6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Geert -3 minutes ago
Op foon of tablet of laptop,… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -33 minutes ago
Ron.  Werk jy oop 'n tablet… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -37 minutes ago
Veranderinge Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -41 minutes ago
👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -54 minutes ago
Thumbs Up Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -58 minutes ago

Die wildtuin wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Môre-oggend hierdie tyd wil ek al bykans agter die Hilux se stuurwiel ingeskuif het. Die grootste deel van die pakkery is klaar. Na vanaand se kant toe moet net die laaste items ingelaai word. My mikpunt is om ongeveer 08:00 te vertrek. Die eerste beplande stop is Aan De Doorns kelder duskant Worcester om bietjie op te "stock" met die noodsaaklike Bolandse voggies - Ralie se voorraad BC Bacchanté (Brandvlei kelder) is klaar gelaai.

'n Lekker "brunch" by Veldskoen padstal in die Hexvallei (waar ook druiwe gekoop sal word), koffie by Laingsburg se Wimpy, stop by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka vir bene-rek en volmaak met diesel by die Engen Truck Stop by Beaufort-Wes is alles deel van môre se beplanning.

Ons wil môre-aand twee van Travalia, waar ons oornag, se braaipakke aanskaf. Dit bestaan gewoonlik uit twee lamstjops, 'n stukkie boerewors, braaibroodjie en aartappelslaai.

So opgewonde soos 'n kind wat vir die eerste keer sirkus toe gaan.

Worcester

Wildehont

Sat, 23/03/2024 - 07:42

Dis baie hartseer dat die fasiliteite en infrastruktuur so swak bestuur en onderhou word en die risiko bestaan dat van dit ten gronde kan gaan. As dit eers ‘n vlak van strukturele verval bereik raak dit baie moeilik om die skip om te draai. Maar julle is vrek gelukkig met die wildbesigtiging! En dis tog eintlik waarvoor mens daar is. Julle Skandinawiese besoekers kry ‘n egte Afrika ervaring; wonderlike natuur met donker Afrika verblyf en paaie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 12:05

hoe gaan dit met die vervoer van die bagasie?? Moes julle al van kamp verwissel waar almal se bagasie gelyk vervoer moet word.

Ek hoop die gaste geniet die besonderse wild wat hulle al te siene gekry het.   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/03/2024 - 16:46

..............ek baklei daarteen om nie moedeloos te raak nie.  'n Mens spandeer 'n fortuin om vanuit die Kaap die Wildtuin te besoek en dan wil jy nie in sulke slapgatgeit vasloop nie.  In 'n sekere sin is ek tog maar dankbaar vir ons eie ou mobiele vakansie huisie.

Op 'n ander noot:  Ons het Donderdag en Vrydag ons kleinseun (15 jr) Greyton toe geneem waar hy aan 'n skaak-kompetisie deelgeneem het (beide sy ouers is oorsee).  Twee slaapkamers is by 'n selfsorg gastehuis bespreek. Later Vrydagaand kom klop hy ons op en sy hy kan nie slaap nie, sy kamer (en selfs die beddegoed) is vol krieke  -  na my mening is dit kakkerlakke ! G'n  mens is daar om te help nie en die fone word nie beantwword nie.  Op die ou einde moes ons vir hom slaapplek op die vloer in ons kamer maak ! Dus, dis nie net die Wildtuin nie, maar sommige Suid-Afrikaanse ondernemings gooi ons naam weg.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 19:37

o donner,waar is die Doom??? as daar kakkerlakke is, kan daar mos ander klein goetjies ook wees.

Ek hoop jou kleinseun was toe al klaar met sy kompetisie.

Het julle die gastehuis ook deur Lekkerslaap bespreek?? Indien wel, vul maar die vorm van hulle in. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 23/03/2024 - 21:23

... en het besluit dat ons die beste van die situasie gaan maak. Ons gaan nie ons wildtuin-vakansie (soos Len dit stel) deur slapgatgeid laat bederf nie. Ons kuier lekker en probeer verby al die ellendes hier in Skukuza se akkommodasie die beste van die saak te maak.

Ons het nie 'n watwonderse wildkyk-dag beleef nie, maar die Noorweërs het dit nogtans geniet. Ons het niks besonders gesien nie, maar dit was lekker om na jare weer bo-op Granokop te staan. Die S65 tussen die H1-1 en die S1 was plek-plek in 'n skrikwekkende toestand - maar al die gruispaaie is a.g.v. die goeie reëns eintlik maar problematies om aan te durf.

Môre ry ons noord, met Tshokwane ons eerste mikpunt vir 'brunch' - en daarvandaan vir die volgende 3 aande Satara toe.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/03/2024 - 21:25

Wessel, as ons maar in my Exclusive oorgeslaap het was Doom beslis byderhand.  Maar in vaste akkommodasie was niemand beskikbaar om te help nie.

