Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 03/12/2023 - 10:20

Grootwind. Beter as wat  Ghandi gestel het, is daar nie. Daar is mense wat hulle honde aanhits om katte te vang, en lag daaroor. Ek vind dit weersindwekkend. Ons het nou huidiglik net 5 katte. Hulle was verwaarlose, siek, vol wurms diere wat hier aangekom het en gevra het vir hulp. Hier is byna geen probleem met slange  nie, en hier is baie, omrede die rotte en muise onder beheer bly om die huis.

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/12/2023 - 13:02

Hierdie ou fosiel hou baie meer van katte as honde, die omgewing se honde slaap bedags, en blaf snags vir hul skaduwee. Help ook nie om te gaan kla nie, dit houding is, dit is ons vroeë waarskuwingsurprise

Wie word hele nag, elke nag deur 'n onophoudende geblaf gewaasku?

Pla dit hulle nie as die hond so knaend sit en kerm nie, of blaf die hond in verskillende toon hoogtes vir hom /haarself en vir moontlike inbrekers?

Goed, genoeg gekerm, kom ons gesêls weer oor die mooi in die lewe laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 03/12/2023 - 16:16

Jammer dat ek nou die wond oopgekrap het. Ek sal nooit ‘n dier vergiftig nie. Die twee keer die afgelope nege jaar wat ons ‘n knaagdier in ons huis gehad het (seker omdat ons nie katte het nie, nie omdat dit droog was en hulle kos kom soek het nie) het ek hulle met die gom lokvalle wat net die Sjinese verkoop gevang en vinnig uit die lewe gehelp daarna. Ek glo nie in gif nie. 
 

Maar ek nooi enige kat liefhebber om in die vroeë oggendure wakker gemaak te word deur iemand anders se kat wat die alarm laat afgaan, ‘n uur se slaap te verloor en dan te gaan werk die volgende dag. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/12/2023 - 16:23

Ek wonder soms oor die keuse van naamgewinge. Ek is seker mens kon met 'n beter naam vorendag gekom het. 

Afgesien daarvan lyk die plek nie sleg nie. Ek was al by Willemsrus, en het egter nie veel diere gesien nie. Ek hou ook nie van al die laslappie, toegespande plekke om elke hoek en draai nie. Die paadjies tussen die laslappies deur, is ook maar aan die nou kant.

Dinokeng en Pilansberg is ewe vêr van my kasteeltjie, dus wen laasgenoemde elke keer as ons vir 'n week wil wildtuin toe gaan.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/12/2023 - 18:35

Haai Chris, nee jy krap niks oop nie, ons gesêls mos soos ellkeen voel. Meerderheid mense hou van honde, niks fout nie, maar skuins oorkant my het die gesin drie stoep klakkertjes en een van hulle het 'n stem wat 'n hadida graag sou wou hê.

Sou graag 'n hond wou hê, maar dit gaan lol met die  sg "pet friendly" PIR's reg om my huis, en ook as ons weg gaan. het altyd vier honde gehad  elkeen in ons gesin het ons eie hond gehad, met myself 13 katte ook nog.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 03/12/2023 - 18:58

Die katte en die alarms. Kan die nie gestel word om juis die huisdiere te ignoreer nie. Wat maak die mense met katte wat binne die huis rondloop terwyl alarms aan is. Die kamreras ignoreer katte en seker honde ook. Hulle is glo "slim".

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/12/2023 - 19:26

Naand vriende

Ek het lank 'n Labrador aangehou. Met die elektroniese ogies en strale in tuin, het ek haar gegee vir 'n ou tante wat op 'n plaas alleen gebly het, en blind begin word het.

Nou wil ek geen diere hê nie. As ek wil hak en die pad vat, wil ek toesluit en laat wiel. Bure het wel sleutel van huis, maar hulle hoef net dop te hou dat krag aanbly. Hulle hoef nie tuin nat te maak of iets kos en water te gee nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 03/12/2023 - 19:33

Heeltemal korrek Neef, vir buite gebruik in tuine is daar sg. "pet friendly" beams beskikbaar (ook vir binnenshuis). Dis tog logies dat daar van tyd tot tyd beweging van diere oa. katte sal wees, maar ook ander soos uile, blou apies (hier by ons), ensovoorts sal lei tot vals alarms, kos natuurlik meer maar soos genoem is dit nie net katte wat die alarms afsit nie. As die wel die alarms gereeld afsit is of die sensors die verkeerde tipe of hulle is verkeerd belyn...

Wat vroeë waarskuwing aanbetref het ons 'n Jack Russel, daai ding het ore soos radar antennas en oge soos 'n skerpskutter, niks maar niks ontgaan haar nie. Sy word ondersteun deur 'n Labrador , nie veel werd as waghond nie maar sy laat van haar hoor as radar ore iets opmerk.  Terloops al my diere insl. kat slaap snags binne.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/12/2023 - 19:51

..............ek is 'n diereliefhebber en sal nooit enige dier leed aandoen nie. Wat wel pla in ons kompleks,  die bure se katte loop rond (veral snags) en kom doen hulle toilet gewoontes in my tuin-beddings en dit is wat my irriteer.  Die kat eienaars kan ook nie eintlik iets aan die situasie doen nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/12/2023 - 21:29

Net soos julle noem Herman en Grootwind, die troeterdier vriendelike pir's tel net iets op as dit so 10kg oorskry, maar as bv. 'n kat te naby die ding kom, gaan dit aktiveer.

Dit het egter gestop sedert ek elektriese omheining op gesit het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 03/12/2023 - 21:35

Ons strale is veronderstel om te wees. Die kamera se kunstmatige intelligensie is ook veronderstel om net mense op te tel. Ongelukkig versteur katte gereeld my slaap, en ek vind dit nie amusant nie.
 

Ons het twee Jack Russellls, en as hulle blaf kan jy vir seker weet daar is iets. Hulle blaf nie om dowe neute of as ander honde om dowe neute blaf nie. Die tefie sal die katte vinnig uitsorteer, maar dan sal hulle snags voor in die erf moet kan kom. Hulle slaap aan die agterkant van die huis. Daar is ligte en strale voor die huis. Alles werk tydens beurtkrag ook. Té goed.
 

Interessant genoeg, ek ken die eienaar van een van die plaaslike sekuriteit maatskappye. Hy het verkoop aan Wahl Baartman (hoop dis reg gespel), maar werk nog as bestuurder by Fidelity ADT. Hy sê hy glo nie in alarms nie. Hy het net ‘n veiligheidshek in sy gang wat sy slaapgedeelte skei van die res van die huis. Ek het ook ‘n ruk gelede een ingesit. So weet ek darem niemand gaan my verras nie, al kom hulle verby die alarm op een of ander manier.
 

Hier is ‘n voorbeeld van een van die dekselse vierpotiges wat my irriteer.

A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 04/12/2023 - 06:35

Môre maters. Ai, die werk hier begin nou hand uitruk. Die sonpanele het gekom, moet dit op die dak vasmaak. Gelukkig met die regte " cleats" en "rails".  Die drade moet dan deur die dak tot by die Omsetter gelei word. Van daar sal die Sparky die res doen sodat hy ń Coc kan skryf vir versekering.

Volgende kom die enjinblok vandag aan. Dit moet eers gemeet word voordat nuwe suiers etc kan bestel word. Die proses is ongelukkig net so, kan dit nie versnel nie. Maar, dit moet klaar. Ons Engelse skoonseun vrek oor die Landy, en dit is hulle vakansie ryding. Hulle land hier by Xmas rond.

Ouma het begin met " goedjies wat gedoen móet word" voor die kinders kom...... sterkte vir almal.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/12/2023 - 07:12

....wat prioriteit gaan geniet!!! Boonop is dit ook tydrowend.

Moet net nie dat die takies klein jakkalsies word wat die huwelik bedreig nie. Ter plaatse is dit die geval, huurder het Marie se woonstel effe verniel. Nou is nuwe huurder in, en die regmaak takies moet met hulle daar gedoen word. Tot 'n kompleet nuwe toilet moet vandag ingesit word.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/12/2023 - 08:32

 Ons het nie ‘n kat nie, en hou nie van katte nie. Ek is al so keelvol daarvoor dat ek die goed wil vergiftig, maar ek sal nie. Dis iemand se troeteldiere. 

 ek is ook 'n diereliefhebber, maar katte is beslis nie "my cup of tea" nie. 

Ek voel net so oor die katte. Hier by my kom die bure se katte gereeld en "spray" teen my mure. Ook op my patio. Ek is al so gatvol daarvoor. Ek het gister iets gesien  "solar animal repeller". Dit aktiveer blykbaar seine en is nie skadelik vir die diere nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 04/12/2023 - 08:55

Toe ons nog in kompleks gebly het, het oorkantse bure se kat ons sitkamerstel en gordyne beskadig met hul gekrappery. Toe ons dit vir die eienaars noem, kry ons koue skouer.....het toe meer die eienaars gehaat as die kat self

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 04/12/2023 - 09:02

Daar is mense wat hulle honde aanhits om katte te vang, en lag daaroor

 Ek is een van daardie mense.  laugh Ek en my hond het 'n spesiale verhouding  met die katte in ons kompleks.  Dit is vir  Flappie 'n hoogtepunt as ek vir hom sê   "daar is 'n KAT!"   Die hond verloor sy kop heeltemaal en raak heel ketools as hy 'n KAT sien.

Hy weet wel nie mooi wat om met 'n kat te maak as hy hom met baie geluk vasgekeer het nie, want hulle sit gewoonlik net en staar na hom met irritasie in hulle oë.    En moenie dink dat die katte onskuldig is nie!   Hulle hou daarvan om vir Flappie te tart!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 04/12/2023 - 09:08

Afgesien daarvan lyk die plek nie sleg nie. Ek was al by Willemsrus, en het egter nie veel diere gesien nie. Ek hou ook nie van al die laslappie, toegespande plekke om elke hoek en draai nie. Die paadjies tussen die laslappies deur, is ook maar aan die nou kant.

Dinokeng en Pilansberg is ewe vêr van my kasteeltjie, dus wen laasgenoemde elke keer as ons vir 'n week wil wildtuin toe gaan.

Wessel. Ons het ook baie lanklaas die selfdrive gedoen in Dinokeng. Dis deesdae baie duur en soos jy noem, mens sien maar min....jy is gelukkig as jy een van die Big5 sien op n dag. Ons hou van kampeer by Dinokeng, maar geniet dan meer die oord se fasilitiete. Ons hou ook daarvan om by Arlingtons te gaan inloer en iets te knibbel of drink. Oppad soontoe het ons al afgekom op cheetahs, leeus, renosters....meer as wat ons op selfdrive gesien het. Ek dink ook baie van die big5 is meer noord waar jy buitendien nie mag ry nie. Nog nooit n foto op enige Dinokeng blad gesien waar iemand n luiperd gesien het nie....so twyfel aan sy teenwoordigheid.

Dan krap daai uitsit van leeus wat n mens ge-eet het wat daar geloop het my nog. Dit het op daai pad gebeur oppad na Willemsrus....daai pad waar jy regs draai vanaf Dewagensdrif, by daai klein kaffeetjie....so 300-400m in

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 04/12/2023 - 18:00

Ek was verlede week by die oogkundige, toe stuur hy my vandag na ‘n spesialis om seker te maak my linkeroog se retina is nog vas. Dit is darem, maar my pupil bly nou so groot tot môre. Dit voel baie vreemd. Hy het ook gesê die regulasies vir lisensies is nou strenger, en as ek my kode 10 wil hou sal ek ‘n bril moet dra. Ek kan afgradeer na kode 8. Dalk moet ek maar, ek is nie lus vir bril dra nie. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/12/2023 - 19:23

Jy moet nou baie versigtig wees met kodes. As jy afgradeer na wat ookal, maak 100% seker jy behou 'n EB of EC lisensie. Daarsonder mag jy nie woonwa sleep nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus