Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -3 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -27 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -40 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -40 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -44 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -44 minutes ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 14/11/2018 - 06:08

Ek dink WW is te vroeg vir voerplek maak vir Feb. smiley

Dalk gaan hy die vis lekker vet voer vir almal.

Ek begin al daai vakansie gevoel kry. Na die Soetdoring kamp laas naweek, is my volgende kamp Desember by Vrede Dam.

Geniet julle dag en gaan groot 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 06:29

Ja, helaas, Hennie, die dag het aangebreek.   Ons gaan vandag die windskerms, die voorste awning, die silwerseil en die gazebo afslaan.   Ons pak weg wat ons kan en maak seker die inhoud van die kaste en yskas is reg vir die ry.  Dit is darem nie nodig om vanaand al met 'n pakkerasie binne in die karavaan te slaap nie.  Ons is darem net 40km van die huis af en het genoeg tyd môre.

All good things come to an end.  Dit sal darem nie te sleg wees om weer terug te wees by my huis nie.smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 14/11/2018 - 06:31

Lekke dag vir almal lekke warm hier by petrol dorp julle almal moet n gatskop dag he vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 09:24

.......môre Suid-Afrika !

Nou wonder ek vanoggend :-

  • Ouens (en ouinne) wat kom groet op hierdie draad, lees jy ooit wat ander te sê het voor en na jy jou groet geplaas het ?  Ek twyfel  -  bewys my verkeerd ! (Ons sal môre sien wie het hierdie pos raakgelees).
  • Dié van julle wat die "Kampplek-gradering draad ignoreer, julle mis iets.  Dis nie net 'n gewone syfertjie-gradering nie, daar is ook pragtige fotos en 'n ervaring storietjie van elke kampterrein.  Jy kan dus lekker "saamreis" deur verskeie kampplekke deur die land.

Kliek dus gerus op 'n blokkie links op die skerm onder "Nuutste resensies" en as jy lekker klaar gelees het, plaas asseblief ook van jou eie ervaring met fotos natuurlik !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/11/2018 - 09:31

Len, jy is verkeerd want ek lees 99% van die inskrywings op enige onderwerp.  Soms ad dit lank is sal ek later terugkom om dit te lees.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 09:43

Ek lees definitief al die insette op die draad.  Ek glo almal wat groet, lees al die insette.  Miskien is daar mense wat dink, ag ek wil nie hoor hoe almal môre of Hi sê nie.laugh

Ek stem saam met jou Lennie, die gradering seksie is interessant om te lees en lekker om aan deel te neem.   Ek het al aan 'n paar deelgeneem en gaan nog doen.yes   Dit kan nie oornag gebeur nie, maar mettertyd sal daar hopelik op meeste van die oorde graderings wees.   Ek dink dit word eerlik gedoen en is dus geloofwaardig.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 09:50

................julle tweetjies, ek weet daar is uitsonderings.  Miskien het ek met myself as 'n skuldige gepraat !

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 14/11/2018 - 10:41

Ouens (en ouinne) wat kom groet op hierdie draad, lees jy ooit wat ander te sê het voor en na jy jou groet geplaas het ?

Ek probeer lees want dit is gewoonlik die enigste tyd wat ek werklik tyd het aangesien my dae redelik besig kan raak. Vandag so bietjie meer tyd want my Laptop word oorgelaai.

 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Wed, 14/11/2018 - 11:32

More oom Len

Ek lees ook eers almal se insette en dan groet ek, deur die dag loer ek hier soos daar tyd is. Ek het ook al vinnig gegroet en nie gelees nie maar later deur die dag kom lees weer wat aangaan. Ek groet gewoonlik terwyl ek gou die netwerk nagaan in die oggende by die skool. Party oggende spring ek weg met 'n klomp foute en dan lees ek maar later eers.

Ek lees die ander onderwerpe ook, maar liewer net nie insette nie. 

Van nou af tot die skool sluit gaan ek bietjie besig wees want ek het weer 12 data projektor installasies wat ek moet doen en ook nuwe netwerk punte insit sodat wanneer die skool begin Januarie is ons weer reg vir die jaar met tegnologie.

Oom Willem sterkte met die tandarts

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus