Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -16 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -16 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Liedjie van die dag.

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Ek weet nie van ander nie, maar baie keer laat die gebeurtenisse van 'n dag of iets 'n mens dink aan 'n liedjie.

As jy aan 'n liedjie dink, of een wat in jou kop is om een of ander rede, plaas die naam of 'n skakel / video hier, of plaas sommer 'n paar van die woorde (-;

Centurion

Voortrekker

Sun, 22/12/2019 - 10:17

TobyMac - Undeniable 

Die onmiskenbaarheid en grootheid van God yes

video
0
Centurion

Voortrekker

Sun, 22/12/2019 - 10:39

Hierdie is net so goed.  Ek het amper al sy CD's smiley

video
0
Secunda

Sleep nou

Sun, 16/02/2020 - 06:45

Don't kill the world wat n puik song en die lied word nie oud nie

0

Môre Shaun en ander ouens

Wie van ons ouderdom kan Neil Diamond vergeet, dit was die dae van;

Hot August night

Diamonds

Live at the Greek

Jonathan living seagull

en vele meer.

Voeg daarby die musiek van Leonard Cohan en Peter Sahstedd [hoop die spelling is korrek]. Daar is die liedjie---" my father is not a priest you know, and I am not a beast you know"

Daai dae was dit rowwe musiek, nou is dit lammetjie mak in vergelyking met sommige liedere wat grens aan duiwelsdrek.

Groete 

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 19/02/2020 - 08:25

Wessel daai song "My father is a priest" se naam is "Take of your clothes"

Soos jy sê daar was darem lekker wilde liedjies, ek onthou een van Amanda Lear waar sy in detail verduidelik wat sy en haar boy friend die vorige nag gedoen het. Ek kan nou glad nie sy naam onthou nie, onthou wel dot was rof, nooit gespeel as my kinders naby was nie!

0

My liedjie van die dag is "You may be right" (Billy Joel). Gisteraand toe begin ek en my vrou spontaan dieselfde tyd hierdie liedjie sing. 

0

Môre Arie en ander ou generasielede

Dan was daar die SAUK-verbode liedjie;

"How do you do ….. and then we begin to na na Na"

Groete

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 19/02/2020 - 09:05

John Ierland het n lied innie 80 gesing I like mmm m with you ek onthou vannie kerke kapsie gemaak dat David Grasham die lied oor springbok radio gespeel het wat se die selfde suur pruime vandag oor strond wat oor tv gewys en gesing word

0

Wie van ons ouderdom kan Neil Diamond vergeet, dit was die dae van;

Hot August night

Without implying that any of his other songs are not good... they are all good, the three tracks from Hot August Night That still give me goosbumps are: -

Holly-holy

Solimon

Crackling Rose...

But only the original Hot August Night versions, the later ones where not as good.....

Probibly that was the height of his career

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/02/2020 - 22:18

Ek moes vanoggend Kaap toe gaan vir 'n vergadering. Net anderkant Plattekloof is daar toe 'n ongeluk en een baan op die N1 is toe en dit vat my amper 3 ure om die 109km tot in die stad te ry. Gelukkig het ek toe lekker baie tyd om musiek te luister en die liedjie van Koos Kombuis is een van die wat ek geluister het. Dit is opgeneem net na die Zuma era begin het, en dit gee my elke keer wat ek dit luister hoendervleis.

Koos was baie kwaad toe hy die album Bloedrivier (waarop die liedjie verskyn) opgeneem het. Ek wil nou nie swartgallig raak nie, maar ten spyte van die verligting wat dit gebring het om van Zuma ontslae te wees, het daar nie regtig veel verander nie. Mens hou aan hoop Ramaphosa sal sy vinger uit sy agterent trek maar hy bly net by mooipraatjies.

Ek bly egter net hier, want waar anders kan ek my kinders grootmaak soos ek belowe het by die doopvont sonder dat die samelewing hulle bes probeer om dit ongedaan te maak, en waar anders gaan ek so lekker kampeer - en boonop in Afrikaans?

video
0
Secunda

Sleep nou

Tue, 25/08/2020 - 09:38

N legend sy musiek diep het geluister na n lied Karla mooi verby

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus