6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

September 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen. 

Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.

Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/09/2026 - 22:07

...welkom terug op die forum, gedog jy het jou gewip vir onslaugh Bly om e hoor dat Daan sy toetse geslaag het.

Dan wag ons geduldig om te verneem van kort vakansie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 08:42

Geert, ek het ook gesukkel vanoggend, en ook 'n ander fout boodskap ontvang. 

Ek gaan vir Anton 'n whats up stuur, die ou hol rond en loer nie elke dag hier op forum in nie.  

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 21/09/2026 - 08:46

Die jaarlikse buitelewe skou word weer van die 25-27Sep. by Hartenbos Amfiteater aangebied. Die een karavanpark word gebruik om die karavane en dies meer te vertoon.

Was verlede jaar daar en kon nie glo hoeveel verskillende soorte karavane daar vervaardig word nie veral bos karavane. Hierdie jaar word reën voorspel vir Vrydag en Saterdag so sal wag en sien of dit voor Vrydag gaan verander.

Lekker om daar rond te loop en met die oog te steel en wag vir my skip om te kom. smiley

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 08:58

Jan, in jou geval is dit mos 'n klein skippie, wat jy met Jimny kan sleep. 

Daarvan gepraat, sal die Jimny 'n Skipper kan/mag sleep??

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 21/09/2026 - 09:10

"The Suzuki Jimny has a manufacturer-rated maximum braked towing capacity of 1,300 kg and an unbraked towing capacity of 350 kg (or up to 750 kg/legal limits depending on specific global or local interpretation, but officially listed as 350kg unbraked by Suzuki Auto South Africa"

Dit is wat Suzuki SA sê en omdat die Jimny onder waarborg is sal ek maar dit moet handhaaf. So sal darem 'n kruiwa mag saamsleep. smiley

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 09:31

...ek het gou op webblad gaan loer. Vir die 5deur 1.5GLX aut word "kerb weight" as 1215kg aangetoon.

Wat is gewig  op lisensieskyf ? Dit is bepalende faktor.  

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 09:36

...ek het gou op webblad gaan loer. Vir die 5deur 1.5GLX aut word "kerb weight" as 1215kg aangetoon.

Wat is gewig  op lisensieskyf ? Dit is bepalende faktor.  Die Skipper LTX max se bruto gewig is 750kg. 

Net die wa vir jullelaugh

Pretoria

Geert

Mon, 21/09/2026 - 10:15

Ek het lank terug mense gesien by Merry Pebbles met n Skipper - Jimney kombinasie. Baie nice gelyk

Pretoria

Geert

Mon, 21/09/2026 - 10:15

Ek het lank terug mense gesien by Merry Pebbles met n Skipper - Jimney kombinasie. Baie nice gelyk

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 21/09/2026 - 12:56

Ken nie die skipper nie en sal gaan loer. 

Op hierdie stadium is ons rigting Teardrop maar het nog gelukkig baie tyd. Sal maar tent neem en gaan kamppekke besoek en kyk wat daar is en eerstehandse inligting by mense met klein sleep kombinasie kry. 

Sou lekker gewees het as ons kombinasies op "Apro" kon kry en terugbring as dit nie werk nie. smiley

Wat my ook nogal geval is die soliededak daktente wat platvou soos 'n pannekoek en dan bo-op 'n sleepwaentjie sit dat jy nie so hoog moet klim om te kan lê nie. 

Lyk vir my ons gaan besig wees hierdie skool vakansie. 

Pretoria

Geert

Mon, 21/09/2026 - 13:03

Jan...loer op Kampi se website of hulle nie dalk een te huur het in jou omgewing nie. 

As jy ernstig opsoek is na iets nuuts, kan jy oorweeg om Februarie op te vlieg Caravan show by Gallagher estate. Karavaan koop is duur en vlieg kaartjie kostes kan dit reverdig om die regte te kies. Moet bysê....ek het nog nooit Skipper op daai skou gesien nie

Irene

Grootwind

Mon, 21/09/2026 - 13:09

Sou dink 'n Skipper is 'n beter opsie as 'n teardrop. Teardrop gee skaars vir jou slaapplek terwyl die kleiner Skipper darem meer bied met die opsie van spasie byvoeg met doelgemaakte tent/e...altans dit lyk so as ek reg onthou van die Skippers wat ons elke jaar by Scottburgh sien. Skipper het blykbaar ook 'n eienaars groep wat aktief saamtrekke reel, die waens word  in Park Rynie net neffens suid van Scottburgh gebou. Kyk ook na hulle web blad <https://skippertenttrail…;

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 13:29

...voor 'n tranedruppelwink As ek na daai fotos kyk, is dit 'n kompakte hardekoejawel waentjie wat rowwe paaie kan hanteer. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 13:33

...voor 'n tranedruppelwink As ek na daai fotos kyk, is dit 'n kompakte hardekoejawel waentjie wat rowwe paaie kan hanteer. 

Na my mening bly 'n daktent net dit-----iets waarna mens met leertjie moet klouter. Dit hou voordele in vir jou kampeerbure, ons het duitsers langs ons in Marakele gehad, met 'n daktent. Die aanskoulike dame met kort rokkie, het vir mooi natuurlike tonele gesorg, so teen trappie op en af. 

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 21/09/2026 - 14:59

Geert, wat is jou ondervinding met woonwa skoue wat prys betref?

Het al baie by skoue en uitstallings waargeneem dat pryse oor die algemeen nie goedkoper is nie. By dit dat die goed wat aan jou gedemostreer word as fantasties, werk nie so goed by die huis nie. 

Deur die jare heen het ek maar altyd karavaan gekoop wat by ons behoeftes pas op daardie tydstip. Gewoonlik ook wat die sak pas. 

Daarom bly die Jimny toere vir my 'n groot aantrekking. Nou weer terugvoering gekry dat daar 3 x toere met altesaam 30 Jimny's pas die Namakwaland blomme toer gedoen het. Jy benodig net jou voertuig en persoonlike goed. Kos en slaapplek word gereël. 

Vir so 'n paar toere kan jy maklik sien wat gaan jou pas en gedagtis met ander deel. 

Maar Geert se voorstel laat my dink aan miskien net dit te doen. Skuld reeds die Jhb kinders 'n kuier. 

 

 

Pretoria

Geert

Mon, 21/09/2026 - 16:13

Vroeer was dit baie in om skou aanbiedinge te maak. Dis nog daar, maar voel of dit minder raak. Inteendeel....dit het afgelope jaar vir my gevoel of daar kompetisie aan die gang was wie die meeste kon vra

Daai Caravan show het vooraf op hul website n lys van vervaardigers wat daar gaan uitstal. Miskien beter om eers op daai lys te loer en kyk of daar iets is wat prikkel. 

Moet sê...daai Jimney toere wat hul aanbied klink vrek lekker. Mens wil amper n Jimney koop net om ook saam te kan toer....dis seker Suzuki se ideelaugh

Pretoria

Geert

Mon, 21/09/2026 - 16:13

Vroeer was dit baie in om skou aanbiedinge te maak. Dis nog daar, maar voel of dit minder raak. Inteendeel....dit het afgelope jaar vir my gevoel of daar kompetisie aan die gang was wie die meeste kon vra

Daai Caravan show het vooraf op hul website n lys van vervaardigers wat daar gaan uitstal. Miskien beter om eers op daai lys te loer en kyk of daar iets is wat prikkel. 

Moet sê...daai Jimney toere wat hul aanbied klink vrek lekker. Mens wil amper n Jimney koop net om ook saam te kan toer....dis seker Suzuki se ideelaugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus