More oggend baie vroeg vat ek en die Tannie die pad in die rigting van Plettenbergbaai en dit nogals met die platkar, geen scooter waarmee jy draad kan spring of n Hilux vir ompaaie nie, so padblokades en my minlike smile moet maar die ding doen.
As ek volgende week stillerig is, stuur tog n pakkie Springbok biltong vir my en n potjie Ingrams hakke en elmboog room vir die Tannie want ek hoor as Kopdoek jou vang word jy summier daarheen verban met geen keuse van n boete nie!
Kyk uit vir terugvoer, hoop…
Kyk uit vir terugvoer, hoop nie dit is van uit sel 46664 nie😂
Geniet die lewe. Wees Vry…
Geniet die lewe.
Wees Vry en bly veilig.
Frik gaan groot
Gaan groot en geniet smile vir hulle en walla bobs my uncle![]()
Deur 5 blokades gegaan, net…
Deur 5 blokades gegaan, net permit wys en laat wiel.
Veilig hier.
Frik, die mense is al so…
Frik, die mense is al so keelvol vir die blokades, hulle gee nie meer om nie.
Bly julle is veilig, geniet.👍
Bly julle is veilig daar. …
Bly julle is veilig daar.
`n Onlangs afgetrede kollega was twee weke terug in Ramsgate vir 10 dae Soontoe en terug sonder enige permitte.
Was een keer gestop en sy het hulle sommer uitgekaas en vertel sy is `n pensionaris en is oppad huis toe. Kyk ek ken haar as `n moerige tannie as sy op haar man skreeu om op te hou raas luister tot die buurman en loop slaap
Geniet jou vrylating uit Gauteng
Ek was een keer so 30 jaar…
Ek was een keer so 30 jaar gelede op Robben Eiland vir 'n naweek. Dit was saam met ons Voortrekker groep en ons het in 'n gebou gebly wat langs 'n "bunker" en kanon was. Die bunker was 'n hoogtepunt want dit is so 3 verdiepings onder die grond met 'n paar skagte en gangetjies. Van daardie kanonne is darem baie groot - onder die grond is 'n paar verdiepings of vlakke waar ammunisie gestoor en gelaai was.






Robben eiland
Sterkte met die rit Frik, laat weet ons maar.