Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
Goeie dag mense…
Goeie dag mense.
Jammer ek is laat.
Wag nou vir Rugby
Wales met 10 punte, is my raai.
Oxtail dag
Goeie more ![]()
Ek wens almal 'n heerlike Sondag toe!
Vandag bou ek weer 'n oxtail potjie .... yummy
More Anton en die res…
More Anton en die res.
Lekker gereen. Het nog vanoggend 04:00 gehoor hoe lekker val die reen. Het n afdak langs my kamermuur en kan die reen hoor val op die sinkdak.
Dankie, glo dat ons n rustige sondag sal geniet.
Geniet daai potjie.
More almal, geniet ' n…
More almal, geniet ' n heerlike dag.
Gister hier 52mm gereen, dankie, tee was lekker.
Het nou gou buite gaan kyk. …
Het nou gou buite gaan kyk. Ons het net 24 mm gehad in die laaste 24 uur.
Wil net graag van die…
Wil net graag van die geleentheid gebruik mask om n paar geveerde woorde te spreek....
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG WILLEM. HOOP DAT DAAR NOG BAIE SAL WEES. MAG DIE JAAR WAT VOORLÊ DIE BESTE EEN WEES WAT JY AL GEHAD HET
Geluk Willem! - jy moet …
Geluk Willem!
- jy moet 'n lekker bederf dag hé en eet 'n stukkie koek vir my ook ![]()
More almal
Ek aanvaar dit is Willem, soos in Wilsur, wat verjaar? Is julle seker? Dit voel vir my of ons so rukkie terug hom ook gelukgewens het.
Baie geluk, Willem, hoop jy verjaar lekker en voorspoed vir die jare vorentoe.
Julle mense wat so lekker reën kry, julle is baie gelukkig. Geniet daai pot, Voories.
Lekker Sondag vir almal.
Volmaan (Super Moon)
Voortrekker, jy is mos 'n man vir die sterre en planete. Ek weet Facebook lieg soms, maar ek sien daar 3 & 4 Desember sal die enigste Super Moon van 2017 hê. The brightest full moon of the year.
Dog ek sê jou maar... of dalk weet jy in elk geval. ![]()
Dog ek sê jou maar... of…
Dog ek sê jou maar... of dalk weet jy in elk geval.
ek het nie geweet nie Freda, sal bietjie uitkyk vannaand. Dankie ![]()
Die maan
Dankie Freda vir die inligting het juis gister aand bietjie rond geloop en toe ons huiswaarts keer so by 3 uur in die oggend wys ek my vrou Kyk hoe mooi vol is die maan "what a sight to see " My Ma het altyd gese as ons kinders vol aits was dat ons met die maan gepla is .Terloops laat my dink aan die grappie 2 drinke broers loop laat aand huistoe na die gekuiery hulle loop verby n plaas water wat langs die pad le .Die 1 ou kyk so na die maan se weerkaatsing wat in die water is en vra Wat is daai .Se die ander ou Dis die maan .Jinne se die ou Wat soek ons op die maan ?
Daar gaan hy
More almal die koffie loop soos stroop midweek by Eiland was puik lekke warm weer hoop Willem lekke verjaar julle moet n lekke dag verder he
More Shaun en die res,…
More Shaun en die res,
Tee is ook lekker vanoggend.
Lekker vars weer vanoggen na gisteraand se hewige bui reen. Dink ook die paaie in spitstyd gaan nou begin stiller word. Baie mense begin nou verlof neem.
Lekker dag vir elkeen
Goeiemore
Dis Maandag, vandag oor 3 weke is Kersdag.
Dusty, die een ding, wat ek gedurende my laaste jare van werk geniet het, was skoolvakansies. Dan is die verkeer by ons merkbaar minder. Mense kan sommer later slaap in die oggende.
Ek het skoon vergeet om na die maan te kyk gisteraand. Sal vanaand probeer onthou. Maar dit sal nie 3 uur in die oggend wees nie, Dassie. Daai tyd sal dit vir my ook voel ek is op die maan!
Baie lekker dag vir almal. Mag die goeie dinge rol na julle kant.
Ek het skoon vergeet om na…
Ek het skoon vergeet om na die maan te kyk gisteraand.
Ek kon ook nie, dit het gereën - en gewoonlik kom 'n volmaan baie laat eers uit.
Goeie more almal. Lekker dag en week vir julle!
More almal. Lekker dag vir…
More almal. Lekker dag vir almal. Gaan groot





Lekker man lekker
Lekker dag aan almal wat op Kampforum saam gesels, uitgesluit dié wat net lees !
.Dit was nou lekker tong in die kies
Dankie Len en lekker dag vir almal