Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -8 minutes ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -15 minutes ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -38 minutes ago
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -11 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

Wat sou jy gedoen het?

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ons besprekings vir die wildtuin is gemaak vir Julie 2020. 3 aande Punda Maria, 3 aande Shingwedzi en 3 aande Tsendze. Uit die aard van die saak ry ons op met die Everest en die Kavango. Soos gebruiklik bring ons 2 aande deur by my suster in Pretoria voor die wildtuin, 'n aand oppad terug in Warmbad se omgewing by vriende, en 2 aande by die skoonmense in Potchefstroom.

Oppad op is daar ook 'n aand in Colesberg omgewing en oppad af 'n aand in Prieska by my vrou se tannie-hulle. Die 2 dae op en die 2 dae af is dus maar lang dae, maar ons moet dit so doen aangesien ons tyd beperk is. Of so het ek gedink...

Ek vind verlede week uit dat ek 6 dae meer verlof het as wat ek gedink het. Uit die aard van die saak werk my brein nou oortyd aan hoe ek die kampeervakansie kan verleng. Ek weet daar is van julle wat my sal aanbeveel om die reis op en die een terug te verleng na 3 dae in 'n rigting maar ek wil eerder meer tyd in die wildtuin deurbring.

Sou ek dus 2 of 3 dae ekstra kon inwerk in die wildtuin, voeg ek 'n dag by elke kamp of gebruik ek dit vir 'n 4de kamp? Ek weet die afgetrede mense met die baie tyd staan lekker lank op 'n plek, ons het nog lank nie daardie luuksheid nie. Ek is geneig om te dink die eerste opsie is die beste, want dan is dit een keer minder af- en opslaan (een keer ekstra is nie vir my so erg nie maar mamma sal dit minder geniet). Dan het ons ook 3 vol dae by elke kamp want die eerste en laaste dag is mos maar kamp opslaan en afslaan en ry tussen kampe. Wat dink julle?

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus