Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -28 minutes ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -37 minutes ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -1 hour ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Pad Umfula Johann L -2 hours ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago

Hengelsaamtrek

Johannesburg
Submitted by WilleWillemien on
Forums

Dis hoog tyd dat ons weer daai ding doen.

Kom asb met voorstelle vir 'n datum en 'n plek.

Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 27/06/2017 - 08:47

Wat van 22---25 Sept. Klein Paradys. Brits?

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 27/06/2017 - 09:35

Die beste hengelplek daar is aan die oorkant by die privaat staanplekke. Soos ek daai plek ken gaan dit maar bars om `n  staanplek daar te kry. Het jy al uitgevind of en hoeveel staanplekke daar vir daardie naweek beskikbaar is.

Daar is natuurlik Vaalkop dam so 20-30 km verby Klein Paradys met lekker groot staanplekke maar die geriewe is maar basies maar daar is ablusies met warm water en en klompie staanplekke met krag.

Het nie fotos van die ablusie geriewe nie

.

.

.

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 28/06/2017 - 09:38

Ek het so pas begin visvang so ek wil by soveel as moontlike plekke uitkom.

Om te dink ek het altyd die papgooiers gespot en gesê ek drink liewer by die huis. Nou word ek self een.

 

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/06/2017 - 10:53

Behalwe dat dit 'n bietjie ver van die Kaap af is om saam te gaan hengel (let wel "hengel" en nie visvang nie), sal ek maar eerder hierdie ene "skip" want ek is laas van hengel genees toe my drie kinders nog in die laerskool was  -  daardie kraaineste en aas aansit het my finaal van hengel genees.  Noudat ek 'n outoppie is, is ek te bang om weer te probeer, netnou byt die gogga my dalk !

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 29/06/2017 - 11:45

Oom Len

Ek vang nog vis want ek weet te min om te kan sê ek hengel. Die visvang is maar `n verskoning om te loop kamp vuur te maak vleis te braai en soms so `n koue af te werk.

Moet bysê ek het as kind `n paar keer dit probeer en dit gehaat. Nou is dit ontspannend ek kan voëls kyk boek lees ens ens.

Ek verpes nog steeds die dronk en raasgatte wat kom"visvang" maar ons kry van hulle by ons kampplekke ook.

 

Groetnis

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 29/06/2017 - 11:48

Terloops

Dit is nogals `n duur spulletjie om aan te pak. Die stokke katrolle lyn stand kas stroppe bolle dips boilies hoeters en toeters en al die ander goeters.

Gelukkig het ek al my kampgoed.

Na al die geld wat ek spandeer het moet ek maar daarvan hou anders gaan my vrou my vermoor en ek sal moet hoor " Ek het jou mos gesê"

 

 

0
Centurion

Dusty

Thu, 29/06/2017 - 11:59

Danie,

Ek noem dit kop skoonmaak sessies. Wanneer jy wag dat die vis byt het jy baie tyd om te dink.

 

0

Jare terug toe ons log laaities was vat my Pa ons om te gaan visvang by Durbanse hawe .Dis in die nag en die 2 boeties is nog nie ervare visvang manne nie so dus kan ons nog nie aas gooi soos die groot mense nie .Omdat jy bo-op die hawe muur sit kan ons outjies sommer net ons lyn laat afsak in die water .Sit seker vir 4 ure maar kry geen byt .Bly optrek en kyk maar die aas is heel aan die hoek .Later loer my Pa hier oor die rant van die muur en daar hang die broers se lyne netso voet bokant die water gn wonder geen vis wil byt .Daai ou vissies was nie lus om Airwolf te speel en op te spring vir kos nie .Dit was ook die laaste van my poging om iets vir die pot te probeer vang

0
Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 04/07/2017 - 08:34

Wat van Drie Berge?

Sal vandag uitvind of daar staanplekke oop is.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 06/07/2017 - 11:09

Lang naweek in September 23/25 ste gaan ek Parys toe. DEO VOLENTE.                   Geriewe is basies maar oky. Dit is oppie walle van die vaalrivier. Gaan verseker probeer om n vissie aan te keer. Maar ek dink ons gaan baie lekker kuier ook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus