Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 minutes ago
Pad Umfula Johann L -25 minutes ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -32 minutes ago
Geert enigiets is moontlik. … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -46 minutes ago
Geert... Umfula Wessel Strydom -56 minutes ago
Beelde Umfula Johann L -1 hour ago

Strydoms se 2023 toer-idees

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Na aanleiding van Len se opmerking dat kampeerinsette min is, deel ek sommer my kampeer/toer idees met julle. Dit is nou, as dit ons beskore is.

Plan 1: Blommekyk gedurende Augustus/September. Om die gewraakte Vryburg mis te ry, oorweeg ek dit om via Aldam, Mokala-NP, Upington, Augrabies tot in Springbok te sleep. Dan ondertoe na Van Rhynsdorp, en terug oor Calvinia tot in Upington. Vandaar terug in my spore huistoe. Dit sal so ongeveer 3770km se sleep wees.

Plan 2: Blommekyk net tot by Springbok. Neem dan maar die N14 die kortste roete oor Vryburg, en draai in Springbok om, met N14 huistoe. Benaderde afstand is dan slegs 2850km.

Plan 3: Om soos tevore genoem, die meeste van Kaapse SANPARKE te besoek. Ry dus via Aldam, Bloemfontein na Mokala. Vandaar af na Karoo-NP, dwars na Camdeboo, en Bergkwagga by Cradock. Dan terug via Gariep met N1 tot in Brits. Dit is dan 'n benaderde afstand van so 2600km. 

As mens net vooruit weet of daar wel blomme gaan wees. Ek hou nie daarvan om sonder enige besprekings rond te sleep nie. Ek is bekommerd dat teen die tyd dat mens wel weet dat dit 'n mooi blomme jaar is, mens nie meer kampeerplek in Sprinbok, Kamieskroon gaan vind nie. 

Hierdie idees is natuurlik aanvullend tot ons reeds bespreekte toet van bo tot onder in Kruger-NP, gedurende Junie'23. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/11/2022 - 08:58

.............ek hou van jou plan nr. 3.  Doen gerus jou besprekings en nader aan die tyd indien daar nie blomme is nie (onwaarskynlik), maak soos Chris-Kansellasie.  As Chris aan 'n toer dink, bespreek hy mos en kanselleer dan later weer !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/11/2022 - 09:17

... jou verwysing hierbo na Chris Kansellasie het betrekking. Ek sal dit beskaafd probeer stel: "U hol".😜🤪

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/11/2022 - 16:19

... is daar dan nie nog een dogter in Hermanus nie? Of het ek nou die kat aan die "aerial" beet? Indien my spekulasie reg is kan jy mos nie net tot Karoo Nas Park ry nie? Of is jy bang vir "spring" penne en verlore voetvelle by Onrus?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/11/2022 - 18:04

Of is jy bang vir "spring" penne en verlore voetvelle by Onrus?

Skerp Chris. 👍🏻😂

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/11/2022 - 19:25

Julle xx$@^&'s kan maar spot hoor, ek het eers Augustus klaargemaak met spesialis.laugh Ek IS nou baie versigtig met my ou pote. Die regtervoet dra 'n duidelik litteken wat uitkenning gaan vergemaklik, hopenlik gaan dit nooit nodig wees nie.

Chris B: Jy is heeltemal reg, die jongste dogter is nog daar, maar sy het reeds 'n versoek gekry van haar internasionale firma  om Amerika, Duitsland of Engeland te oorweeg, om haar daar te gaan vestig. 

Indien die SANPARKE toer die trekking wen, sal ek maar weer 'n Kaapse draai in Hermanus kom gooi, en dan deur die Klein Karoo Graaff Reinet toe. 

Ek het ook nog 'n suster in Bellville, en gedagtig aan 'n erfposie, moet ek daar ook gaan oë wyslaugh Dan sal ons weer in Van Zylsrus gaan staan.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/11/2022 - 06:44

Môre Chris B en al my vriende

As ek my SANPARKR-toer uitbrei om DA-land te besoek, en dan deur die Klein Karoo na Graaf Reinett te ry, gaan dit nog ongeveer 1280km by my totaal van 2600km voeg.

Die reisplan raak al hoe meer aanlokliker, veral om weer 'n slag die R62 te ry. Dan het ek baie jare gelede die N9 gery.

Die gesondheid moet hou, en ESKOM moet nie al die diesel opgebruik nie. O ja, diesel moet bekostigbaar wees.laugh

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 24/11/2022 - 06:53

ESKOM moet nie al die diesel opgebruik nie

Ry net voor 1 April. Tot dan het hulle nie begroting vir enige diesel aankope nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/12/2022 - 16:13

Middag vriende

Ek sien onse Neef skimp in die rigting van 'n herontmoeting in toekoms. So ewe om les te kry in sosaties en skilpadjies braai.

Beide my tentatiewe planne vir toer volgende jaar kan maklik 'n oorstaan in KarooNP insluit. Ek kan selfs met die blomme toer maar afsleep tot in Hermanus, en met die terugkeer ook oorstaan in Karoo-NP.

Ek is gedurende middel Junie, DV in Kruger-NP, dus sal "pappie nie dan vir 'n samekoms doeronder" beskikbaar wees nie. Dit is net 'n kwessie van datums sinkroniseer.

Nagedagte, daar is mos ander saamkom plekke ook, soos Bontebok-NP, Dwarswegstrand, Montagu om te oorweeg.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 09/12/2022 - 16:44

Wessel klink goed, maar ek sal wragties nie Karoo vir enige van die ander ruil nie. Alhoewel ons redelik naby bly, is ons gelukkig om 1 keer per jaar daar te draai.

Die wat planne het vir volgende jaar, vir dalkies Karoo inpas, moet die bal aan die rol sit.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/12/2022 - 10:55

Môre Herman

Jy moet tog asb julle besprekingsdatums vir julle Kalahari besoek gee.

Sonder om enige iets hard en mond te belowe, kan ek dit ingedagte hou as ek my beplanning doen. Ons manne met die dik brille, sakrekenaars op die heup en pen in die bosak, hou daarvan om noukeurig vooruit te beplan.

Dit sal vreeslik lekker wees as ons die 2022-groep, plus enige ander wat wil saam kom kuier, weer bymekaar kan trek. 

Ek is seker dat dit min oortuiging gaan verg om selfs Chris B daar te kry.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 30/12/2022 - 12:49

Ons Kalahari datums;

30/04 tot 13/05. Ons gaan in die tentkampe en chalets bly vir die tydperk,  Dus gaan ons nie ingerig wees vir kamp nie Wessel. Ek sal inpas by n ander datum sodat ons Jurgie kan saamsleep en n paar dae gaan kamp. Jy weet mos dat tyd nie n probleem is vir ons stoepsitters nie. Ek dink net diep winter gaan Karoo dalk onaangenaam wees, het nog nie die tyd daar gekamp nie, maar die aande om n vuurtjie kan dalk effe te kort wees.

Die saamkuier sal regtig lekker wees, ek het nog goeie Witblits wat nou al  goed verouder, en sal sorg vir n slukkie of twee. Bring jy die Skilpadjies en die Santam sambreel.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/12/2022 - 15:12

Middag Herman

Jou datums aangeteken.

Ons is in Kruger bespreek van 29 Mei tot 16 Junie.

Ek het aanvanklik gedink om middel Julie, of Augustus 'n toer aan te pak soos boontoe genoem. Beskou jy Julie en Augustus as diep winter in Karoo.??

Indien wel, sal ek moet kyk of ek dit weer in April moet doen. 

Ek wil juis dit nie kombineer met jou Kalahari tog nie, sodat ou Jurgie kan rus.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/12/2022 - 16:27

Middag Herman

Jy moet bietjie uitvra by Armond hoe die weer en temperature gedurende  middel Augustus tot middel September in KarooNP is.

Dit wil voorkom of Marie eerder 'n blommekyk toer, as 'n Oos Kaap wildtuine toer, wil doen. Ek oorweeg dan om Mokala en KarooNP te kombineer met Namakwa roete. Oorslaap moet ek oorslaap, so 'n paar aande in Karoo bly 'n moontlikheid.    

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 01/01/2023 - 09:12

Wessel jou toer / beplanning klink na n lekke kuier , kamp en wat saam dit gaan yes

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/01/2023 - 17:08

Middag vriende

Julle wat nou al gaan blomme kyk het, watter van die 2 plekke sal julle aanbeveel.

KroonLodge vertoon beter, maar ek is bekommerd dat dit effe opmekaar is. 

Ek dink ek gaan ook naby Canwilliam by Rondeberg oord oorstaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus