Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Die vlieë is nie onder…
Die vlieë is nie onder beheer nie, hulle is in beheer, ons spuit bloekom olie, detol en water mengsel, ek het 'n blik doom gaan koop, niks, vir elkeen wat vrek, kom haal tien hom vir die befrafenis😂
Is die vlieë darem onder beheer?
Johann....
Ek hou van jou woordspeling "die vlieë is in beheer" - skerp man !
Dit is natuurlik 'n verdere voordeel van winter kampering, muggies, muskiete en vlieë is skaars !
Slowstrike
Dankie. Het daai winkel gaan besoek.
Yvonne het my meer as R 600 gekos daar ![]()
Sorry man....... tenminste…
Sorry man....... tenminste is jy nou in haar goeie boekies.![]()
In daai winkel gaan R600 darm veel verder as by die gewone
Groetnis en geniet
Antie, ek is bly jy is nog…
Antie, ek is bly jy is nog op die bol, glo als sal 100% wees.
Johann, ja daai vlieë kan nogals pla. Hulle het laas gesê hulle het die gesondheids ouens daar gehad en dié sou glo elke 2 maande na die hoender plaas toe gaan vir inspeksie.
Hoor bietjie by hulle ?
Goeie more. 'n Heelike dag…
Goeie more.
'n Heelike dag vir elkeen wat hier lees
Goeie môre almal. Lekker dag…
Goeie môre almal. Lekker dag vir julle.
Goeiemôre Hennie en Stoffel…
Goeiemôre Hennie en Stoffel en almal! Lekker dag vir julle ![]()
![]()
Sien cosatu het more weer 'n…
Sien cosatu het more weer 'n protes aksie aan die gang. Dit is agv werkloosheid en werkverlies/verlore.
Kan nie sien hoedat dit gaan werk skep nie.
Môre Almal
Ons is weer oppad huis toe vandag.
Geniet julle dag en wees veilig
Môre sê Kampforum. Geniet…
Môre sê Kampforum.
Geniet jou dag in vrede.
More more almal. Lekker nat…
More more almal.
Lekker nat dinsdag
More se TORA en Leeutemmer
Magies bly om julle te sien julle op forum kom vertel waar was julle gewees![]()
Goeie middag almal
Goeie middag almal
Ek is nog steeds besig om te probeer die ander twee derdes van ons netwerk regmaak na die weer gisteraand. Netwerk, telefone, interkom en alarm uit geslaan![]()





Dankie vir die wat goeie…
Dankie vir die wat goeie wense gegee het.
Ek sal al die uitslae eers volgende week kry, maar die dokter reken darem ek lyk heel gesond te wees. Sovêr weet ek die longe is skoon en my hart klop nog mooi, maar ek moet nog volgende week op die treadmill gaan hardloop.

Maar kyk, dokters weet hoe om geld te maak! Die vader weet, dit is van die een ding na die ander. As jy jou kom kry, is elke duim binne en buite jou liggaam getoets of moet, volgens hom, getoets word. Al weet jy voor jou siel daar is nie fout nie. Ek sê sommer NEE, moenie worry nie, Dok!
Ai tog, die beurtkrag is omtrent erg op die oomblik. Ons hoor dit gaan nou Fase 4 word??!! As ons krag af is, is die ADSL lyn ook af. Vanmiddag is ons krag af van 2 uur tot 6.30!!
Gelukkig reën dit darem lekker vandag in die Baai. Sal maar gaan lê en lees.