Ns. Ek het verkeerdelik aanvaar dat dit nie nodig was om ook Doom in my tas in te pak nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/03/2024 - 21:34

Bly julle kuier lekker en probeer maar by die teleurstellings verby kyk.  Ek hoop julle wildkyk môre sorg vir 'n paar verrassings.  Geniet dit met die kinders en hulle aanhangsels.

Ns. Ek sien op FB iemand het fotos geplaas van die interne en eksterne verbeterings wat  op chalets in Skukuza aan die gang is.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 23/03/2024 - 23:06

Ek het nog alpad met opgehoue asem gesit oor julle ongelooflike teleurstelling - aan baie woorde gedink wel....

Dit is goeie nuus om te hoor dat dit darem nie julle ganse vakansie op sy kop gekeer het nie en ek hoop dat julle ervaring vorentoe hiervoor sal vergoed.

Hoor graag weer van jou.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 24/03/2024 - 22:02

Net 'n kort inset op dié stadium. Satara se akkommodasie is 5-ster in vergelyking met Skukuza. En ons kon sommer dadelik agterkom dat wildbesigtiging in 'n ander klas is as die Skukuza-omgewing. My kinders wat vir die laaste 4 aande van Mei weer in Skukuza bespreek is saam met 5 Amerikaners en nog 'n Noorweër, het vandag besluit dat hulle dringend gaan soek vir akkommodasie in 'n ander kamp - waarskynlik Berg-&-Dal. 'n Mens kan nie buitelanders aan Skukuza se akkommodasie blootstel nie.

Ons het vanmiddag sommer 2 luiperds (waarskynlik ma en kind) by hulle vangs in 'n boom net anderkant Nsemanidam gesien. Dalk (net dalk) ry ons môre Olifants toe vir 'n brunch.

Terloops - jy kan maar met vrymoedigheid by die treinrestaurant in Skukuza gaan eet. Hulle kos en diens, gistermiddag, was puik.

0
Pretoria

Geert

Sun, 24/03/2024 - 22:25

Dalk (net dalk) ry ons môre Olifants toe vir 'n brunch.

Dink hulle sal daai uitsigte geniet. Ons het laas mooi diere gesien oppad terug met grondpad onder in rivier bedding in Balule se omgewing. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 25/03/2024 - 08:03

Ons het laasnag besoek gehad van Satara se berugte ratel - en watter gemors het hy nie vir ons agtergelaat nie! Hy kon gelukkig geen skade aanrig nie, want alle kos-items was veilig weggebêre. Maar steeds het hy sy "luck" probeer. Dit het 'n bietjie gereën deur die nag en ons stoep is 'n grootskaalse vuilspul danksy sy modderige voete. Hy't selfs kom lê op die stoep en sy vuil nat lyf het die stoep verder bemors. Laaie is oopgetrek en kassies is oopgemaak, maar die ou is seker maar teleurgesteld om onverrigter sake hier te moes padgee. Snaaks genoeg het hy nie sy eskapades by die ander drie rondawels wat ons groep beset, gaan uitvoer nie.

Vir die eerste keer het ons 'n rooijakkals in 'n wildtuinkamp gesien. Terwyl ek en Ralie nog met 'n glasie wyn op die stoep sit, net voor bed-toe-gaan-tyd, kom die jakkals ewe rustig hier voor teen ons stoep verbygeloop. Ek het 'n moontlike besoek van Satara se bekende vaalboskat verwag, maar nie 'n rooijakkals nie.

Dis koelerig vanoggend en YR wys die moontlikheid van ligte reën vir die grootste gedeelte van die dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/03/2024 - 08:18

Ons is binnekort ook in Satara en wonder of die rooijakkals en die ratel ook die kampterrein besoek.  Ek sal maar sorg dat ons vrieskassie wat buite onder die tent-afdak staan, altyd toegesluit bly.  As die krag af is, hardloop dit op gas en as meneer/mevrou ratel die vrieskassie omkeer, kan dit 'n lelike ding (brand) veroorsaak.

Ek het wel 'n beweging-alarm (wat ons gewoonlik nie in die Wildtuin gebruik nie) en wonder of ek dit nie snags onder die tent-afdak moet opstel nie.  Dit sal interessant wees om te weet of dié affêre hom/haar sal afskrik.

0
Pretoria

Geert

Mon, 25/03/2024 - 10:54

Snaaks genoeg het hy nie sy eskapades by die ander drie rondawels wat ons groeo beset, gaan uitvoer nie.

Hy moes seker jou lekker menu's hier gelees het en gelees het dat al daai lekker ingevoerde vleis vanaf die Kaap in jou besit islaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 25/03/2024 - 17:52

... van ons nagtelike besoeker toe ek vanoggend uitgaan om koffie te maak.

Wildtuin toe

Die ou se voetspoor-afdrukke het weggegee watter dierasie dit was.

Wildtuin toe

Ek weet nie wat ons vannag van die onwelkome kan verwag nie, maar nietemin bly ons lekker in ons Satara-kaiatjie.

Wildtuin toe

Ons het toe vandag Olifants toe gery en regtig lekker in hulle restaurant geëet (danksy ons Noorweegse vriend se "borgskap). Ek het vir die eerste keer die eenrigting Ngotsorivierpad (S147) gery en dit baie geniet, alhoewel ons niks watwonders gesien het nie. Tydens die hele heen- en terugreis tussen Satara en Olifants kon mens dit egter duidelik ervaar dat ons nou in blouwildebees- en bontkwagga-wêreld is.

Môre se beplanning is voorlopig om die S90 te ry tot by die S46 (Gudzanipad) en dan met laasgenoemde tot by N'wanetsi piekniekplek. Ons sal eerder met die H6 teerpad terugkeer as met die S100. My skoonseun het vanoggend laasgenoemde pad vir enkele kilometers gery en gou-gou omgedraai weens die uiters swak toestand van hierdie (na my mening) "most over-rated" wildtuinpad. Ek bly eerder sonder leeu "sightings" as om die S100 te ry. Noem my maar 'n sissie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/03/2024 - 19:47

Ai my maat, hoe kan jy nou so opgeruk wees oor die S100??laughNet dalk mis julle die mooiste katte.

Moenie vergeet van die S126, S125 en S36 nie. die eersgenoemde twee paaie bly vir my natuurskoon gewys mooi. Partymaal is mens baie gelukkig met wild langs die rivierlope.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/03/2024 - 20:05

..........met jou terugvoer van julle lekker ete by Olifantskamp se restourant.  Ek het die afgelope maand op FB verskeie galbrake gesien oor hoe vrot die diens en kos by hierdie restourant was  -  Tindlovo as ek dit nie mis het nie.  Dit wys net 'n mens moenie teveel jou ore uitleen wat ander (onbekendes) sê nie  -  luister eerder na ons eendersdenkendes.  Ons eet nie juis in die Wildtuin by restourante nie (ons het nie Noorweegse borge nie !), maar tog soms so dan en wan.

Daardie S147 eenrigting pad duskant Balule is 'n pragtige pad waar ons leeus en luiperds gekry het.

Behalwe vir akkommodasie fotos is die wild-fotos maar skaars, maar ons hou moed, ons weet jy het nou ander prioriteite wat aandag verdien.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 25/03/2024 - 20:56

Julle gesels nou so lekker, en geniet dit baie.

Wat my verbaas is die verwysing na die paaie index. Hoeveel is daar genommer in die wildtuin as dit op ń lys genoteer word ?

 

0
Pretoria

Geert

Mon, 25/03/2024 - 21:31

Moenie vergeet van die S126, S125 en S36 nie. die eersgenoemde twee paaie bly vir my natuurskoon gewys mooi. Partymaal is mens baie gelukkig met wild langs die rivierlope.

Die afgelope 2 jaar by Satara het ons langs mense gestaan wat paar maande op n slag by Satara staan in winter. Hulle sê die roete waar hulle meeste keer luiperde kry is op S125. Ons het hom wel n paar keer gery, maar nog nie luiperde nie...wel leeus en al n groot trop kameelperde. Ons is ook nie altyd gelukkig met S100, hoop bly altyd hoog as ons hom ry, maar meestal teleurgesteld. Maar as ons weer Satara toe gaan, sal ons hom seker weer n paar keer ry

Laas was ons gelukkig op S86

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 25/03/2024 - 22:26

... daar bestaan nie 'n pad in die wildtuin wat nie genommer is nie - behalwe dalk vir enkele kort ompaadjies.

Die hoofpad tussen Numbihek en Pafurihek is die H1, met verskillende sub-afdelings tussen sekere punte. Tussen Numbi en Skukuza is dit die H1-1. Tussen Skukuza en Tshokwane is dit die H1-2 ens.

Ander hoofpaaie is genommer tussen H2 tot H15. Sekondêre (meestal gruispaaie) word genommer as "S"-paaie - tussen S1 en S147.

Oor die jare het ek my maar die verskillende paaie se roetenommers uit my kop leer ken. As iemand 'n roetenommer in die wildtuin noem, weet ek gewoonlik presies van watter pad hy praat.

Ek het ook die meeste padaansluitings se koördinate op my GPS. Sodoende weet ek presies wat afstand tot die volgende aansluiting is. 

Seker maar bleddie simpel, maar ek lees padkaarte vir 'n "hobby".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus