6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -16 minutes ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -35 minutes ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Die wildtuin wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Môre-oggend hierdie tyd wil ek al bykans agter die Hilux se stuurwiel ingeskuif het. Die grootste deel van die pakkery is klaar. Na vanaand se kant toe moet net die laaste items ingelaai word. My mikpunt is om ongeveer 08:00 te vertrek. Die eerste beplande stop is Aan De Doorns kelder duskant Worcester om bietjie op te "stock" met die noodsaaklike Bolandse voggies - Ralie se voorraad BC Bacchanté (Brandvlei kelder) is klaar gelaai.

'n Lekker "brunch" by Veldskoen padstal in die Hexvallei (waar ook druiwe gekoop sal word), koffie by Laingsburg se Wimpy, stop by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka vir bene-rek en volmaak met diesel by die Engen Truck Stop by Beaufort-Wes is alles deel van môre se beplanning.

Ons wil môre-aand twee van Travalia, waar ons oornag, se braaipakke aanskaf. Dit bestaan gewoonlik uit twee lamstjops, 'n stukkie boerewors, braaibroodjie en aartappelslaai.

So opgewonde soos 'n kind wat vir die eerste keer sirkus toe gaan.

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 14/03/2024 - 22:51

Net die omies word aangespreek, so voel ek gevlei..laugh. Nou gaan ek ook shurrup, netnou raas ons vir Chris wakker - onthou, hy moet vroeg opstaan...

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/03/2024 - 05:01

.....moenie sleg voel nie. Ons jong latte kan nog baie leer by die maestro's van woonwa sleeplaugh.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 15/03/2024 - 06:29

... vir die wense van 'n veilige reis. Ek drink gou my laaste oggendkoffie voordat ek in die stort spring, die tasse inpak en die langpad vat. Dit wil voorkom, aldus YR.no, of ons 'n bietjie hittd gaan trotseer. Vandag ry on 36°C wêreld in (voorspelling vir Beaufort-Wes).

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 15/03/2024 - 18:36

Ons het toe later uit Kleinmond weggekom as beplan - alhoewel ek nie verbaas was nie, maar ek zip my bek toe oor die rede) - eers 08:45. Wyn gekoop by Aan De Doorns - net om te wys ek was daar. En ruik dit nie lekker tydens die parstyd nie!

Wildtuin toe

Brunch was toe eers later Len. Ons was eers so 10:45 by Veldskoen.

Ek het 'n video geneem van Veldskoen, maar ek is tans op die selfoon en is bietjie onnosel oor hoe om dit van You Tube af oor te laai. Ek sal dit doen as die laptop weer aangeskakel word. 

'n Koffiestop by Laingsburg Wimpy was aan die orde van die dag, want Ralie moes 'n plek vind om haar lone-betaaltaak te kon doen. Ek het sommer daar diesel ingegooi @ R24.92/ liter. Alhoewel ek in Beaufort-Wes gesien het dat die Engen Truck Stop se diesel kos R22.52/liter, het ek nie weer daar volgemaak nie. Volgens die Hilux se berekening was my brandstofverbruik tot daar 11.7 km/liter. Dit staan nou hier by Travalia, sedert die volmaak op Laingsburg, op 12.3 km/liter. Terloops Len - ek sien dat jou gewone stilhouplek op Touwsrivier is nou 'n Engen vulstasie - nie meer BP nie.

'n Vinnige bene-rekstop (of noem dit dan maar 'n piepiestop) by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka het gevolg voor ons die laaste skof tot Travalia aangepak het.

Wildtuin toe

Tussen Leeu-Gamka en Beaufort-Wes het die bakkie 'n buite-temperatuur van 38°C aangedui. Toe ons 17:00 hier by Travalia aankom het dit 34°C gewys. Tans is dit heerlik buite en gaan ek nou-nou 'n vuurtjie aansteek. Hulle het pas ons vleis gebring.

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Ek sal video clips van Veldskoen en Travalia plaas sodra ek kan.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 16/03/2024 - 15:09

Ons het vandag 'n korterige afstand gehad om te ry - slegs vanaf Drie Susters tot De Aar. Omdat ons nie te vroeg hier wou arriveer nie, omdat ons nie Ralie se skoonsus wou opsaal met middagete nie, het ons so lank as moontlik vertoef by Travalia, waar ons teen 10:00 moes uitboek. 'n Heerlike tydsame noenmaal (ek verstaan dit is die Afrikaanse woord vir 'brunch') by hulle padstal het eers gevolg en toe is 'n paar aankopies afgehandel, waaronder vanaand se lamstjops, boerewors en skilpadjies. Laasgenoemde laat my onwillekeurig dink aan Wessel se heerlike skilpadjies tydens die Herfsblare saamtrek.

Wildtuin toe

Ek het ook 'n video clip van die padstal geneem en sal dit plaas sodra ek my laptop opgestart het om dit eers op You Tube te laai.

Ek het besluit om rustig te ry tot De Aar - my karaaan-sleepspoed nl. 90 kpu. Heerlik om so rustig op die pad te wees. Maar dit is ook verstommend wat dit aan brandstofverbruik doen. Ek het diesel ingegooi in Victoria-Wes. My brandstofverbruik, aldus die Hilux se rekenaar, tussen Laingsburg en Victoria-Wes was 12.5 km/liter. Tussen Victoria-Wes en De Aar staan dit tans op 15.7 km/liter.

Mense - die swaar voertuie verniel darem ons paaie. Ek is só dankbaar dat ek nie die "Ou Lady" vandag saamgesleep het op die nét meer as 50 km van die N10 tussen Britstown en De Aar nie. Die mangaan "side tippers" ry die pad in sy peetjie. Ek verwag dat ek môre dieselfde sal ervaar op die gedeelte van die N10 wat ons sal ry totdat ons by Hanover by die N1 aansluit.

Kyk - dat dit warm is in die Karoo is nie altemit nie. Toe ons hier in De Aar aankom net na 13:30 wys die Hilux dat die buite temperatuur is 35°C. En YR wys dat Aldam môre nie veel sal verskil nie. Gisteraand het ons darem 'n lugreëlaar gehad, maar vanaand sal 'n waaier maar verligting moet bring.

Môre se roete neem ons via Colesberg (vir vleis-aankope by Chargo en moontlik 'n brunch ook), Bloemfontein en Winburg tot by Aldam. Ek moet by Chargo gaan kyk waaroor Geert so 'brag'.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/03/2024 - 16:44

... moenie kla oor hitte nielaugh Ons skarrel gister en vandag om wa skoon te maak en te begin pak in daardie hitte. Daar word vir môre in Manyane 37C voorspel, waarna die temperature darem begin daal.

Bly jy darem voor daardie mangaan side tippers? dis een ding om hulle van voor te kry, maar seker nog slegter om hulle van agter te moet verbysteek.

Lekker vakansie hou en ry veilig.

 

Pretoria

Geert

Sat, 16/03/2024 - 20:03

Ons het dit nie gedoen nie, maar soos ek gesien het hoe netjies en aantreklik hul koffie winkel gelyk het, glo ek dit kan n goeie en gesellige opsie wees om iets daar te hap. 

Ek moet by Chargo gaan kyk waaroor Geert so 'brag'.

 

Gisteraand weer sagte kerrie lam sosaties van Chargo op die rooster gehad. Vanaand skroei ek weer paar van hul tjoppies. Foto is van vorige tjops....2x van hul skaap tjops maak n steak bord vol.

Geniet jou trip verder....ek toer reeds lekker saam. Jou brandstof verbruik is goed. Ja....n ligte voet help baie....iets wat ek moet aanleer

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/03/2024 - 19:35

Ons is vanoggend 08:20 op De Aar weg. In Colesberg het ons gou by Chargo sirloin steaks vir vanaand gekoop en bees-sosaties en kaaswors vir môre-aand in Middelburg. Ralie was toe eerder lus vir 'n Wimpy ontbyt by Colesberg.

Ek het weer volgemaak met diesel by Springfontein. Daar was 'n dramatiese verskil in brandstofgebruik toe ek vanaf De Aar slegs 10 kpu vinniger gery het (100 kpu). Die gebruik het gesak tot net meer as 12 km/liter.

Na 'n koffiestop by die Wimpy by Bloemfontein, het ons net na 15:30 hier by Aldam aangekom op 'n snikhete middag - 37°C. 

Ons blyplek hier het'n lieflike uitsig oor die Allemanskraaldam.

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Die lekkerte van 'n Smokey Joe Weber - jy maak sommer "vuur" op 'n plastiektafel.

Wildtuin toe

Worcester

Wildehont

Sun, 17/03/2024 - 20:37

Julle loop mooi. Ek vat 100 keer eerder die hitte wat saam met julle loop as die koue, nat winterweer - of selfs die hoëveldse droeë winter (behalwe Noord van die Magaliesberg waar ek grootgeword het en in die berg gespeel het waar dit nooit geryp het nie op die soom van die bosveld waar minder as 20 grade koud was).

Die Hilux se brandstofverbruik herinner my waarom die enigste Toyota op ons erf ‘n Prado is. 10kph maak daarmee net die verskil tussen 5.3 en 5.8km/l. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/03/2024 - 05:58

Jou Smokey Joe Weber raak vir my almeer 'n aantreklike besigheid  -  veral vir daardie oorslaap braai-geleenthede of reënerige dae onder die tent-afdak.

"Smokey Joe op die plastiek tafel" :  Is jy dan te oud om te buk ?

Wat soek die glas Coke op die tafel, waar's die wyntjie ?

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 18/03/2024 - 06:36

... dit is mammie se glas polisiekoffie wat daar staan. Sy's nogal lief daarvoor om die aand met enetjie af te skop voordat haar BC Bacchanté aan die beurt kom. Maar jy sal darem sien dat my Skotse drankie staan ook bietjie agtertoe. Jy kyk fyn nê.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 18/03/2024 - 15:52

Toe ons gisteraand gaan slaap, kon ons hoor dat 'n onplesierige wind opgesteek het. Vanoggend het die wind bietjie kalmeer, maar dit was nogal koelerig - 'n lafenis na die vorige paar dae se erge hitte.

Ons is teen 08:20 by Aldam weg en het byna 'n no.99 roete-verandering gemaak. Op die 09:00 nuus het ons verneem dat daar protes-aksie op die N12 en N1 naby Soweto is. Die gedagte was dat ek dan kort anderkant die Vaal Tolplaza sou afdraai op die R59 en later weer by die N12 aansluit anderkant die amok-area.

Ons het gou 'n Wimpy-brekkie by die Kroonvaal Engen 1 Stop genuttig en tydens die 11:00 nuus verneem dat die beplande roete weer oopgestel is vir verkeer. Ons het besluit om by plan A te bly en geen probleme ervaar nie. Maar Johannesburg en omgewing se paaie is maar elke keer vir hierdie plattelander 'n minder aangename ervaring.

Nietemin, ons is veilig by ons oornagbestemming waar ons 14:15 arriveer het. Dit is 'n ourige huis, maar ons kamer is uiters netjies en gerieflik ingerig. Vanaand braai ons beesvleis-sosaties en kaasworsies van Chargo. Terloops - daardie sirloin steaks van gisteraand was uit die boeke uit. Dankie Geert dat jy Chargo onder my aandag gebring het.

The Gables Gastehuis, Middelburg.

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Wildtuin toe

Pretoria

Geert

Mon, 18/03/2024 - 16:06

Dit het noudie dag nog so ver gevoel....nou is jy al amper daar! Nog so 250km vanaf Wildtuin. Dankie vir die lekker vertellinge en foto's

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus