Dit gebeur mos soms dat mens jou jockey te ver uit draai, en dan val daai bush uit wat die buite pyp vas druk ,dan tyd mors om weer terug te sit. Wel dit het al paar keer met my gebeur?
Nou het ek 'n kabel strop, of in plain Afrikaans, 'n cable tie, onder net bo die die punt van die pyp vas getrek, ek glo dit gaan help.
Ek gebruik sommer 'n magic…
Ek gebruik sommer 'n magic marker as ek op die skerm wil teken, werk heel goed?
Oulik
Oulike plan Johann, maar met die Exclusive se trippel-wiel jocky wat uitval, is daar 'n skroefpen presies waar jou cabletie is wat dan dieselfde doel dien. (Die skroefpen word ingedraai as jy nie die trippel-wiel wil laat uitval nie.)
Ek gaan egter dadelik jou patent op my drie kinders se karavane toepas.
Skroef pen
Len, die trippel-wiel wat ek op gesit het, (die movers het die ou enkel-wiel in die grond in gedruk) het ook daai skroefpen, maar wat gebeur is, as jy die jockey heeltenal uit/ op draai, en te hoog op lig, val die spul steeds uit.
Ek laai vir jou 'n foto, ongelukkig is die foto nie baie duidelik nie, maar dit is die selfde as die wat op die Exclusives kom.

Merker pen
Arie. As jy n prentjie teken, hou dit ??? En kan jy dit dan aanstuur ? Is biki gestrem in hierdie tegnologie, het al baie gesien die manne teken so n prentjie, maar kry nie die kloutjie by die oor van die vesend van dit nie.
Help asseblief.
Magic marker
Daai magic merkers is net so oulike idee Arie, maar met my gebeur dit net wanneer ek nie DINK nie?
Oops, dit gebeur baie.
Sal kyk dankie of ek…
Sal kyk dankie of ek prentjies kan laai en teken.
Slaaptyd.
Verstaan nie!
Nee kyk,
Die gesie verstaan nie dubbel as karavaan manne nie. Die waens het al klaar vier wiele, dan gaan sit die mense nog drie wiele voor ook op.
Kan dit n wiel fetish wees? Heel moontlik glo ek want n sekere oon van Brackenfell in die Weskaap, so hoor ek, het n obsessie om altyd sy wiele skoon te hou. Dit is dan geen toeval dat hy n wa besit met so baie wiele nie!?
Stop daai Jockey bussie van uit val
Dit het ook eenkeer met my op die Regal gebeur en vandaar maak ek seker die wiel is tot heel bo gedraai voor ek die "jockey" oplig en draai hom altyd so paar draaie af voor ek hom dan laat sak.
Wiel
Ek vermoed julle manne praat bymekaar verby? Ek dink Johann L praat van die klein stukkie gebuigde staalplaat wat in 'n groefie sit en vasgedraai word teen die buitenste buis van die jockey met die sluitpen. As hy uitval is dit 'n ghries gemors om hom terug te sit. Ander manne praat van die binneste buis met die wiele wat uitval as jy die jockey met die slinger te vêr uitdraai. Die los wiele wat uitval is seker die dubbelwiel karavane s'n. Hoop ek verstaan dit reg Johann L?
Jockey wiel SKOEN
Jys reg Pierre.
As jy die jockey optel om te ry/sleep en jy het NIE die binneste gedeelte wat dunner is opgedraai het nie, en jy lig die hele kontrepsie op, dan val daardie "skoen" uit. Ek het n nuwe skoen gemaak met n gaatjie in en n 50 mm staal spyker van so 3mm in deursnee daarin vas gespot-weld. Dan die vasdraai bout/lever n 3mm gaat in die middel in geboor so 50 mm diep. Nou druk die spyker in die gaatjie en kan die skoen dus nie uitval nie. Die "vashou bout/lever het ek vervang met n 14 mm dik stainless bout omrede die oorspronklike ene van 12 mm se draad gestrip het. Het n socket aan die punt gesweis. Nou kan ek hom ... of met n battery boor of met n los handle opereer. Die bo-punt van my jockie dieselfde. Ook met n boor of die "handle.
Die dubbel as waens wat die multipke wiele het is n los kontrepsie en druk binne die jockey in. As ek klaar gehak het van ek die los wiel gedeelte en sit dit in n spesiale houer wat ek aan die A-raam vas het. Nou is die los wiel gedeelte nie in die pad van iets nie. Meeste van die manne le hom los in die kar se boot of los in die neuskas.
Sommige manne het hulle enkel as waens ook verander om die multie wiele te akkommodeer en sit met dieselfde situasie.
Pierrie, jy is reg, as mens…
Pierrie, jy is reg, as mens die jockey te ver uit draai, en jy laat val daai bussie uit, sukkel jy jou as af om dit weer in plek te hou. Ek het maar altyd sommer isolasie band gebruik om dit in plek te hou.
Slim
Oom Jeep dit is nou 'n slim plan! Ek het altyd my hele jockey wiel verwyder en dan 'n alu paal in die gat vasgedraai vir die TV antenna. Dan foeter daai klein stukkie staal uit in die proses. Het later ander bracket gebou vir die TV paal en met 2 boute aan die A-raam vasgesit. Minder ghries op my hande!
Ek doen seker dinge reg,…
Ek doen seker dinge reg, want ek het nooit die probleem wat julle manne het nie, niks val uit by myne nie.......ten minste nie by my wa nie.
Leeu, jy is seker nog te…
Leeu, jy is seker nog te jonk, die advies is vir ons "ou manne wat in die vergeetagtige stadium beweeg" . ?
Trek net jou been.
Soms is my ywerige skoonseuns daar om met dinge te help, hulle hulle moet nog baie leer, of hulle skoonpa kry dit net per ongeluk reg om die skoen te laat uit val.?
Die ywerige kinders wat…
Die ywerige kinders wat altyd net wil help het laaskeer by golden gate die krag draad uit getrek en my "blou plug" daar gelos,. Nou doen ek dit myself.
Additionale koord
Johan, ek het 'n additioneke verleng koord met die blou prop male een punt, en female ander end, juis vir daai oorde waar die 10A proppe is.
Goeie plan…
Goeie plan.
As ons nou terug is van Plett wil ek al sulke ding op my goete verander. Lekker dik elektriek draad kry en dit maak werk.






Oulike plan... nou kan die…
Oulike plan... nou kan die pyp nie te ver uit draai nie. Dis wat ek gedoen het met die porta se pompie.
As ek geleer het om te teken oppie skerm, sal ek my patent ook plaas. Ek was al moeg om ander plaatjies/skoene te maak vir die wat ek verloor.