Ek begin hierdie nuwe draad aangesien ons die Saamtrek vasgemaak het.
Volg die "Oorspronklike Eerste Saamtrek draad hier"

Ek hoop ek gaan my vlaggie....
Vrieskas aan die brand gesteek gisteraand
Groceries koop vaanaand......
Somme More al my vlaggie boe oppi paal sit by Mababaaileliklieg...
Freda jou gedig is baie mooi…
Freda jou gedig is baie mooi!
Nr 13? Dankie vir die inligting Arie - ek hoop dit is darem nie te naby aan die badkamers dat ek dit sal ruik nie - maar ook nie te vêr dat ek myself moet ruik nie ![]()
Ja ons sal môremiddag eers ry.
Ek sien Grys en Spek kom al baie vroeg deur?
NAT, reen al heeldag!…
NAT, reen al heeldag!
Gelukig as dit nie reen nie dit droog, maar ongelukig as dit reen is dit nat.
I know you are brilliant…
I know you are brilliant with ideas to waterproof a tent, but I can't believe you can influence the weather........ canceling the rain???? Really?
Ok my 2 broeke en 2 tshirts…
Ok my 2 broeke en 2 tshirts en rooi speedo is gepak, crocs is gewas so dit ruik beter anders moer Grys my dalk uit die tent en ek moet by uncle Warren gaan slaapplek soek.
Gaan nie vleis vat nie want die 60 lammers gaan meer as genoeg wees dat ek ook happie kry. Dop, wie vat genoeg dop saam of moet ek my eie koop?
Trek ons nou al by 60…
Trek ons nou al by 60 lammers?
Hel ek verlaat die forum, sal weer more terug kom.
Spekkies, aangesien ek 60 lammers bring , kan jy maar die dop bring.
Ek sien al hoe almal om dop.
Oom Bacon ons het mos van…
Oom Bacon ons het mos van die begin af genoem dat niemand vleis hoef te bring nie1
Daai sestig dragtige ooie sal meer as genoeg wees vir almal vir die hele naweek, ook nie nodig vir enige bykosse nie, ek meen daar is omtrent 'n ooi per persoon, jy gaan sukkel om 'n hele skaap te verober oor die naweek.
Shame eintlik kry ek Johann nogal jammer hy gaan sweet in die hitte om daai klomp gebraai te kry. Maar ek sal maar nie help nie, lankal geleer dat 'n braaimeester soek nie interference daar waar hy of sy besig is nie?
Ek sien dit gaan al lekker…
Ek sien dit gaan al lekker jolig daar by die kamp ?
Of is dit een van die uitstallings ?

Julle moet groot gaan
Gaan groot julle jammer ons mis dit Spekkies gooi n dop more vir my ook asb
Ek en Spek is na 'n baie…
Ek en Spek is na 'n baie lang dag uiteindelik by Mabalingwe.
Ons is vanoggend 4am uit Swartwater. Gestop by Alma vir koffie langs die pad en toe net 15 km verder toe kry ons 'n papwiel. Toe maar besluit om om sommer langs die pad uit te kamp vir die dag totdat Spek die punture gefix het.
Gaan nou kamp opslaan. Spek is eers toilet toe. Ons staan op nr 11b. Ek sien Groot G, Warren , Arie, Voortrekker en George is ook hier. Weet nie wa Antie Hessie is nie?
Antie Hessie het dan op fb…
Antie Hessie het dan op fb gesê hulle is al klaar opgeslaan, vroeg.
Ook nog nie vir die Tannie…
Ook nog nie vir die Tannie met 'n oog gesien nie.
Het haar omtrent 6 jaar terug ontmoet, sdal haar nie nou herken nie!
Ai Grys my ou tjomma, wat 'n…
Ai Grys my ou tjomma, wat 'n dag. Ek het nog nog nooit so gesukkel om 'n puncture te fix nie. Ons is darem nou hier, more is nog 'n dag. Ek sien jy se niks oor wat verder gebeur het vandag nie? Gaan jy more vertel?
As die plaveisel so hard is…
As die plaveisel so hard is soos die Voortrekker sê, dan moet Arie maar solank vir Petra gaan meet waar my penne gaan kom, die goed solank inkap, ek wil nie sukel nie.
Ons waens is dieselfde, sy moet dus weet waar die penne moet kom.






Oom Voorie Petra en Lolla…
Oom Voorie Petra en Lolla het gister 'n lang gesprek gehad op 7up [of was dit nou whatsup?] oor staats veiligheid, die weer en allerande koeitjies en kalfies hier op Mabalingwe.
klink vir my julle ry more eers na klein voorie uit die skool uitkom, dus julle sal redelik laat hier wees? Gelukig het ek maar die beleid om nie in te meng as mense kamp opslaan nie, jy is egter welkom om hier 'n biertjie te drtink terwyl Lolla die kamp opslaan. As ek reg het staan julle op 13, alweer redelik naby aan ons so julle beter jul gedra, ek wil geen klokkespel in die nag hoor van die slotte wat so skud op jul wa nie!
Wie anders kom nog bietjie vroeg?
Terloops ek sien Noddy staan op no 1, wou hy dit so he, dit is ver van almal en alles, as hy nie spesifiek daar wou staan nie moet hy dalk BenA se plek oorneem, reg agter ons en naby alles.