Hi daar almal.
Ek beplan `n “Om die Kampvuur” saamtrek op 9 tot 11 November 2018 by Bosfontein Woonwapark in Bela Bela.
Deon en Martie het ingestem om ons spesiale tarief van R720.00 per staanplek te gee as ons meer as 10 waens is.
Ek het ook James en Andre gekry om vir ons `n kampvuurkonsert te doen, regstreeks tydens die uitsending van “Om Die kampvuur” 10 Nov 2018 (Kyk gerus na hulle webblad http://www.jamesenandre…; )
Ons kamp 2 weke daarna by…
Ons kamp 2 weke daarna by Umoya, net om die draai. Skoonma word 60 ![]()
Hi daar almal. Ek beplan `n…
Hi daar almal.
Ek beplan `n “Om die Kampvuur” saamtrek op 9 tot 11 November 2018 by Bosfontein Woonwapark in Bela Bela.
Deon en Martie het ingestem om ons 10% afslag te gee as ons meer as 10 waens is.
Ek will ook James en Andre kry om vir ons `n kampvuurkonsert te doen, regstreeks tydens die uitsending van “Om Die kampvuur” 10 Nov 2018 (Kyk gerus na hulle webblad http://www.jamesenandre…; )
Sal julle bereid wees om `n bedraggie te betaal dat ons hulle kan kry om saam te kuier?
Gebruik die link om te stem of jy bereid is om te betaal of nie.
Ons is darem al 13 waens. …
Ons is darem al 13 waens.
Bespreek asb by bosfontein.co.za as julle wil saamkamp.
'n Baie vriendelike paartjie…
'n Baie vriendelike paartjie het ons vir die aand oorgenooi vir die uitsending en die 'party", ek neem aan ons hoef nie te bespreek nie?
Dit is reg so Arie, julle…
Dit is reg so Arie, julle het nie nodig om te bespreek nie
Ai maar die lewe is darem…
Ai maar die lewe is darem baie goed vir die twee ou mense, ons is regtig geseend!!!!
Dankie Noddy.
James en André klink na twee…
James en André klink na twee manne wat lekker musiek gaan maak vir julle, Noddy. Arie, jy sal kan dans dat die stof so staan!
Ja Freda twee stout maar…
Ja Freda twee stout maar aanganama manne wat lekker musiek maak.
Raak self nou haastig, tot…
Raak self nou haastig, tot die Oupajero gediens vir die lang pad Bosfontein toe, seker maklik so dertig km of so?
Ons soek nou op Google vir 'n lekker oorslaap plek op pad soontoe en terug?
Ons soek nou op Google vir …
Ons soek nou op Google vir 'n lekker oorslaap plek op pad soontoe en terug?
Klein Kariba is op die pad soontoe Arie ![]()
Het hul chalets, ek wil nie…
Het hul chalets, ek wil nie my karavaan sleep nie?
Het hul chaletsJa Oom…
Het hul chalets
Ja Oom Arie hulle het as ek reg gekyk het op hulle se web. ![]()
Hulle het 1 chalet by…
Hulle het 1 chalet by Bosfontein, maar James en Andre wat gaan optree saterdag gaan daarin slaap.
Ons sal maar vir jou UBER reël Oom Arie![]()
het 1 chalet by Bosfontein, …
het 1 chalet by Bosfontein,
Arie soek 'n Chalet oppad na Bosfontein toe ![]()
Arie, Forever Resort is omtrent halfpad?
Noddy, baie dankie maar nee…
Noddy, baie dankie maar nee ek sal regkom. Net die distansie, sal maar moet erens oorslaap, op my ouderdom raak dit moeilik as ek sover aanmekaar moet ry, mens raak mos moeg.
Die terug ry in die donker is OK, [vir die wat nie weet nie, ek is nagblind] Petra en ek het die ding mooi uitgwerk, sy sal instruksies gee, jy weet 'effens links, nie te veel nie" aankomende voertuig op 12.15 sowat 100 meter van ons af, en so. Ook gedink dalk moet ek langs die pad ry, daar is darem minder verkeer?
Nee wat ek spot maar, ons is orraait sal heel goed regkom, met so paar Red Harts agter die blad sien ek kans vir enige iets!
Sien uit na die kamp....…
Sien uit na die kamp....
Behalwe nou vir ou Voorie se flou verskoning dat hy kort na die naweek weer kamp, wonder ek so by my self hoekom hier nie meer van diè forum se mense kom saamkamp nie?
Kon nou man, kom kamp saam. Julle het mos gesien hoe lekker ons gekamp het by Manalingwe saam Noddy met sy uitsending.
Toe toe.....moenie dat ek begin name noem hier nie......maak jou bespreking by Bosfontein






Hierdie klink nice Noddy…
Hierdie klink nice Noddy maar ek dink dit is die meeste met kinders se eksamen tyd en ook baie naby aan die wat Desember op vakansie gaan.