Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -22 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -25 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -25 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -34 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -35 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -41 minutes ago

Ons 2de Saamtrek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

4 Keuses vir ons winter saamtrek  naweek 26 Mei 2018 Kampforum het gesels met 'n paar kamp plekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp.  Die volgende is vir ons aangebied.

Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4  & R100 ekstra pp, 1 voertuig

Bosveld Oase: -  R500 per naweek vir staanplek van 4  &  R100 ekstra pp, 1 voertuig

Kokoriba:  R400 per naweek vir staanplek van 6  

Bosfontein:  R 600 per naweek vir staanplek van 4

Gebruik meningspeiling om jou kampeerplek keuse te maak!

 

Oorspronklike draad:

Ok, kom ons begin soek.

1.  Datum:

     Junie / Julie Skoolvakansie

     September langnaweek, 21-24 Sep.

     Begin Oktober, skoolvakansie

 

2.  Plek:

      Limerick Lodge, ek het navraag gedoen.  http://limericklodge.co…

      Lion Park, Gaborone.  http://www.lionpark.co.b…

      De Voetpadkloof.  http://www.devoetpadkloo…

      Weesgerus.   http://weesgerus.co.za/a…

 

Hier is my 2018 se Kalender

l

Daar waar dit met 'n "b" gemerk is is waar ek reeds bespreek het.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Mon, 26/03/2018 - 13:17

Gryswater,

Dis amper iets soos Die Groot G hou daarvan om in Curriebeker vrye zones uit te span.

Vir daardie tipe verwysing loop die N4 eigentlik Suid om Petoorsdorp.

Groete Biggie - Kamp julle nie meer by Bad-se-plaas nie???

André

 

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 26/03/2018 - 14:10

Freda mens kry rugby kenners en rugby ondersteuners.

Rugby kenners sal uiteraard die Bulle ondersteun, juis omdat hulle die game ken en goed ingelig is, die ondersteuners skreeu maar vir al die ander spanetjies wat ook maar probeer.

My bloed is BLOU soos FORD se "badge" en dan natuurlik die Bulle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 26/03/2018 - 14:53

Het nou e-pos van hulle gekry.

Caravan park and camping sites
We have a total of 13 stands on the banks of the Vaal River.
Each stand has its own, braai, toilet and shower, basin, electricity points and fishing spot.
Free entrance included for Swimming Pool and kiddies play park.

WEEK - Sunday-Thursday
1 x Stand & 1 x Vehicle Pax 4 R350.00 (R60.00 per person extra)
(R40.00 per child extra)
(R50.00 per vehicle extra)

WEEKEND - Friday and Saturday / Peak Season
1 x Stand & 1 x Vehicle Pax 4 R450.00 (R80.00 per person extra)
(R40.00 per child extra)
(R80.00 per vehicle extra)

Dit is die naweek prys wat my bang maak R450 + R160 + R40 = R650.00

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 26/03/2018 - 15:59

Willem gee hulle nie afslag vir 'n saamtrek nie, meeste plekke gee mos maar so bietjie afslag?

Hoekom is dit altyd die ryk mense wat afslag soek! Seker die wat hulle so ryk is. Wag dat die gesie huis toe hardloop voor hy pakslae kry. devil 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Mon, 26/03/2018 - 21:55

Anton / Willem

Parys en onmiddelikke omgewing is daar mos heelwat kampers wat naby genoeg is. Alberton. Johannesburg. Roodepoort kampers is almal ongeveer 100 km.

Ek stem saam dat Bloemfontein op sigselwers te ver is. 400km vanaf  j-burg en hier is nie baie gereelde kampers soos by julle nie.

Johann L was al by my te Deo Volente. Parys. Hy kan getuig. Dis rerig stil en vredig  daar,, net soos die naam van die plek.,  maar daar is ook Umfula. Eastco. Smilin thru in die omtrek.

As die kaarte reg val, gaan ons end April se naweek Deo Volente toe.

Paasnaweek is daar n klompie vriende daar vanaf Krugersdorp en omgewing.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 26/03/2018 - 22:51

ek raak nou lus vir 'n ......

kamp en sterre kyk saamtrek 26 -27 Mei by dube .... of iewers .....angel     wonder of Ryan sy 12 duim vir ons sal kom opslaan.

hmmmm .... lekker koue winter sterrekyk aande met 'n bietjie OBS vir die bewerasies

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 26/03/2018 - 22:53

Ja Oom Jeep, daar is lekker baie plekke om van te kies daar smiley

ek dink vir ons kampforum mense moet dit net veilig en netjies wees, die groep maak die res, of hoe?

0

Casa Cara `n baie nice plek, nou gaan kyk toe in Parys gekamp het. Al probleem geen selfoon sein nie. Toe ek vir die vroutjie daar sê dat ek sal nie kan uitsaai as ons daar kamp nie toe sê sy ek kan haar data in die kantoor gebruik.  Baie gawe mense.  So net oor die 4km ok grondpad tot by ontvangs.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/03/2018 - 09:53

saamtrek 26 -27 Mei by Dube

Dit klink goed want hulle het 'n warm swembad binne vir die kids en my.

Ek sal hulle kontak en hoor of ons enige afslag kan kry.

Noddy, jy sal seker vandaar kan uitsaai ?

 

0
Pretoria

Noddy

Tue, 27/03/2018 - 09:53

Die naweek van 25 - 27 Mei 2018 kamp ek by Bosfontein. As daar `n ander saamtrek is daardie tyd sal ek dit nie kan maak nie, maar die wat saam met my wil gaan kamp, boek dan kamp ons saam.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus