Heyn de Yongu sit weer 'n Saamtrek kamp bymekaar vir die wat wil saamkom kamp.
Die voorstelling om dit by De Rust te hou ?
Gee julle voorstelle deur na my met 'n WhatsApp nommer sodat ek julle op daai groep kan sit, dan bespreek ons dit daar sonder om almal lus te maak.
Kom en geniet nuwe kamp vriende en lekker saam kuier soos altyd.
🍺🥃😂🔥🍺👋😂🥃🥂🏕
Verwarrend
Môre vriende
Die inligting is verwarrend. Is die woonwapark naby Zaagkuilsdrift, of binne die groter Dinokeng, buite Brits of by Nylstroom.
Minde Verwarrend
Vir Willem Josef lyk dit dalk naby want hy is so vêr

Groter Dinokeng
Hello Anton
Baie dankie, dit is nou 100% duidelik waar die woonwapark is.
WilSur & Kampforum Saamkamp - Inligting ...
[02/04, 20:28] Heyn De Jongh: Het dit nou gekry vir R123pppn en R70pppn vir kinders.
[02/04, 20:28] Heyn De Jongh: Julle moet asb net onder "WilsurSeKamp" betaal.
[02/04, 20:28] Heyn De Jongh: Ek stuur die map, dan as julle klaar betaal het se watter nommer julle wil he asb.
Kom nou, wil julle nie kamp nie ? (💩 en ek sit sonder sleep voertuig ☹)
Weggespoel!!!!!
Môre vriende
Ek het nounet na die video's op Maroela medie gekyk. Die plek het gisteroggend totaal weggespoel.
Len: Gaan kyk hoe dryf 'n Exclusive weg in vloedwater.
Dit wil voorkom of Pretoria en die ooste dele Baie reen gehad het laas Vrydagnag.
Wessel......
....ja ek het gesien 'n Exclusve dryf weg in die stormwater. Die Kavangos wat daar was het seker onder die water verdwyn.
Grappies op 'n stokkie, die verspoelings oral daarbo is darem baie erg !
Goedgelowig en stroompies
Middag vriende
Ek sit en dink hoe maklik oorval so iets mens. Ons sleep by die mooi oorde in, en gaan staan op die lower groen gras, neffens die ou kabellende stroompie. Dan in 'n oogwink word daai ou stroompie 'n siedende watermassa.
Dit sit altyd in my agterkop as ek by Swadini-oord insleep. Idillies mooi langs die rivier, want die dam hou mos alles mooi in toom. Hopenlik sal waterwese/dambestuur sekerlik die oord inlig as sluise "beheerd" oopgemaak word.
Wonder of die frats vloed Zaagskuilsdrift ook bereik het.
Wil eers vir Wessel se dat…
Wil eers vir Wessel se dat ek amper gedink het jy maak ook spelfoute, jou "frats". Maar toe ek vir ouma vra se sy "frats" is reg. lang f en nie n kort v nie. So gepraat, tussen jou en Chris gif en Len het ons goeie leermeesters. Nie dat die ander sleg spel nie, maar die uiteensetting van insette is puik. Wou skryf "joernalistieke geletterdheid" maar die spelling ontbreek neef.
Die naaste wat ons aan so wegspoel was, was destyds met sikloon Demoina. Ons het, dank die vader in n houthuisie vakansie gehou by Mapelane, net suid van St Lucia. Dink dit was 1984 rond. Dit het n asblik vol op n dag gereen, maw meer as 1m per 24uur. Die kampeerterrein was 2m onder water, ons toeganspad was weg, soos in afgronde af die rivier in. Twee weke daar vasgekeer , het kos en water per helikopter ontvang. Het n pad gebou kuslangs en so uitgery, twee Landys 1 Toyota en n Suzuki. Die padkarre het daar opgeroes, en meer as n jaar later was die pad weer herstel na die kamp. Wat n avontuur was die gewees.
Die niggie....
.....was dan sekerlik 'n Afrikaanse juffer van beroep. Jy maak my nou benoud, maar op my ouderdom maak ek staat op 'n woord se voorkoms[vertoon], eerder as proeflees. As die woord niereg lyk nie, sleep ek maar ou getroue HAT nader.
Ek en beterhelfte speel baie die woord-bordspel, en dit help nogal met spelling.
Geen nuus ...
Gelukkig is die plan om eers Mei 27 - 29 te gaan, sal hoor of Heyn iets gehoor het.
Hulle is al gereed hierdie naweek
Volgens hulle facebook blad nooi hul al mense uit om eerskomende naweek te kom kamp. Dink nie hul geboue is beskadig nie.....is bietjie hoër op.
Besprekings ...
Bespreking nota en Heyn se terugvoering vir die vraag van Wessel (sien ons julle daar ?)
Doen 'n online bespreking, baie maklik. Sit net in die messege blokkie "WilburSeKamp" hulle het dit verkeerd gespel.
[02/05, 14:56] Heyn De Jongh: Daar is geen conservation fees of enige iets nie, net as jy wil gaan self drive in Dinokeng.
R123pppn en R70pkpn.
Dit is al koste. So basically R492 per couple vir die naweek.
[02/07, 21:00] Heyn De Jongh: Alles is ok, geen lewens verloor nie en ons kan boek. Net n paar tente en karavane het bietjie water gekry.
Onthou om jou bespreking vir my te stuur asb.
De Rust Saamkamp - 27-29 Mei 2022
Tyd raak nou min, wie kom saam kamp ?
(Ek wil die plaatjies saam met die van die Herfsblaar klomp laat maak)
Tans het nog net 4 bespreek.
Noddy - 9
John - 10
Willem - 11
Eddie - 12
Doen 'n online bespreking, baie maklik. Sit net in die messege blokkie "WilburSeKamp" hulle het dit verkeerd gespel.
[02/05, 14:56] Heyn De Jongh: Daar is geen conservation fees of enige iets nie, net as jy wil gaan self drive in Dinokeng.
R123pppn en R70pkpn.
Dit is al koste. So basically R492 per couple vir die naweek.
[02/07, 21:00] Heyn De Jongh: Alles is ok, geen lewens verloor nie en ons kan boek. Net n paar tente en karavane het bietjie water gekry.
Te naby aan....
..... my beplande Kruger vakansie wat op 2de Junie begin.
Ek sal dit ongelukkig moet mis.
Josef Willem ...
Hier is die inligting.
Nog iemand was saam kom ?
Doen 'n online bespreking, baie maklik. Sit net in die messege blokkie "WilburSeKamp" hulle het dit verkeerd gespel.
[02/05, 14:56] Heyn De Jongh: Daar is geen conservation fees of enige iets nie, net as jy wil gaan self drive in Dinokeng.
R123pppn en R70pkpn.
Dit is al koste. So basically R492 per couple vir die naweek.
[02/07, 21:00] Heyn De Jongh: Alles is ok, geen lewens verloor nie en ons kan boek. Net n paar tente en karavane het bietjie water gekry.

Dit klink lekker. Ek moet…
Dit klink lekker. Ek moet nou eers gaan kyk waar is De Rust
Hoop nie dit is koud daar nie 