6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Sarel spekskiet

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Vertel Sarel my die storie van waar hy is die bosveld loop toe n leeu skielik op hom afstorm .Benoud kyk hy vir n boom of in tak om op te klim hy sien die 1 boom naby maar die tak is so 10 meter hoog van die grond af .Hy se hy hardloop en spring vir die tak ........ maar dis mis .Gelukkig het hy hom met sy afkom slag raak gevang .

Vertel hy ook die storie waar hy in die vloot was gedurende die 2de wereld oorlog .Hy staan op die dek en hy sien n Duitse "U" boot se periskoop opkom in die water .Hy hardloop toe stoor toe ek gryp n blikkie groen verf en gooi dit op die water .Ek vra hom toe wat sal die groen verf help .Nee se hy Die verf het die periskoop se lens bedek en die Kaptein dog hulle is nog onder water en die duikboot kom nog meer op . Ek se en Toe???  Hy se hulle het gewag dat hy so 20 meter in die lug is toe skiet hulle hom uit die lug uit

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/07/2017 - 16:45

Sarel en Karel  gaan jag.  Skielik kom 'n beer uit die bosse, reguit na hulle toe.   "Hardloop", skree Sarel.   Karel volg maar skree "Hy is te vinnig, ons kan nie vir hom weghardloop nie".   

"Ek weet", skree Sarel "ek wil net vinniger as jy hardloop".

laughFreda daai man se logika is spot on . Kallie en Mike loop in die bos toe n leeu hulle storm .Kallie gooi sand in die leeu se oe en skreeu vir Mike om te hardloop .Duuuhhh se Mike was nie ek wat die sand in sy oe gegooi het nie

Centurion

Dusty

Wed, 05/07/2017 - 16:55

Jan en sy helpers het gaan jag. Die aand sit hulle almal om die kampvuur en kuier. 

Jonas vra toe:" baas Jan vertel my die storie van die leeu."

Jan antwoord:" man ons het gaan leeu jag en toe ek om die bos loop kom die leeu ook om die bos van die andrkant af. En toe die leeu se wha toe skiet ek hom."

 So wil Jonas elke keer dieselfde storie oor en oor hoor.

Vra Jan hom hoekom hy die storie oor en oor wil hoor.

Sy antwoord:" Awh, elke keer wanneer die baas se wha die baas se asem hy ruik lekker"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/07/2017 - 18:49

1. Maak nie saak hoeveel wyn jy gedrink het nie, jy bly lus vir Jag.

2. Mens kan heel dag en heel naweek Jag.

3. Jy hoef nie jou jagtydskrifte weg te steek nie.

4. Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie.

5. Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie.

6. Dis heel aanvaarbaar om saam met ‘n totale vreemdeling te jag.

7. Jy sal nie blind word as jy alleen Jag nie.

8. Daar is geen Jagverwante aansteeklike siektes nie.

9. Jy hoef nie Jag op te gee wanneer jou Jagmaat belangstelling verloor nie.

10. Jy sal nooit jou Jagmaat hoor sê nie: “Wat? wil jy alweer Jag? Ons het Dan net laas week gejag. Is Jag AL waaraan jy kan dink?”

11. Om SAFE te jag sit jy net die Gun op safe.

12. Jy kan foto’s van jou Jag op Facebook sit.

13. Jy kan met verskillende gewere Jag.

14. Jy kan jou werksvriende saamnooi op ‘n Jag.

15. Jou Jagmaat raak self lus vir Jag. 16. Oupa kan ook nog Jag.

( Doringdraad )

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 06/07/2017 - 09:33

Wilsur, daai is nou die beste wat ek in 'n lang tyd gehoor het.   Lekker gelag nou.

Daar moet darem iewers 'n ooreenkoms ook wees tussen jag en seks.  Behalwe as jy nou 'n meisie saamvat en dit word meervoud.   Wat dink jy Arie?   Dalk die lekkerkry?

Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 06/07/2017 - 11:24

Die ou brag so baie met sy vernuf om n leeu op die jagveld te vang. Sy pelle besluit om hom saam te vat die volgende keer.  Aand om die vuur besluit hulle hy moet nou sy staal wys, se hom hy moet nou n leeu gaan vang. Hy loop en n klompie meters verder kom hy op n leeu af maar hys so bang  hy begin dadelik te hardloop terug kamp toe en die leeu kom.  Toe hy so twee treë van sy tent af is haak sy voet, hy slaan neer en in die tyd spring die leeu en kom binne die tent te lande. Ou spring op, zip die tent toe en terwyl hy sy hande vryf , se hy..........hiers die eerste een, ek gaan gou nog soek........

Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 06/07/2017 - 11:31

Ander ou vertel my hulle het so,n groot probleem met die blou apies. Op n dag kom alnal bymekaar, jaag die apies in die rivier se rigting om te probeer te vang. 

Nou die rivier is taamlik wyd daar in Vanderbijl se rigting. Toe die ape by die rivier kom spring hulle vir die anderkant, maar dis toe te ver. Julle sal my nie glo nie maar so halfpad, toe die ape sien hulle gaan dit nie maak nie, steek hulle hul sterte vorentoe, trap teen die stert vas en spring terug......

Aitsa ek sien dat Arie en Freda weer die pille gedrink het vandag hulle is skerp .Nou is Jag soos n selfie ? Die vrou vra haar vriendin Wat is n selfie? Se die ander Ohhh dis wat my Stoffel doen as ek n kopseer het

Oom Jeep laugh jou storie laat my dink aan daai radio program van jare terug Oom Kaspaas ai daai stories was sulke liegstories n blinde ou kon dit met sy stok voel

Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 06/07/2017 - 14:18

En die ou was in die Landbouweekblad ook. Tesame met Adoons hulle.

 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 06/07/2017 - 16:59

Haai mygoeie vriend DKW of so iets het my steekbaard gedoop, moenie nou met ander name kom nie.

Ek like die Steekbaardelikheid is n mooi naam

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus