Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -7 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -8 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Centurion

Voortrekker

Mon, 15/08/2022 - 07:38

Johann dit maak  nie saak waar die gate is en hoe groot hulle is nie.    Ons stel voor dat jy nie die karavaan se battery direk koppel aan die voertuig se battery  / alternator nie.     Die voorstel is dat daar 'n laai / beheer eenheid tussen die voertuig battery en karavaan battery geinstalleer word om die karavaan battery se behoeftes te behartig.   Die eenheid moet verkieslik so na as moontlik aan die karavaan battery gekoppel word.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/08/2022 - 07:55

Baie dankie vir die hulp, Wessel het my gebel en verduidelik waar die probleem gaan inkom as ek aan gaan soos wat ek beplan het.

Ongelukkig was die opvangs van die fone of my gehoor stelle nie lekker nie, maar ek verstaan nou wat julle sê.

Ek sal later vandag na 'n auto electrical persoon gaan en dalk ook sommer by 4x4 Meca gaan kers opsteek ivm wat se beheer stelsel ek moet inbou om "over charge" te voorkom.

My vermoede is dat ek juis op my manier van doen, die vorige batery gekook het. Die batery was 'n derde van sy waarborg en het gegroet)

Weer, baie dankie Anton, Wessel en ander wat my raad gegee hetyes

Chris B, dit is wat die forum so lekker maak, daar is 'n magdom van hulpvaardige kennis om ons leke van advies te voorsien.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/08/2022 - 08:15

Na nabetragting het ek besluit ek krap te veel waar dit nie juk nie, Wessel se telefoniese verduideliking maak vir my sin.

Ek het nog nooit by my bestemmings aan gekom met ontvrieste vleis nie, en ook nog nooit met 'n pap batery nie.

Ek staak hierdie hele gedoente met laai van batery terwyl ek sleep. Die yskas moet maar af wees terwyl ons ry, en die batery sal beskerm wees.

Ons sleep in elk geval nooit meer, meer as 400 kilo meter per dag nie,  my konsentrasie en liggaam kan nie meer sulke lang ritte vat nie.

Nietemin, ek hoop darem iemand kon iets leer uit my stupid optrede.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/08/2022 - 08:38

Dit is hier waar ek tot 'n mate kan saamgesels. My karavaan se vrieskas toon inderwaarheid nog geen tekens van ontvriesing na 'n dag op die pad sonder krag nie. Selfs my ysbakkies is nog hard gevries na 'n dag se ry.

My Snomaster loop op die bakkie se batterykrag terwyl ons ry. En etlike jare se langpad tussen die Boland en die Laeveld het nog nooit ontvriesings-probleme gelewer nie. Selfs in Tsendze, vir 'n week sonder elektrisiteit en die Snomaster dag en nag op die bakkie se battery, het nog nooit probleme opgelewer nie.

Ons, ek inkluis, is soms geneig om 'n "over-kill" te maak - met verskeie dinge in die lewe.

0
Irene

Grootwind

Mon, 15/08/2022 - 08:46

Johann, ek het nog nooit probleme met 'n ontvriesde yskas ondervind nie. My Fleetline se huidige 220V yskas/vrieskas word afgesit die oggend as ons ry en eers weer aangesit as ons by ons bestemming aankom, partymaal 10 of 11 ure of so later sonder dat enigiets ontvries het maar ons maak dit glad nie oop in daai tyd nie. Voorheen met die oorspronklike 220V/12V/gas yskas ook nooit probleme gehad nie. Hou maar die "KISS" beginsel in gedagte as daai gejeuk begin....devil 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/08/2022 - 09:01

Die 3B het nie 'n battery in nie maar al die ligte en ekstra buite ligte is als 12v.  Die yskas is net 220v saam met die plugs wat ek in gesit het.  Ek het destyds 'n transformator gekoop by een van GP.com se ouens en dié voorsien die krag.  Ek wou nie 'n battery en laaier in sit nie want die ding moet omtrent elke keer na sy waarborg vervang word en dit is net ekstra gewig vir daat tyd sonder krag wat die 12v ligte nie kan werk nie.  Dan steek ek maar die braai hout 🔥 aan vir lig en om iets warms te maak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/08/2022 - 10:47

.............oor die karavaan-yskas met gevriesde vleis wat nie ontvries tydens ritte na jou bestemming nie.  Ons ry jaarliks van die Kaap Kruger Wildtuin toe en gevriesde vleis bly gevries sonder dat die yskas in werking is.  Ons koppel net die 220v (of gas tydens beurtkrag) wanneer ons iewers oornag.

In die ou dae toe alle karavane nog absorpsie-yskaste gehad het, was daar altyd 'n 12v element in die yskas wat krag van die sleepvoertuig via die ligte se koppeling by die A-raam ontvang het.  My Exclusive het nog 'n Dometic absorpsie-yskas, maar die invoeging van 'n 12v element is gestaak omdat dit as onnodig beskou is.  Dis eintlik maklik om dit in te voeg, maar dis werklik onnodig omdat die yskas nie sommer ontvries nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 11:09

Hoe laag kan 'n bakkie se battery daal, en steeds genoeg woema hê om aan te skakel.? 

Ek kom agter dat die 2 Trackerstelsel en min ry, of baie kort ritte in die dorp, Grompie se battery knou. Ek kyk/meet  vanoggend en sien dat dit 12.3V is. Ek het ongelukkig nie probeer aansit nie, maar net die CTEC laaier gekoppel.

Dalk het julle uit ervaring 'n aanvoeling hieromtrent.  Onthou Grompie is 'n diesel, met net 'n 66amp.hr batterytjie tans.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/02/2024 - 12:49

Ek kyk/meet  vanoggend en sien dat dit 12.3V is.

Ek weet nie of dit nog sal swaai nie, maar dis tussen 50% en 75% gelaai (in ander woorde amper 40% ontlaai). Dit moet dalk maar een keer ‘n week aan die laaier gekoppel word tot dit vol gelaai is. 
 

A

0
Irene

Grootwind

Wed, 14/02/2024 - 13:23

12,3V behoort nog steeds Grompie se enjin te swaai. Die Tracker eenhede trek bitter min krag (onthou dat daar egter ook heelwat voertuig spesifieke "swart boksies" lewendig bly in bystandsmode al is die voertuig afgeskakel). My Ranger kerm na sowat 3 dae dat hy "Battery Low" is, maar daar is geen probleem om aan te skakel nie...as 'n reël laat ek die trokkie maar 'n paar minute luier as hy vir so 3 of 4 dae nie geloop het nie - het ook Tracker eenhede in). Alhoewel ek sowat 'n jaar terug die battery vervang het doen ek dit steeds, my anti-diefstal magafters het ongelukkig die nadeel dat ek geskroef is as die battery heeltemal pap is en nie meer die sentrale sluitstelsel wil oopsluit nie, so ek bly maar aan die veilige kant. Ek verloor egter geen slaap daaroor nie (bygevoeg, die Ranger wat 'n 5 silinder is se battery is maar 68Ah so Grompie se 66Ah behoort nie met die kleiner enjin te sukkel nie)

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 14:26

...dankie vir die gerusstelling. Ek het net begin dink dat Toyota ook afgeskeep het met die batterye, na laaste debakel kan mens enige skelmstreek verwag.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 09:08

Met verwysing na my ander inset op Februarie 2024 saamgesels, net die volgende;

die feit dat 'n Lithuim battery meer volts lewer, is 'n bonus. Byvoorbeeld

100% kapasiteit -----13.6V

20% kapasiteit--------steeds 12.9v

het beslis voordele, soos komponente/kompressors van koelkaste kan nog lekker sorgvry werk.

Ek is egter van mening dat mens steeds nie 'n Lithuim battery laer as 20% moet leeg tap nie. Vir beskerming van die battery en langer lewe moet mens sekermaak wat die herlaai voorskrifte vereis, en dit slaafs volg. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/02/2024 - 16:33

So gaan ek verlede sondag om iets in Jurgie te kyk. Skakel ń liggie aan, niks nie. Jurgie staan permanent met die slimlaaier, E tech? op die battery. 

Laaier het so een skaam geel liggie wat flikker, die wat battery toestand wys, brand nie een nie. Toetser op battery, 1,2 volt. Ja  een komma twee volt.

Het dit tevergeefs op n ander slim laaier gesit wat ń desulphation ?? siklus het. Dit kom aan, probeer, en na ń paar uur sit dit die rooi liggie aan vir gedaan. 3 dae lank probeer,tydmors gewees. Nou wonder ek darem hoe raak ń battery sommer net so gedaan. Desember was dit nog reg, geen waardkuwings nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 16:52

Het nie antwoord nie, hoe oud is die pappery??

Dom vraag, die slimlaaier was wel aangeskakel, of het iemand/werker per ongeluk afgeskakel?? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/02/2024 - 18:01

Wessel, ek het nie ń idee nie, dit kan of 3jaar wees tot by 5of 6. Daar is nie ń datum om gemerk nie. Nieteenstaande, hier is sommer paar batterye in werking ek tel so 10. Normaalweg kry jy n aanduiding dat dit wil groet, en dan sit ek dit op light duty vir nog ń paar jaar. Die Varta was net te vinnig van hero tot zero. Die krag bly permanent aan op Jurgie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 19:47

...het ook so na 5 jaar begin foeter. Dit staan vir dae op die fancy CTEC laaier, en kom net nie by float nie. Wou ook nie spanning hou nie. Nuwe gekoop en alles werk teksboek korrek. 

Dalk het plate geknak en aan mekaar begin raak. Dalk het dit so aangepak, dat ontsulfering- skok net nie meer genoegsaam was nie. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/02/2024 - 20:48

Klink my jy is reg, die plate het geknak. ??!! Soos neef se kniege na ń Landbouvereniging vergadering, dan short hy ook uit. 

Ons het juis môre aand ń vergadering... Ek ry saam n buurman. Hy vat ń drywer saam vir die terugkom. laugh

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 08/06/2024 - 12:10

Lees nou op Chris WH se gesprekslyn van 'n "batery herstel laaier", wonder of iemand reeds so iets besit en werk dit.

Sal graag wil weet hoe lank so herstel proses neem en of kan jy die laaier sommer permanent op ouerige baterye los.

Dit klink ha 'n goeie idee om so iets te hê.

 

Wat dit doen, is om tussen 15,2V en 14,8V te pols terwyl die repair modus aangeskakel is. Dit is veronderstel om hitte en vibrasie in die plate te veroorsaak wat sulfasie laat loskom. Ek het die Kavango battery wat swak getoets het daarmee gelaai, en gaan vandag weer die batterye toets. As dit nie die probleem opgelos het nie sal ek maar nuwes moet koop.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/06/2024 - 12:34

...ek dog julle het 'n familie saamtrek op Stella die naweek, wat maak jy hier op die forum.

Lees asb my inset "Ctek laaier" op "Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024"

ek kan met vrymoedigheid die CTek laaiers aanbeveel. Hulle desulfer ook en jy kan dit permanent op battery los.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 08/06/2024 - 12:52

Die naweek is gekanselleer, op kort kennis, my broer is in die bed met griep. crying

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus