Gedagtig aan Johann se inset onder Swadini Jan.'26 oor hulle reis soontoe, en dat sy dogter[?] of skoonseun ook 'n woonwa gaan sleep.
Nou wonder ek, wat is die beste, laat mens die onervare persoon voor ry, gevolg deur die ervare woonwasleper, OF laat mense die ervare woonwasleper voor ry.??
Ek is van mening dat met die ervare persoon voor, dit die meeste voordele inhou. Hy kan die pas aangee byvoorbeeld, en die agterste persoon kan te alle tye sien watter lyn om te volg. Dis nou effe wyer draai, uitswaai vir gate ensovoorts.
Bietjie vooraf raad sal sekerlik baie help. Soos algemene ratkeuse tov. padtoestande, sleepspoed, nie teen afdraendes verbygaan nie.
Gesels saam, en laat ons hoor wat dink julle .
Wat is die BVM op die plaatjie?
Ek glo as die BVM meer as 750kg is moet jy ‘n E vooraan jou lisensie hê.
Geert...
...jammer vir jou vriend. volgens staatskoerant Oktober 2014 sal hy vir daardie woonwa 'n EB lisensie moet hê. So naby, en tog buite die wet.
Is die wa gelisensieerd tans?? Indien nie, sit die wa deur die toets, maar verkry 'n nuwe plaatjie wat BVM [GVM] as 750kg toon.Dan stem plaatjie gewigte en lisensieskyf ooreen.
Wessel
Met ons Mei 2025 Kruger trip het my ou swaer, hy is 12 jaar ouer as ek voor gevat. Hy ken van sleep. Ek het nie teen dit geskop, want voor ry het baie druk oor spoed en alles wat Wessel genoem het.
Minder stres vir my. Al sleep ek lank karavaan, is ek nog onervare as dit by "reverse" kom. Dit is hoekom ek EWIKS het. Wat ook lekker werk as ek agter is, en ons stadige goeters moet verbygaan en ons ry in 2 bane gaan ek wat agter is eerste oor na regter baan. Dan se ek vir swaer jy kan maar oor kom. Dit werk nogal lekker.
lekker week verder.





E lisensie
Maak net seker die bestuurder het ‘n E vooraan hulle lisensie. Afgesien van wetstoepassing is dit nodig vir versekeringsdoeleindes.