Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Klem op kombuisskaal
Len, goeie raad, sit die klem op kombuis-skaal, vir jou vrou. Jy wil tog nie in die woonwa gaan slaap nie.
Chris S: Wat drink jy volgens doseringsbottel, sekerlik nie Terramaizen of Invermectiem nie.
.
Iets uit die vallei
Chris S: Wat drink jy volgens doseringsbottel,
Ek ondersteun maar die plaaslike boere. Ek drink ongelukkig nie wyn nie, so ek koop maar Olof Bergh. Die stokery is net hier anderkant op die Goudinipad.
Dop afmeet met n skaal !! Ek…
Dop afmeet met n skaal !! Ek dink nou al die afgelope 2 dae aan Chris se ritueel van knerts gooi, weet hoe om te reageer nie.
Nou moet Chris eerlik antwoord, as die manne daar by Henties skink, was die skaal ingepak en word dit gebruik? Sien Ralie is nie daar om daai paar groot hande "dop" te hou as daar geskink word nie ![]()
Hier vertrou ek my geoefende oog heeltemal, hoeveel ml, sal ek moet jok, maar so wysfinger dikte in n whiskyglas is net reg. Dan n paar ysblokke en n splortsie water. Voorkeur is die "peaty smoked" wissa, soos in Black Grouse.
Môre almal.............kyk…
Môre almal.............kyk ek het al baie geleer en tips gekry op die forums maar met Chris se knerts gooi sal ek verby hou. 😁
Tog interesant en sit ek en wonder watse "snaakse" gewoontetjies het ek wat ander mense nie doen nie. Miskien moet ons'n gesprek daaroor begin.
Hentiesbaai
Daar (by Henties) laat die klomp mede-vissers my amper nie toe om my whisky te geniet nie. Dis net polisiekoffie. Jy staan nog so, besig om aas aan te sit - of as jy gelukkig is om 'n vis van die hoek af te haal - dan word jy deur een van jou mede-vissers wat deur 'n woestyndors oorval is met 'n koue Tafel Lager of lang glas polisiekoffie in die hand gestop. En dan drink jy maar - net om te wys jy geniet die feit dat hulle jou as ouballie saamgenooi het.
Aangekom by Skubbe Bar aan die einde van die hengeldag om die vis te laat skoonmaak en die bakkie te laat skoonspuit, het jy nog beswaarlik uitgeklim of 'n draught of polisiekoffie word jou weereens in die hand gedruk. Teen die tyd wat jy by jou blyplek aankom en vuur aansteek, is alle inhibisies oorboord gegooi en kuier jy maar voort saam met die manne op polisiekoffie of bokswyn.
Maar wanneer ek weer die geleentheid kry om my whisky (afgeweeg uiteraard) weer rustig te geniet, is dit meerendeels 'n Ballantine's. My seun bederf my soms met 'n goeie enkelmout, (seker om op te maak vir al die polisiekoffie wat ek by Henties moet sluk) waarmee ek gewoonlik vrek suinig te werk gaan.
Maar soos ek nou hier sit en tik, geniet ek 'n beker gewone koffie. Die afwegery sal eers vanaand begin wanneer ek vuur aansteek.
Geniet julle dag.
polisiekoffie
Môre vriende
O gits, hier word my omkunde heeltemal ontbloot. Wat is polisiekoffie, sekerlik nie kitskoffie uit 'n fles nie??
Nagedagte; waarvan leef daai woestyn leeus?
Wessel ..
... ek glo jy "joke" net. Maar indien jy regtig nie weet nie - brannas en Coke.
Die leeus, bruin hiënas en rooijakkalse langs die Namib-kus leef grotendeels van robbe. Daardie twee leeus wat my seun-hulle gesien het, het juis by 'n robkarkas gelê waaraan hulle gevreet het.
Nou weet ek....
Chris B
...ook. Ek het sowaar nie die benaming geken nie. Ek drink mos eintlik net wyne. Nounet die staaltjies van die Mombergs, Middelvlei en Pinotage gelees. Laasgenoemde 'n kruising tussen Pinot Noir en Hermitage [Cinsaut]. In Suid afrika versny.
So daai leeus is eintlik visvreters, of dan seeleeus.![]()
Nou net n boek van Dr Philip…
Nou net n boek van Dr Philip Stander gelees "vanishing Kings" handel oor die Leeus van die Namib woestyn. Koffietafelboek. Fassinerende inligting en 100de puik fotos.Sy navorsing het in 1997 begin, so hy het n paar geslagte gesien.
Daar was so ruk gelede n tv program waar Bone de Bod by hom in die woestyn was, effe van n eksentrieke karakter.
Die leeus loop nogal wyd rond, en volgens hom jag hulle selde die Robbe, en dit was vir hom vreemd.
Ja Jan .....
.... ek het menige snaakse (dalk eksentrieke) gewoontes. Soos nou hier op die forum (met my dop se afweeg) is daar soms grootskaalse spottery oor sommige van my gewoontes - of dan liewer manier van dinge doen.
Om terug te kom by die dop-afwegery. Sommiges skink hulle whisky na skatting, ander gebruik 'n "optic", nog ander 'n doserings-apparaat/bottel en party sommer hul skattingskennis m.b.v. vingers.
Ek sal maar nie uitbrei oor my ander gewoontetjies nie. Dan sal ek waarskynlik nooit die einde daarvan hoor nie.
Elke ou skink sy hardehout soos hy wil
Die metrieke stelsel is ‘n wonderlike uitvindsel. Ek weeg elke weeksoggend my hawermout en water. Ek is egter nie oortuig dat whisky soos water 1g per ml weeg nie. Ek vermoed dis dalk minder dig as water (of meer?) en dat weeg dus nie die mees akkurate manier is om dit te meet nie. Maar dit werk duidelik vir Mnr Boucher en daar is geen rede waarom hy moet ophou om sy hardehout te weeg nie. Ons almal het ons gewoontes.
Eish die gewoontes darem, ek…
Eish die gewoontes darem, ek lag lekker hier, want ek gooi weer nooit my glas vol Coke nie, altyd half vol. Drink nie ys in my Coke nie, maar as ek kamp, moet daar ys in wees.
Ek is ook maar seker die "odd one out" ek gebruik geen alkoholiese verfersings nie. Het al gaan vakansie hou vir drie weke, met ses Millers bier, dan kom vier terug huis toe vir iemand anders.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖
Nou ja, ek probeer opvang op Kampforum.
Gister laag gelê, moet nog die Ford agter uitpak en die buite vrieskas ontdooi. Dan moet ek nog goed op die Laptop doen soos volgende KNPark se deposito betaal en foto's moet afgelaai word en verklein word en notas gemaak word vir Kampforum. Dan moet ek nog niks doen ook iewers in pas.
Ons was Saterdag middag so 16:25 veilig terug by die huis.
👋
Bly julle is veilig terug by…
Bly julle is veilig terug by die huis na 'n deuglike wegbreek Willem![]()
Dis juis daai niks doen wat maak dat ek "kwaad" doen, bv nou jeuk my alie vir 'n solar stelseltjie![]()
Hallo Anton - gaan jy vir…
Hallo Anton - gaan jy vir my koffie maak?





Dosering
Dis baie makliker om jou vuurwater te meet met ‘n dosering bottel. Ek drink ook 40ml maar nie whisky nie. Ek het sommer ‘n merk gemaak met ‘n permanente merker by 40ml op my dosering bottel (dit het merkies elke 5ml tot by 50ml) sodat ek ek in swak lig ook maklik kan meet.