Môre al die mense. Ek hoop…
Môre al die mense. Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend en wens julle 'n goeie dag toe.
Moet die Antie nie die…
Moet die Antie nie die aaklige begin doen met oppak....![]()
Ja, helaas, Hennie, die dag…
Ja, helaas, Hennie, die dag het aangebreek. Ons gaan vandag die windskerms, die voorste awning, die silwerseil en die gazebo afslaan. Ons pak weg wat ons kan en maak seker die inhoud van die kaste en yskas is reg vir die ry. Dit is darem nie nodig om vanaand al met 'n pakkerasie binne in die karavaan te slaap nie. Ons is darem net 40km van die huis af en het genoeg tyd môre.
All good things come to an end. Dit sal darem nie te sleg wees om weer terug te wees by my huis nie.![]()
More julle
Lekke dag vir almal lekke warm hier by petrol dorp julle almal moet n gatskop dag he vrede
Goeie môre Kampforum familie…
Goeie môre Kampforum familie, julle moet die dag geniet.👍
Môre sê Kampforum. Geniet…
Môre sê Kampforum.
Geniet julle dag in vrede.
Sit nou by die tandarts, die…
Sit nou by die tandarts, die res van die dag gaan maar dikbek wees ![]()
Sterkte Willem. Ek is al…
Sterkte Willem. Ek is al dikbek nog voor ek tandarts toe gaan.![]()
![]()
Goeie......
.......môre Suid-Afrika !
Nou wonder ek vanoggend :-
- Ouens (en ouinne) wat kom groet op hierdie draad, lees jy ooit wat ander te sê het voor en na jy jou groet geplaas het ? Ek twyfel - bewys my verkeerd ! (Ons sal môre sien wie het hierdie pos raakgelees).
- Dié van julle wat die "Kampplek-gradering draad ignoreer, julle mis iets. Dis nie net 'n gewone syfertjie-gradering nie, daar is ook pragtige fotos en 'n ervaring storietjie van elke kampterrein. Jy kan dus lekker "saamreis" deur verskeie kampplekke deur die land.
Kliek dus gerus op 'n blokkie links op die skerm onder "Nuutste resensies" en as jy lekker klaar gelees het, plaas asseblief ook van jou eie ervaring met fotos natuurlik !
Len, jy is verkeerd want ek…
Len, jy is verkeerd want ek lees 99% van die inskrywings op enige onderwerp. Soms ad dit lank is sal ek later terugkom om dit te lees.
Ek lees definitief al die…
Ek lees definitief al die insette op die draad. Ek glo almal wat groet, lees al die insette. Miskien is daar mense wat dink, ag ek wil nie hoor hoe almal môre of Hi sê nie.![]()
Ek stem saam met jou Lennie, die gradering seksie is interessant om te lees en lekker om aan deel te neem. Ek het al aan 'n paar deelgeneem en gaan nog doen.
Dit kan nie oornag gebeur nie, maar mettertyd sal daar hopelik op meeste van die oorde graderings wees. Ek dink dit word eerlik gedoen en is dus geloofwaardig.
Dankie.................
................julle tweetjies, ek weet daar is uitsonderings. Miskien het ek met myself as 'n skuldige gepraat !
Ouens (en ouinne) wat kom…
Ouens (en ouinne) wat kom groet op hierdie draad, lees jy ooit wat ander te sê het voor en na jy jou groet geplaas het ?
Ek probeer lees want dit is gewoonlik die enigste tyd wat ek werklik tyd het aangesien my dae redelik besig kan raak. Vandag so bietjie meer tyd want my Laptop word oorgelaai.
More oom Len
More oom Len
Ek lees ook eers almal se insette en dan groet ek, deur die dag loer ek hier soos daar tyd is. Ek het ook al vinnig gegroet en nie gelees nie maar later deur die dag kom lees weer wat aangaan. Ek groet gewoonlik terwyl ek gou die netwerk nagaan in die oggende by die skool. Party oggende spring ek weg met 'n klomp foute en dan lees ek maar later eers.
Ek lees die ander onderwerpe ook, maar liewer net nie insette nie.
Van nou af tot die skool sluit gaan ek bietjie besig wees want ek het weer 12 data projektor installasies wat ek moet doen en ook nuwe netwerk punte insit sodat wanneer die skool begin Januarie is ons weer reg vir die jaar met tegnologie.
Oom Willem sterkte met die tandarts





More More
Ek dink WW is te vroeg vir voerplek maak vir Feb.
Dalk gaan hy die vis lekker vet voer vir almal.
Ek begin al daai vakansie gevoel kry. Na die Soetdoring kamp laas naweek, is my volgende kamp Desember by Vrede Dam.
Geniet julle dag en gaan groot