Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -5 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 06/12/2017 - 10:27

Môre sê.

Dankie vir al die gelukwensing Sondag, dit was 'n lekker braai dag saam met kinders en die familie.

Die 2de abses het Saterdag begin seerword en Sondagaand na almal weg is oop gegaan.  Maandag oggend die Dr. gebel en gaan sien, hospitaal toe en Dinsdag net na 12:00 het ek in gegaan om hom skoon te krap.  Gisteraand weer terug by die huis.

Dit gooi my planne heek deurmekaar, wou vandah ry om 3 nagte op Kleinplaas oor te staan om Sondag by Hartenbos in te val.  Het Kleinplaas gevra of ek kan skuif na ons Hartenbos die 5de vetlaat.

Als voel darm nou weer sitbaar, hoop dit hou vir die trip.

0

More Willem ai jammer om te hoor van jou abses .Eina dis n nou n gatslag was dit n spinnekop byt of net n seer wat tot n abses oor gegaan het

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 06/12/2017 - 13:59

Ek is bly jy het darem lekker verjaar ten spyte van die abses.   Gelukkig staan 'n man mos en braai.   Ek hoop dit is nou agter die rug sodat jy lekker kan ry en gaan kamp by Hartenbos.   Ek sien vanoggend hul vakansieprogram wat Saterdag al begin.  Lyk fantasties.   Jy moet jou "dancing shoes" inpak, ek sien daar is gereeld langarm danse.   Ek dink Harties gaan kook hierdie jaar!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 07/12/2017 - 05:29

Goeie more almal.

Die aarde is nou papnat. Gistermiddag weer so 'n stortbui gehad en lank daarna gereen.

Tee ook lekker vanoggend. 

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 07/12/2017 - 05:49

Dusty, ek is vanoggend vroeg uit die vere, saam met jou.  Ek het alreeds tee gehad en drink nou koffie.

Nee wat, hier by ons skyn die son en daar is nie 'n wolkie in die lug nie.  Gister was daar donker wolke wat gelyk het of dit wil-wil reën word, maar 'n rukkie later toe is alles weer weg.

Geniet jul dag, vriende, en hou die blink kant bo!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 07/12/2017 - 07:09

More almal.

Sjoe Anton, maar oom DK wys darem maar vir jou n lelike lange vinger, na jou tee en koffie uitnodiging

Ek wat n matroos is, is eintlik geskok.

Die vieslike ouman !!!!

He He

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 07/12/2017 - 07:18

Freda daai reen kom vir julle die koffie loop soos stroop en julle moet n gatskop dag he

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 07/12/2017 - 07:29

DK wys darem maar vir jou n lelike lange vinger, na jou tee en koffie uitnodiging

Ja dit was nie mooi nie?   My hart is nou seer -  ek vat sommer my goed en waai -  na die astronomy forum toe!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 07/12/2017 - 07:50

Goeie more almal, hoop julle het 'n lekker dag, dankie die tee was lekker.

Harry ek het daai vieslike opmerking gesien, wou eers ook laag daal, maar het daarteen besluit, en net genoem dit raak nou lelik en persoonlik. Sy blerrie kop raas.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 08/12/2017 - 04:35

Goeie Môre almal.  Ja dit is Vrydag en daar is nog baie om te doen voor die naweek regtig hier is. 

Geniet julle koffie of/ tee.  

Geen reen gehad deur die nag nie. Die voëltjies sing lekker vanoggend. 

Mooi dag.  

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 08/12/2017 - 05:31

Goeie more Deon en die ander.

Dankie, tee is heerlik.

By ons ook geen reen verlede nag nie.

Die wat op die pad gaan wees die naweek ry versigtig en geniet. Ekself gaan moreoggend Nelspruit toe.

Lekker dag en naweek

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 08/12/2017 - 06:35

Goeie more.laugh   Dit lyk na 'n heerlike Vrydag, maar ek hoor nog baie reën voorspel vir die naweek hier by ons.

 

Lekker dag vir almal -  ek gaan nou 'n koffietjie maak smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/12/2017 - 07:19

Geniet die koffie / tee, geniet julle naweek sleep veilig en Dusty daar baie spietkops op pad na Nelspruit

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 08/12/2017 - 07:48

Anton, skoonsus het 60 geword en dit is haar partytjie more. So, dit is vir plesier.

Shaun, daar is niks wat my jaag nie. ek vat dit maar rustig en hou by die spoedbeperkings

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus