Vertel Sarel my die storie van waar hy is die bosveld loop toe n leeu skielik op hom afstorm .Benoud kyk hy vir n boom of in tak om op te klim hy sien die 1 boom naby maar die tak is so 10 meter hoog van die grond af .Hy se hy hardloop en spring vir die tak ........ maar dis mis .Gelukkig het hy hom met sy afkom slag raak gevang .
Vertel hy ook die storie waar hy in die vloot was gedurende die 2de wereld oorlog .Hy staan op die dek en hy sien n Duitse "U" boot se periskoop opkom in die water .Hy hardloop toe stoor toe ek gryp n blikkie groen verf en gooi dit op die water .Ek vra hom toe wat sal die groen verf help .Nee se hy Die verf het die periskoop se lens bedek en die Kaptein dog hulle is nog onder water en die duikboot kom nog meer op . Ek se en Toe??? Hy se hulle het gewag dat hy so 20 meter in die lug is toe skiet hulle hom uit die lug uit
Jan en sy helpers het gaan…
Jan en sy helpers het gaan jag. Die aand sit hulle almal om die kampvuur en kuier.
Jonas vra toe:" baas Jan vertel my die storie van die leeu."
Jan antwoord:" man ons het gaan leeu jag en toe ek om die bos loop kom die leeu ook om die bos van die andrkant af. En toe die leeu se wha toe skiet ek hom."
So wil Jonas elke keer dieselfde storie oor en oor hoor.
Vra Jan hom hoekom hy die storie oor en oor wil hoor.
Sy antwoord:" Awh, elke keer wanneer die baas se wha die baas se asem hy ruik lekker"
Die verskil tussen Jag en Seks
1. Maak nie saak hoeveel wyn jy gedrink het nie, jy bly lus vir Jag.
2. Mens kan heel dag en heel naweek Jag.
3. Jy hoef nie jou jagtydskrifte weg te steek nie.
4. Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie.
5. Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie.
6. Dis heel aanvaarbaar om saam met ‘n totale vreemdeling te jag.
7. Jy sal nie blind word as jy alleen Jag nie.
8. Daar is geen Jagverwante aansteeklike siektes nie.
9. Jy hoef nie Jag op te gee wanneer jou Jagmaat belangstelling verloor nie.
10. Jy sal nooit jou Jagmaat hoor sê nie: “Wat? wil jy alweer Jag? Ons het Dan net laas week gejag. Is Jag AL waaraan jy kan dink?”
11. Om SAFE te jag sit jy net die Gun op safe.
12. Jy kan foto’s van jou Jag op Facebook sit.
13. Jy kan met verskillende gewere Jag.
14. Jy kan jou werksvriende saamnooi op ‘n Jag.
15. Jou Jagmaat raak self lus vir Jag. 16. Oupa kan ook nog Jag.
( Doringdraad )
Gelyke tussen jag en seks
Jou geweer kan uit patrone raak
Jy kan die sneller te vroeg trek
......?
As jy net alleen gaan is dit…
As jy net alleen gaan is dit jag, as jy jou meisie saam vat moet jy die meervoud gebruik dus, jags
Wilsur, daai is nou die…
Wilsur, daai is nou die beste wat ek in 'n lang tyd gehoor het. Lekker gelag nou.
Daar moet darem iewers 'n ooreenkoms ook wees tussen jag en seks. Behalwe as jy nou 'n meisie saamvat en dit word meervoud. Wat dink jy Arie? Dalk die lekkerkry?
Ja die eerste keer vir my…
Ja die eerste keer vir my was ek oorstelp van vreugde, nooit gedink n dom Holander kan soooo lekker kry nie?
Arie, was dit nou toe jy…
Arie, was dit nou toe jy gaan jag het???
Die ou brag so baie met sy…
Die ou brag so baie met sy vernuf om n leeu op die jagveld te vang. Sy pelle besluit om hom saam te vat die volgende keer. Aand om die vuur besluit hulle hy moet nou sy staal wys, se hom hy moet nou n leeu gaan vang. Hy loop en n klompie meters verder kom hy op n leeu af maar hys so bang hy begin dadelik te hardloop terug kamp toe en die leeu kom. Toe hy so twee treë van sy tent af is haak sy voet, hy slaan neer en in die tyd spring die leeu en kom binne die tent te lande. Ou spring op, zip die tent toe en terwyl hy sy hande vryf , se hy..........hiers die eerste een, ek gaan gou nog soek........
Ander ou vertel my hulle het…
Ander ou vertel my hulle het so,n groot probleem met die blou apies. Op n dag kom alnal bymekaar, jaag die apies in die rivier se rigting om te probeer te vang.
Nou die rivier is taamlik wyd daar in Vanderbijl se rigting. Toe die ape by die rivier kom spring hulle vir die anderkant, maar dis toe te ver. Julle sal my nie glo nie maar so halfpad, toe die ape sien hulle gaan dit nie maak nie, steek hulle hul sterte vorentoe, trap teen die stert vas en spring terug......
Haai mygoeie vriend DKW of…
Haai mygoeie vriend DKW of so iets het my steekbaard gedoop, moenie nou met ander name kom nie.
Ek like die Steekbaardelikheid is n mooi naam
'n Regte plaatjie
Arie, daar is wraggies nie salf aan jou te smeer nie. ![]()
Jy is onsalfsmeerbaarlik !!





Sak Sarel!!
Sarel en Karel gaan jag. Skielik kom 'n beer uit die bosse, reguit na hulle toe. "Hardloop", skree Sarel. Karel volg maar skree "Hy is te vinnig, ons kan nie vir hom weghardloop nie".
"Ek weet", skree Sarel "ek wil net vinniger as jy hardloop".