Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -49 minutes ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -56 minutes ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -1 hour ago
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -11 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

Bush ‘n buck

Brits
Submitted by Hakaf on
Forums

Was laas naweek weer by ‘n ou gunsteling Bush ‘n buck buite Brits baie naby aan Kokoriba in die bosveld. Hierdie kamp was nog elke keur in die verlede ‘n lekker wegbreuk gewees maar Ek het die laaste paar jaar negatiewe goed gehoor oor diefstal in die kamp terrein wat my Laat wonder het of Ek die kans moet vat. So sit Ek en my vrou en dink waar kan ons gou wegbreuk vat wat ons op kort kennisgewing sal plek kry en bush ‘n buck duik by ons op. Ek besluit toe om hulle te bel en uit te vind of hulle plek het en ook paar vrae te vra oor sekuriteit en so. Die nodige is bevestig en hulle het vir ons plek, daar aangekom het ons weer die warm ontvangs gekry soos ons in die verlede gewoond was. Sekuriteit is op die bol met elektriese heining om kamp en wagte wat patroleer. Die Oord het immer groen gras staanplek en die koelte bome is ook al heelwat grootter as laas. Die Oord het golf Karre te huur waarmee jy wild ritte doen en daar is drie swembaddens een warm twee koud en nog Baie ander dinge om te doen. Die sondag het ons lekker potjie gemaak en toe oppad Huis toe moes ons gou eers 30 min wag by vulstasie vir ‘n hael storm om oor te steek. Ons naweek was weereens Baie lekker en daar was niks bekommernisse met die veiligheid by die Oord. Gerus ‘n plek om te besoek as julle nog nie daar was.

Secunda

Sleep nou

Mon, 16/10/2017 - 08:00

Dankie Hakaf vir terug voer sien julle het geniet

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 22/01/2018 - 05:17

More hoop jy lees hier Hakaf se seblief vir my ,kan jy onthou water staanpleke het koelte daar by bush n buck dankie byvoorbaat

0
Pretoria

Geert

Wed, 23/07/2025 - 03:24

Ons gaan weer 26-28 Oktober hier kuier. Hulle het aanbieding van minder as half prys hierdie naweek. Ons het 2 jaar terug baie lekker hier gekampeer....baie om te doen 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 23/07/2025 - 08:03

Dis al wat ek mis van die Ou Transvaal - die bosveld. Goed, en die matige winter dae (nie die oggende en aande nie). 

0
Pretoria

Geert

Thu, 04/09/2025 - 17:58

Daar gaan n interesante kompetisie gehou word op 25 Oktober 2025. Kampeerders kan elkeen by sy eie karavaan kuier en n kampeer dis voorberei....of dit nou n braai broodjie is, potjie , braaivleis wat ook al. Lekker pryse is op die spel...week vakansies in chalets, naweke en geskenk bewyse. Gaan interesant wees wat Kampeerders gaan voorberei. Dink dit gaan n lekker naweek wees, sien daar is net 11x staanplekke oop van die 80x

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 04/09/2025 - 20:18

Meer van ons verwag dat Geert sy naam gestand gaan doen en wegstap met die beste kampsjef-toekenning. Ek raai dat dit 'n groentegereg gaan wees en nie vleis of brood nie. Geert se vrou gaan op 'n aparte vuurtjie die vleis braai wat daarmee saamgaanlaugh

Vir die afgelope 24 jaar het ons nog selde by binnelandse oorde gekamp. Daar was wel Kokoriba wat ons baie geniet het (veral die mooi bos) en ek dink Bush 'n Buck is net daar naby. Op 'n nuwe wenslys......

 

0
Pretoria

Geert

Thu, 04/09/2025 - 20:54

Oord het my gevra om te help met beoordeling. Sien uit daarna om die disse te proe....met die hoeveelheid mense wat al daar gaan wees, gaan ek seker dasr weg rol einde van naweek.  Hier is amptelike uitnodiging van oord....as hier enige belangstellendes is, kom kuier lekker saam....nog min van julle raakgekamp

Bush 'n Buck Private Game Farm would kindly like to extend and invite to the Kampeer Verlsaafdes / Camp Addicts members:

1. Camping Weekend for the 24-26 October2025 (2 Nights) @ R300 per night per stand exclusive to Kampeer Verslaafdes / Camp Addicts members.

2. With thee above offer, this rate will include the Private Ablution Stands as well as the Shared Ablution Stands. First Come, First Serve.

3. Bush 'n Buck will provide entertainment for the Saturday (25 October 2025) free of charge for boeresports & family fun filled games.

4. Instead of the traditional potjie competition, we would like to spice things up a bit with a best camping meal competition (Any Meal that can be made on a fire, be it braai, casserole or potjie-pot). Meals can be made at the stands and judging can take place at the caravan park by Bejay, Geert & (Un-Announced Guest). With this said, first prize will be a midweek & weekend camping voucher (7 Days) on one of our Private Ablution stands (Low Seasons Only), Second Prize will include a weekend stay (2 Nights) in one of our Small Herd Chalets (Low Seasons Only) & 3rd Prize will include a R500 Kiosk Voucher to be used at Bush 'n Buck Private Game Farms Kiosk.

5. Sunday will include a church service for those who would like to give thanks to the good Lord above for all the blessings received thru-out the year.

For bookings, kindly contact Bush 'n Buck Private Game Farm direct on 0827724747 (Phone or WhatsApp) or email us at info@bushnbuck.co.za to secure your spot for this unforgettable weekend getaway 🙏🏻🌿🔥🐾🦌🏕️🤩

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 04/09/2025 - 21:15

om te kon saamkamp hierdie keer. Dit sou voorwaar ook 'n goeie geleentheid gewees het om julle te ontmoet. Ongelukkig is dit nie moontlik nie - Daan se knie-operasie lê voor.

Miskien ook maar goed dat ons nie kan gaan nie - 'n koskompetisie sal my nagte laat wakker lê van streswink

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 05/09/2025 - 07:20

Mooi Geert.  Wonder wie die Un-announced gas gaan wees.

Geniet dit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus