6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

2016 Sprite Tourer SW Gravel Roader

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Bande 85%Prys verlaag R255000Bitter baie netjiese 2016 Sprite Tourer SW. 80l water tenk. Warm water geyser. Voltent, rally, grond net, skirt. Baie pakplek. Sleep soos n droom. Voltent net 1 keer gebruik. Binne en buite wasbakke met warm en koue water. Rede vir verkoop, gaan motorhome aanskaf.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/07/2023 - 13:56

Middag Len,

Dalk moet jy vir Jeanne  telefonies probeer help. As hy jou bel, kan jy hom mos stap vir stap verduidelik. Amper soos die Leeuloop.

Of ry om die hoek en gaan kuier vir die man, en gee hom praktiese opleiding.

Worcester

Wildehont

Wed, 26/07/2023 - 08:22

Ek gaan loer so nou en dan vinnig watse rygoed en kampeer goed is op Gumtree (dis hoe ek op Pieter-Steph du Toit se Prado afgekom het). Ek sien Jeanne se Tourer SW is nou op Gumtree. Dit is regtig lekker karavane daardie.
 

Ek voel soos Wessel, en geniet die Kavango wat net so breed soos die Prado en omtrent net so hoog is, en ek soek ‘n wa wat ‘n paar dae sonder krag en water by die staanplek kan staan maar steeds my vleis gevries, my bier koud en my waswater warm kan hou. Andersins sou ek vir seker ‘n Tourer SW oorweeg het. ‘n Pad karavaan sal nie vir my werk nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/07/2023 - 09:41

" ek soek ‘n wa wat ‘n paar dae sonder krag en water by die staanplek kan staan maar steeds my vleis gevries, my bier koud en my waswater warm kan hou "

ChrisS, my padwa kan al hierdie dinge doen sonder om sonpanele rond te skuif, maar kan natuurlik nie slegte grondpaaie vir lang ente hanteer nie.  En natuurlik kan ek met my padwa nie verder as Tweerivieren in Kgalagadi gaan kamp nie.  Julle Kavango is dus die regte keuse.

Wessel, ek kan ongelukkig nie nou vir Jeanne help nie  -  het my hande vol met dokters en 'n gesukkel om hospitaal-toelating te kry vir Annatjie se skouervervanging operasie waarvoor sy nou al 7 maande wag. Anton het egter nou vir hom hulp aangebied wat in die kol behoort te wees.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/07/2023 - 09:45

Môre Len

Onthou, ek kan slegs voorstelle maak, en almal het seker begrip vir jou "hande vol" take. Ek lei af dat Annatjie nou wel die operasie binnekort gaan kry, sterkte.

Durbanville

Jeanne Jones

Tue, 01/08/2023 - 08:40

More almal, Wessel nee nog nie. Het baie motorhomes al gesien hier in Kaapstad maar helfte het nie eers diensboeke nie, dan stap ek weg.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/08/2023 - 08:51

Môre Jeanne

Dalk sal dit help as jy meer fotos oplaai by jou advertensie. Die 2 fotos wat ek daar gesien het, is na my mening nie groot lokaas nie. Beskou die opmerking asb in positiewe lig.

As jy haastig is om te verkoop, plaas advertensies in OLX en ander plekke ook. 

as

Pretoria

Geert

Wed, 02/08/2023 - 01:14

Miskien moet jy prys plaas....dis die hoof begin van verkoop. Dis mos die 1ste ding wat n potensiele koper sal wil weet? Hoekom moet hy probeer prys uitvis?  As prys belangstellendes prikkel sal hul fisies kom kyk. As ek na iets soek en daar is nie prys en ook nie fotos of telefoon nommer of area in advertensie nie, gaan ek beslis verby blaai

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 02/08/2023 - 07:03

Het ook gaan soek, en weet of ek dit raak gesien het nie. Het een gesien wat net 4 keer gebruik is en as ek reg onthou vir R155 ofR160k adverteer is. Daar was n paar wat in die prysklas in die mark is, so lyk my jy kan wel bietjie" rond shop" vir een.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/08/2023 - 07:51

....wys jou net hoe min weet ek van goet verkoop. 

Ek sidder om te dink hoe ek my Kavango verkoop gaan kry. Daar is 'n Kavango groep [op Gesig-boek]] waar hulle spog en gesels waar hulle orals rondsleep. Ek sal maar daar begin adverteer.

Gelukkig is hier handelaars inPretoria omgewing wat spesialiseer in koop/verkoop van gebruikte waens.  

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/08/2023 - 18:44

....omdat ons jou naam sonder woordeboek kan spel.

Dit sal opreg waardeer word as u kan vorentoe beweeg, uit die Jurgie eralaugh na die Sprite-lite, SP, PW, SW en enige politieke party. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus