133429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
JackalBerry Jackalberry Ridge, Jabula,… Goeie Hout -13 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -39 minutes ago
Len... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Môre Chris ! Kgalagadi Oktober 2026 Len Loader -1 hour ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -3 hours ago

Dinokeng Camp and Leisure Lodge

Pretoria
Submitted by Geert on Wed, 04/10/2023 - 07:51
Forums

Ons het afgelope naweek weer gaan inloer by een van ons gunstelinge. Ons het dit sommer n lang naweek gemaak...Donderdag vertrek en Maandag terug gekom. Ons het op een van hulle nuwe privaat ablusie staanplekke gestaan. Die warmwater swembad is nou ook onderdak en is toegebou. Fasiltiete sois gewoonlik alles baie netjies en skoon

Pretoria

Geert

Wed, 04/10/2023 - 07:53

Skuus...ek probeer fotos laai, maar sukkel....sal later weer probeer 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 04/10/2023 - 08:17

.... bo in die noorde is darem maar gelukkig met die groot verskeidenheid van oorde wat bykans letterlik op julle drumpel geleë is. Dan is julle weer ook van so 'n aard dat julle bykans regdeur die jaar kan kamp. Ons, hier onder in die Kaap, het nie naastenby dieselfde verskeidenheid van kampeerplekke nie - en dan praat ek nie eens van die weer (in die winter - wat vanjaar nie wil ophou nie) wat ons vir 'n groot gedeelte van die jaar weerhou om lekker te kamp nie.

Waardeer dit wat julle op julle voorstoep het.

Pretoria

Geert

Wed, 04/10/2023 - 09:34

Lekker gekuier. Vrydag aand lekker saam gebraai en Saterdag n stirfry braai gehou

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 04/10/2023 - 09:41

.... na 'n bakgat oord. Julle was nogal 'n moerske klomp saam - geoordeel aan die mense op die stir fry foto's.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 09:57

Môre Geert

hoe lyk daai De Wagensdrift grondpad deesdae. Laas toe ek Willemsrus toe was, was dit erg sinkplaat gery.

Tweedens, was julle 'n groep, of was daai saam kosmaak sommer toevallige mede kampeerders daar.?

Is die prys vir 'n staanplek per aand vir 'n sekere aantal persone, want dan is dit effe hoog vir net 2 oumenselaugh

Pretoria

Geert

Wed, 04/10/2023 - 10:58

hoe lyk daai De Wagensdrift grondpad deesdae. Laas toe ek Willemsrus toe was, was dit erg sinkplaat gery. Pad was nie te sleg afgelope naweek nie. Dit hang baie af wanneer hulle pad geskraap het. Ons het hom al sleg gevang, dan is dit maar stadig ry

Tweedens, was julle 'n groep, of was daai saam kosmaak sommer toevallige mede kampeerders daar.? Ons was daar met ons gemeente....was 62x mense

Is die prys vir 'n staanplek per aand vir 'n sekere aantal persone, want dan is dit effe hoog vir net 2 oumense. Ja ek dink dis prys vir 6 mense.....ons was ook vir 2 dae net 2x en het volle tarief betaal. Deur die week is tarief darem R330 per nag

Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 11:20

Geert, die prys vir staanplek gedurende die week klink geheel aanvaarbaar. dis beslis 'n oord om te onthou sodra dit weer koeler word.

Julle is voorwaar gelukkig om deel van so 'n gemeente te wees, wat so lekker kan saam kamp/kuier. 

Pretoria

Geert

Sat, 12/09/2026 - 12:13

Ons beplan om oor September lang naweek weer hier te gaan inloer. Soos ek op facebook sien het hul heelwat ekstras aangebring sedert ons laas daar gekuier het. Sien uit...was nog altyd vir ons n lekker plek gewees

Pretoria

Geert

Thu, 17/09/2026 - 23:11

Ek sien buite seisoen deur die week tariewe het baie gedaal. Ek sien op hierdie plasing van 2023 het ek terugvoering gegee dat week tariewe R330 n nag is....volgens besprekings plaform is dit nou R200 n nag.....dis amper verniet!dcl

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/09/2026 - 07:57

....is julle nie bang alleen daar nielaugh

Die res van gaste kom seker eers vanoggend daar aan

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/09/2026 - 10:26

....is meestal sleg sinkplaat gery. Volgens Google maps is dit so 2km grondpad soheentoe.

Ons het die pad 1 keer gesleep na Willemsrus, oorkant Dinokeng Camp & Leisure. Iemand het van voor gekom, en sy hele National Luna het uitgeskud uit sy boswa. Die sydeur het oopgeskud, en kas gly toe op sy spore uit. 

Chris B: Ek dink die oord se toegang gaan hom diskrediteer by jou.crying 

Pretoria

Geert

Fri, 25/09/2026 - 06:37

Soos Wessel sê, dis n 2km grondpad. Ons het hom gelukkig gevang met n padskraper wat besig was. Hulle skraap hom so mooi...ons ons gerieflik 40-50km/h op grondpad sleep

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus