Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 minutes ago
Pad Umfula Johann L -27 minutes ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -34 minutes ago
Geert enigiets is moontlik. … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -48 minutes ago
Geert... Umfula Wessel Strydom -58 minutes ago
Beelde Umfula Johann L -1 hour ago

Kuns aas see hengel

Submitted by janwillem on
Forums
Ons bly so 30 Km van enige punt van die see af. Ek is versot op hengel, maar verpes die saamdromming van hengelaars as die elwe loop. Nou bly ek weg en sit en beskou die stryery as die lyne kruis. Dit het my genoodsaak, om so 'n paar stukke kunsaas in die bladsak te gooi, en rustig loop en probeer vang, weg van die gewoel. Hoe meer ek dit doen, hoe meer begin ek dit geniet. Nog baie om te leer. Is daar ander hengelaars wat op die manier in die see hengel?
Pretoria

leeu

Wed, 27/02/2019 - 07:07

Môre Jan, ek bly baie vêr van die see, of enige groot dam. Ek glo hier sal iemand kommentaar kan lewer wat wel see hengel. Dit klink baie interesant, nie gedink mens kan by die see vang met kunsaas nie?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 27/02/2019 - 07:36

Ek was 'n ywerige hengelaar. Deesdae slegs so eenkeer per jaar met ons jaarlikse Hentiesbaai-trip. Ekself is nie vertroud met kunsaas nie, maar my seun (wat 'n "groot" hengelaar is), gebruik soms kunsaas. Sy beste resultate word nog steeds met konvensionele aas bereik - met die uitsondering van snoek wat soms sommer aan 'n kaal hoek ook byt (dit is nou as die snoek dik loop). Dan werk 'n bokstang amper beter as gewone aas.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 27/02/2019 - 11:45

Jan die ouens by die kus gebruik so silwer lepel die werk blykbaar goed vra by jou naaste hengelwinkel vir die silver lepel geniet die visvang

0

Dankie manne, See kunsaas is nie 'n nuwe ding nie, Dit word maar op die selfde manier beoefen as om met die lepel te gooi. Daar is egter 'n groot verskeidenheid van kunsaas. Ek het al sukses gehad met die kuns aas, die kuns is om die see te lees en waar om te gooi, ek neem aan dit sal tyd vat, om die ondervinding op te doen, net gehoop daar was iemand anders wat dieselfde voel, en ons kon idees uit ruil.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 27/02/2019 - 12:32

Ek kan nie meer onthou watter vis my man gevang het deur gebruik te maak van kunsaas saam met sy gewone aas.   Dit was net vir 'n sekere vis.   Die kunsaas se funksie was om die vis te lok maar dan vreet hy aan die gewone aas aan die hoek.   Verder het hy gladnie geglo in kunsaas nie.  Hy het ook nie sommer aas gekoop nie, altyd sy eie aas gaan haal, vanaf die rotse, onder die seesand uitgekrap of prawns gepomp.   Hoe stinker die rooiaas was, hoe beter (vir hom, nie vir my nie!!).

0

Gelukkig het ek toestemming om by die huis te drink winkwink 

Ek het nog nooit in die see eers probeer vis vang nie, nevermind met kuns aas.  Ek kom dan nie eers behoorlik reg in 'n dam met baaaaiiiieeee minder water in, hoe gaan ek regkom in die see?sad

0

Hoekom ek van kuns aas hou, is dat die vis nie speel met die aas soos in gewone aas nie, in die geval van kuns aas moet die vis die aas jaag en toeslaan, die vis het nie tyd om te proe en te ruik nie. Daar die toeslaan is soos 'n klein ontploffing daar in die water. Verder is dit absoluut ontspannend om so lanks die see te loop, weg van die daaglikse verkeer en kantoor. ander manne sit weer en kyk vir die see. Maar oom Paul se plaas bly die beste plek.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/02/2019 - 14:11

Hoekom ek van kuns aas hou, is dat die vis nie speel met die aas soos in gewone aas nie

Jy't 'n punt beet. Die kleintjies wat jou aas voortdurend afvreet kan nogal 'n "nuisance" wees. In ons familie het ons altyd na die klein vissies wat jou aas afvreet verwys as "kopstuipe". My oupa het gesê dit voel soos iets wat stuipe in die kop het. As ek dus vir my broer of pa sou vra, indien hulle voor my in die water is met hul aas, en hulle antwoord: "net kopstuipe", weet ek die kleintjies is weer lastig.

Dan was my broer gewoonlik nuuskierig om vas te stel watter vissies is verantwoordelik vir die kopstuipe. Hy't dan meestal kleiner hoekies aangesit. As dit kleinerige witsteenbrassies of galjoentjies was, het ons maar voortgegaan met hengel en gewag vir die groteres wat dalk die kleintjies kom wegjaag. Maar as dit strepies (of soos ons hulle genoem het: "mooinooientjies") was, het ons maar opgepak en 'n ander plek gaan soek . Ons ervaring was dat laasgenoemde se skole gewoonlik só groot is dat ander visse nie geleentheid kry om by jou aas uit te kom nie. 

0
Centurion

Dusty

Sat, 02/03/2019 - 20:36

Ek het ook saam met vriende by meer en see (Richardsbaai) bottoms gevang. Dit was my eerste keer en het gevra dat hulle my moet wys hoe dit werk. Later het hulle my gevra om my stok op te trek sodat hulle ook n beurt kan kry. Al die vis het by my gebyt. Dit was op die eerste dag gewees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus