor 2 weke vir 6 maandelikse scans etc. En.. as die ou lyf nog uithou, gaan daar ń Kalaghadi kuier beplan word. Dit is nie nodig om weer in die klein kampies te bly nie. Twee Rivieren, Nossob en Mata Mata se vastr plekke sal doen vir so 10 dae. Twee dae op Twee dae terug. 14 dae is net lekker.
Na aanleiding van ...
... Jan se opmerking oor gesondheid/fiksheids en dieet.
Ek het vroeër genoem dat ek nou 'n sogenaamde karnivoor-eetplan volg. Dit kom daarop neer dat ek slegs dierlike produkte eet - wat insluit vleis en suiwel (vandag my 20ste dag). My hoofdoel is om my Tipe 2 diabetes te probeer omkeer. En volgens my daaglikse vastende glukose-tellings het my bloedsuikervlakke reeds dramaties afgekom. My 14 dag-gemiddeld staan nou op 5.5 - dus normaal. Ek het sedertdien 5.7 kg afgeskud. En dit op 'n eetplan waarmee ek my versadig en eet - sodanig dat ek sommige aande geen behoefte vir aandete het nie (slegs my een maaltyd teen ongeveer 13:00 is genoeg).
Toe ek my nuwe eetplan aan my GP noem, was hy dadelik bekommerd oor cholestorol-vlakke. Ek het op 16 Okt 'n volledige lipogram laat doen. Daarvolgens was die uitslae as volg:
Totale cholestorol: 3.57 (laer as die 5.0 wat as maksimum gestel word).
LDL (sogenaamde slegte cholestorol): 1.72 versus 3.5 as maksimum vlak
HDL (goeie cholestorol): 0.98 versus 'n verkieslike minimum van 1.0
Triglesiriedes: 1.90 wat ietswat hoër is as die maksimum van 1.8 wat as normaal gestel word.
Ek beplan om elke 28 dae 'n lipogram te laat doen ten einde bewegings in my cholestorol-vlakke dop te hou.
Tans geniet ek dié eetplan wat my nooit laat honger voel nie. Maar toegegee - ek mis nogal 'n paar dingetjies.
Ek stem saam ....
... Herman. So lekker soos wat Grootkolk, Urikaruus en Kieliekrankie was, is dit nie meer vir hierdie ou pensioenaris bekostigbaar nie. Selfs Twee Rivieren, Nossob en Mata Mata se vaste akkommodasie is inderwaarheid al bo my vuurmaakplek wat bekostigbaarheid aanbetref.
Die probleem is net om akkommodasie in genoemde konvensionele te bekom.
Balule
Vir sulke reedes gaan ons nie meer Balule kamp toe nie want dit word keer op keer gebruik vir byeenkomste. Verjaarsdae....partytjies.....huwelike herdenkinge...of selfs huwelike en afstrerwe dienste en groep kampeer ens ens. Dan kamp die meenigdes op jou stoep en steur hulle nie aan jou nie. Al gebeur dit nie word ons uitgetrap (van ander kampeerders en Vivian (kamp bestuur)) oor ons opblaas kinder swembad (1.5m) wat ons gebruik om af te koel in die 45 C temperatuur (geen krag nie). "We did not know swimming pools were allowed?"
Met net 14 staan plekke was dit ons gunstelling kamp. No more!
Tsenzeleka
In Tsenzeleka laat Rogers (kamp bestuur) dit nie toe nie. Hy se ook so vir SANParks. Not allowed.
Paul.....
...wat is dit met nuwe aangepaste naam vir Tsendze??? Ek het Meimaand gesien dat bordjie by kamp ook die nuwe naam vertoon.
Jammer om te verneem van die wan gebruik van Balule kampie. dit verander, en pas nie by die karakter van die plekkie nie. Praat jy van enige tipe kultuurgroep, of net selektief??
Wessel
Tsendzeleka is die oorspronklike naam vir Tsendze. Dit was afgekort na Tsendze van die begin aff. Tsendzeleka is die korrekte volle naam.
Die besoekers is maar gewoonlik Europeaans. So dit is meestal ons kultuur groep. Ja dit is baia jammer. Ons gaan kuier maar gewoonlik vir Vivian as ons by Satara kamp. Ek dink die klein kampie (14 staanplekke) en die op mekaar van die staanplekke lok sulke byeenkomste/gedrag. Mense dink maar seeker dat hulle nie te veel mense gaan steur nie?
Ek weet nie ...
... of dit steeds plaasvind nie, maar daar was eens op 'n tyd 'n jaarlikse nudiste-saamtrek in Tzendze - wanneer die hele kamp aan dié groep verhuur is. Daar is dan ondeursigtige seile teen die heining tussen Tsendze en Mooiplaas teen die heining opgerig. Elinah kan die snaakste stories oor hierdie saamtrek vertel - o.a. van olifante met groot slurpe en olifante met klein slurpies. Vra haar bietjie uit as jy weer in Tsendze kamp.
Tsendze, the Tsonga word for ‘tsendzeleka’ or ‘to ramble around like someone lost in the bush’
Het jy dalk....
...die datum vir daardie "uithang" geleentheid in Tsendze??
Of is dit 'n geval dat die datum/geleentheid nie aan die groot klok gehang word nie. Dalk het baie die klok hoor lui, of gesien, maar weet nie waar die klepel hang nie!!!
NS: Afrikaans is darem maar 'n raakvat taal.
Op jou stukke !
Ons Wessel is weer op sy beste!! Jy het egter ņ eerste vir my genoem. Waar die Klepel hang.... dalk het jy bedoel die Knewel?? Hehehe.
Idiomaties...
...gesproke is dit klepel. Seker maar om nie die onder bedeeldes te na te kom nie. ![]()
![]()





Kgalagadi besoek
Ek stem saam, my blaker jeuk ook om die park weer te besoek. Die keer wil ek ook gaan tot by Nossob. Twee rivieren net gebruik as oorslaap die 1ste en laaste aand.
Ek moet net eers 'n spindokter vind om Marie te oortuig dat mens wel deur Kuruman en Vryburg veilig kan reis.