Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -52 minutes ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 24/09/2017 - 08:08

Dit was gisteraand winterkoud by ons.   Moes weer ekstra kombers oorgooi.  Vanoggend skyn die son en die lug is blou.  Dit voel nog koelerig in die luggie, maar glo dit gaan warmer word.

Geniet julle Sondag.   Moenie vergeet om te braai nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/09/2017 - 06:19

Goeie more mense.  Heerlik koel hier by ons vandag. Vir julle wat kamp, geniet die oggend!   Koffie vir enigiemand?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 25/09/2017 - 06:21

Ry half 6 werk toe vanoggend net ek op die pad is dit nie lekke nie julle moet n gatskop dag he. Gooi die koffie / tee in geniet hom hy loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 25/09/2017 - 06:45

Goeie more. Dankie vir die koffie Anton.

Toets gisteraand net die voertuig se kragkoppeling vir die wa. Het nog nie weer gehaak nadat die voertuig by die paneelkloppers was nie. Al die konneksies was een pennetjie uit. Maak gou vanoggend die koppeling los. Sien toe dat hulle die blokkie nooit gesluit het nie en die het terug geskuif met een pennetjie. Daardie sesde sintuig, luister maar na hom. Dit het my gister heeldag gepla tot ek gaan kyk het. Is darem nou reg.

Sal nou die laaste paar goed laai en wag dat die huismense ontwaak en gereed maak.

Almal wat op die pad is vandag ry versigtig. En kyk uit vir onverskillige bestuurders.

Lekker dag vir almal

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/09/2017 - 07:25

Goeie môre almal !

Dit het vanoggend om 06:00 saggies met 'n misreëntjie hier by ons begin reën en ek hoor nou hierbuite dit reën al effens harder  -  ons is baie dankbaar al is dit net effens.

Lekker dag aan almal !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/09/2017 - 07:33

Goeie more maters, dankie vir die koffie Anton.

@ Dusty, julle moet veilig ry en geniet die wegkoms.

@ Shaun, ek sou dink dit is lekker alleen op die pad?, ek dink die verkeer gaan so teen 12uur begin optel hier in die binneland

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/09/2017 - 08:09

naters

Johann ek weet nou nie of jy bedoel het om te se knaters of maters nie?

lekker dag vir julle!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 25/09/2017 - 09:09

Ek hoop julle het 'n baie lekker vakansiedag.

Dusty, weereens, geniet die kamp en julle moet veilig ry.  Hoop die paaie is nie te besig vandag nie.    

Nou vir nog 'n lekker koppie koffie!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/09/2017 - 09:51

Môre sê, dankie vir die koffie, vandag voel vir my gaan lank wees want Surette wil Mall toe sad

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 25/09/2017 - 19:06

Die rigting wat ons gery het was redelik stil. Min verkeer gehad. Maar van die noorde af was die pad baie besig. My reisgenote het net die karavane getel tot by weesgerus. Dit was oor die 400 karavane. Nie eens die offroad sleepwaens by getel nie.

Was lekker warm gewees vandag. Was eers na vyf in die swembad gewees

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 26/09/2017 - 06:17

Goeie more. 

Koffie gemaak en sit nou en kyk vir die tatentale.

Onweer vanoggend hier

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 26/09/2017 - 06:50

More julle het gisteraand 2 mm reen gehad hier in Secunda lekke dag vir almal en die koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 26/09/2017 - 07:22

More almal.  Hier by ons het ook  uit die bloute gisteraand 'n paar lekker buie geval.   'n Lekker gevoel as jy hoor hoe kry die tuin water.   Maar vanoggend is die lug weer blou.

Dusty, ek is bly julle is veilig.  Geniet dit.

Lekker dag vir almal.   Ons gaan vandag by broer en skoonsuster kuier vir 'n braaitjie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 26/09/2017 - 07:56

More Almal.  Het n lekker kamp agter die rug daar diep in die bosveld. Geen opvangs, geen geraas. Net stilte en die roep van jakkals en die voëls.   

het laasnag so 6mm reen hier in Meyerton gehad. dit sal darem help dat die stof nou gaan minder wees.  

Lekker dag aan almal...  Gaan groot

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 26/09/2017 - 09:41

Goeie môre almal !

Vrek koud hier by ons in die Kaap vandag en ons het gister darem so 7 mm reën gehad.

Ek hoop Anton is "gegear" vir die koue Kaap vandag  -  hy kom vandag of môre 'n draai hier by my gooi.  Ek wil hom sommer nog bykom oor sy opmerking oor ons stokou, swanger omies hier op die forum ! 

Enige ander opodragte wat ek met hom moet uitvoer ?

Lekker dag vir almal !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus