Tsendze Camp Site KNP

Algemene Inligting

Resensies

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/11/2018 - 17:42

........ is een van twee kampeerkampies in die Kruger Wildtuin waar geen elektrisiteit beskibaar is nie.  Dis 'n lieflike kampie so 'n entjie suid van Mopani-kamp.  Hierdie is een van die populêre kampe en vooraf bespreking is noodsaaklik.

My enigste bekommernis is 'n brandgevaar want elke staanplek is omring deur bosse, maar gelukkig was daar sedert die ontstaan van die kamp nog nooit 'n brand nie.  Die voëllewe en veral die uile in die kamp, is baie besonders..

.

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Nee
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/11/2018 - 12:31

Ons sleep 'n gewone padkaravaan wat slegs vir 220V-elektrisiteit toegerus is. Gevolglik het ek aanvanklik gedink dat Tsendze slegs beskore is vir diegene wat vir "bos-vakansies" ingerig is.

Terwyl ons in 2015 vir 2 maande by ATKV Eiland Spa gekamp het (en wel daarna wildtuin toe gegaan het), het my agterent sodanig gejeuk dat ek net eenvoudig vir 'n dagbesoek moes wildtuin toe ry. Vanaf Phalaborwa het ons gemik vir Mooiplaas piekniekplek. Ons knoop toe 'n geselsie aan met nog 'n paartjie wat by Mooiplaas se uitkykpunt oor die Tsendzerivier, gesit het. Hulle het op daardie stadium in die aangrensende Tsendze gekamp en verneem of ons al daar was. Aangesien die kamp slegs vir inwoners toeganklik is, was ons uiteraard nog nie in die kamp nie. Hulle raai ons toe aan om ("onwettig") net 'n draai deur die kamp te gaan ry - wat ons toe doen. Die Engelse gebruik 'n gesegde: "I was hooked". Wel, dit is presies wat met ons gebeur het - en daar en dan is besluit dat ons onsself sodanig sal inrig dat ons ook daar kan gaan kamp. En sedertdien is 7 nagte in Tsendze deel van ons standaard reisplan in die wildtuin.

Tsendze is die enigste kamp in die wildtuin waar jy vooraf 'n spesifieke staanplek kan bespreek. Jy doen dit by Mopani se ontvangs (waar jy ook moet gaan inboek wanneer jy daar arriveer). Sodra jy jou besprekingsnommer het, kan jy Mopani bel en vra vir 'n spesifieke staanplek. Vir ons eerste besoek in 2016 het ek my verlaat op wat die aanbevelings op die SANParke-forum is. Ons het No 13 gekry - 'n uitstekende staanplek waar jy bykans voel asof jy alleen op jou eie bosveldplasie kamp.

Tsendze

Tsendze

Tsendze

By Tsendze moet jy self met elke in- of uitry die kamp se hek oop- en toemaak. Die kamp het nie elektrisiteit nie. Die warmwater in die ablusies en kombuis word met behulp van gas-geisers voorsien. Solarkrag voorsien die ligte in die ablusies.

Ons moes noodwendig aanpassings maak ten einde noodsaaklike items koud te hou (want jou yskas werk nie). Ek hou my vrieskas vir die hele tydperk agter in die Hilux. Dit kry krag vanaf die bakkie se battery en bedags as jy rondry word die battery weer gelaai. Vir die goed wat jy net wil koud hou, gebruik ons 'n Coleman koelhouer. Drie "ice bricks" word soggens in die Coleman geplaas en die drie wat deur die nag daarin was, word in die vrieskas geplaas. Elke oggend en aand word dit geruil. Verder koop ons gereeld ys by Mopani se winkel wat ook verder bydra om dit wat moet koud bly koud te hou. Jy't mos darem 'n paar ysblokkies vir jou whisky ook nodig.

Rodger en Elinah is die opsigters. Vir beter kan jy nie vra nie. En vra maar vir Rodger om vir jou die gebande uile te wys as jy hulle nie self kan vind nie. Ons was gelukkig by No 13 toe die een uiltjie amper elke aand kom loer het of ons "okay" is.

Die ablusies (twee blokke) word netjies gehou deur hierdie twee mense. Elke aand doen hulle 'n rondte deur die kamp om te verneem of alles in die haak is. Soggens word jou braaiplek skoon gemaak en die rooster skoongeskrop met seepwater.

Die ablusies beskik almal oor twee buiteligstorte vir mans en dames elk. Dit is so ruim dat jy inderwaarheid saam kan gaan stort ook (as jy behoefte daaraan hetwink).

Tsendze

In 2017 kon ons nie No 13 bekom nie. Maar ons was gelukkig om No 26 te kry. Dit is ook 'n fantastiese staanplek teen die kampdraad. Dit was lekker om onder jou stoeptent te sit en te kyk hoe die waterbokke net anderkant die draad wei, terwyl die seekoeie in die Tsendzerivier (wat nie vanuit die kamp  gesien kan word nie) honk-honk. Ons het No 26 sodanig geniet (ten spyte van 'n jongerige mamba in die appelblaarboom bokant ons) dat ons dit weereens vir ons 2019 besoek bespreek het.

Tsendze

Tsendze is geleë in die struik-mopanieveld - 'n deel van die wildtuin wat nie juis gewild is by baie wildtuinbesoekers nie. Daar is beslis minder wild as in die meer gewilde omgewings soos Satara, Onder-Sabie en dies meer. Maar die wonderlike van die struik-mopanieveld, is die rare wildsoorte wat jy amper slegs daar vind. Persoonlik heg ek groter "waarde" daaraan om 'n bastergemsbok te sien as 'n leeu. Of 'n tropiese grysbok, of 'n tseesebe, of 'n eland. Vir diegene wat reken dat roofdiere is die alfa en die omega van 'n wildtuinbesoek - leeus, jagluipers, wildehonde en luiperds word redelik gereeld gesien. Ek het verlede jaar selfs 'n rooikat (slegs my tweede in die wildtuin) gesien. Olifante en groot troppe buffels is algemeen. En een van die groot pluspunte is die feit dat daar nie bobbejane en ape voorkom nie. Ons het selfs nog nooit 'n bobbejaan of aap langs die wildroetes om Tsendze of Mopani teengekom nie. Die wildtuin se paradys - voorwaar!!

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond

Ons het 2 jaar gelede net een aand in Tsendze oorgebly op pad Shingwedzi toe. My ervaring was ook baie positief en indien ek weer daar verbygaan sal ek minstens drie nagte daar will oorbly.

Hieronder is 'n uitleg van Tsendze met staanplek nommers. Indien jy dalk 'n duideliker weergawe wil hê, laat weet my en dan e-pos ek hom vir jou.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 14:19

.... vanaf 9 Mei 2019 vir 5 dae bespreek by nommers 33 en ons kampvriende by nommer 32. Op  Johan se kaart hierbo is dit die tweede en derde staanplek aan die bokant, kloksgewys.  Dis die beste van ons kon kry om redelik naby mekaar te staan.

Ons teerpad-Exclusive se yskas en ons vrieskassie werk beide ook op gas terwyl ons vriende se BushLapa natuurlik goed ingerig is sonder krag.

Hier is sommer ook 'n foto van die hek waarvan Chris hierbo praat.

.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/06/2023 - 07:07

Absoluut uitstekend. Rodger en Evilina hou die kamp silwerskoon, en alles werk. As iets aandag kort, word dit dadelik gedoen. 

Heerlike atmosfeer, stil en net die veld se geluide. Kyk gerus na my inset onder onderwerp getiteld "Strydom in Kruger 2023"

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
Junie 2023
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Nee
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Geen fasiliteite
rolstoelvriendelik
Ja
Pretoria

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 21:19

Lieflike bosveldoord. Die oord is netjies ablusies nuut/modern en storte het glasdeure met `n bankie waarop jy alles kan pak en hang geen koue stortgordyne hier nie.

Warm water word deur drukpompe verskaf en is altyd warm. 

Warm onderdak swembad is ook altyd skoon en matig warm nie so warm dat jy dit nie kan uitstaan nie. Bestaan uit 3 baddens 1 Warm en seker so 1.3 m diep met sitplek om die rant. 2. Warm en vlak vir die kinders 3. Klein koue bad 4. 2 Jakoetsies wat gehuur kan word.

Stap in die veld is heerlik baie wild en voëls jy mag ook met jou voertuig ry as jy wil.

Resturant is beperk tot toebroodjies pizzas en burgers maar al is die verskeidenheid min is dit smaakvol en met sorg voorberei. Die winkel het alles wat jy sou benodig indien jy dit vergeet het

95% Van die staanplekke is geplavei (EK HAAT DIT) baie ander hou daarvan Ek sou verkies dat sommige staanplekke verder van alles nog grond en gras was.

Vir die kinners is daar supertubes glybane trampolines putt putt en 2 buite swembaddens.

Veilig net veiligheidswagte wat patrollies loop heel dag en nag.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
4-11 Junie
Koste
R2200
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
rolstoelvriendelik
Ja
Worcester

Wildehont

Mon, 24/07/2023 - 21:05

Ek het die onderstaande opgespoor op die 4x4 forum. Ek hoop die nommers is leesbaar op die foto. Let wel, die menings oor die staanplekke is subjektief en nie my eie nie. Dit mag dak wel help om een te kies om te bespreek. 

A

B

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/07/2023 - 07:24

Môre Chris S

Dankie vir die info hierbo, tog wonder ek, wanneer is die foto geneem en, wanneer is die staanplek beoordeling gedoen.

Ek sien byvorbeeld dat nr 25 as "geen skadu" gelys word. My persepsie na ons besoek Junie'23, is dat nr 25 omtrent net skadu het.

Ek stem wel saam met die gradering vir nr 26, 27, 28, want ek het op nr26 gestaan. 

Elke persoon het sy eie mening oor gradering, oordeel jy uit oogmerk van koelte, privaatheid, grootte en sonbeskikbaarheid. As ek sou kies, gegrond op beskikbaarheid van 'n kombinasie van koelte vir wa en  sonbeskikbaarheid vir panele, sal ek as volg kies

eerste ---nr 27 lekker koelte vir wa, meer son as nr 26, maar minder as nr 28

tweede--- nr 28 meeste son vir panele, minder koelte vir wa

derde ----nr 26 goeie koelte vir wa, mits op regte kol trek, met lang verlenging om panele te skuif, son kolle die minste     

Worcester

Wildehont

Tue, 25/07/2023 - 08:07

tog wonder ek, wanneer is die foto geneem en, wanneer is die staanplek beoordeling gedoen.

Kyk maar na die huidige satelliet beeld hier onder ter vergelyking. Verder hang dit af watter tyd van die jaar mens gaan (en watter seisoen die foto geneem is). Ek vermoed die persoon wie se gradering ek geplaas het is ‘n somer besoeker. In die winter is staanplek 2 bv puik, want daar is genoeg skaduwee vir die wa en goeie son vir panele. In die somer gaan die son so hoog sit, dat daar geen skaduwee vir die wa gaan wees nie. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/07/2023 - 09:17

Môre vriende

Ek wil voorstel dat ons hier noem met wat se wa, grootte is die faktor, ons op watter staanplek gestaan het. Dit gaan baie help vir persone wat vir die eerste keer gaan en onbekend is met die kamp.

Gisteraand bel 'n vriend wat met 'n groot staandak Gypsey volgende jaar gaan, en wil weet watter nommer vir hom sal werk. Gelukkig onthou ek dat Len op no 33 kon inpas met sy Exclusive, en kon dit voorstel. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus