Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -18 minutes ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -54 minutes ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -1 hour ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Pad Umfula Johann L -2 hours ago

'n Henties Trip met Hartseer.

Potch
Submitted by TORA on
Forums

Vir die ouens wat nie weet nie. Ek en 5 van my Pelle het vanaf 1992  vir die afgelope 25 jaar elke jaar op Hentie/torra enTerres gaan visvang. Vir die eerste keer die jaar ( Febr 2018) moes ek alleen gaan met 'n swaar gemoed, want die dag toe ek Henties toe ry is een van ons stigters van die instelling oorlede . Hy was amper 80 maar dit het baie swaar op my hart gedruk. Baas Piet soos ek hom altyd genoem het het 'n groot gat in my gemaak, en ek het vir die eerste keer in 25 jaar nie my visvang geniet nie. Gelukkig het ek baie lekker gekamp en ek kon vir Ma 'n paar plekke gaan wys wat sy nog nie gesien het nie. As herrinering plaas ek 'n paar foto's van ons en ons ou vissies wat ons so oor die jare gevang het.Hentie-visse

Waar my wa staan

Arie

Thu, 22/03/2018 - 06:57

Ai Tora dit is swaar as ons jare lange vriende so een, een heengaan!!

Ek weet hoe jy voel, maar gelukig het ons darem al die mooi herineringe van die goeie tye saam met hulle.

Sterkte my maat!

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 22/03/2018 - 07:31

Tora sterkte alles sal weer ok wees soos Arie se die herineringe is geprint vir ewig

0

Dis waar, ons moet maar aanvaar daar word nou in ons Bos gekap. Ek het 'n ou swartman gehad wat vir 30 jaar vir my gewerk het wat altyd gesê het ," Baas daar waar ons vandaankom is ver,maar daar waarheen ons gaan is naby.sad

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 22/03/2018 - 14:49

 Baas daar waar ons vandaankom is ver,maar daar waarheen ons gaan is naby

Baie waar, sterkte daar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus