6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Ons driehoek-toer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos reeds op ander gesprekslyne genoem, gaan die Boucher's op 'n "driehoek-toertjie" gedurende Mei. Ek noem dit 'n driehoek-toer omdat die beplande roete min of meer 'n driehoek vorm. Hier van die huis-af is dit eers so te sê reguit oos tot by Ebb & Flow by Wildernis. Daarvandaan noordoos tot by die Bergkwaggapark en vandaar so te sê reg wes tot by Karoo Nas Park alvorens ons suidwes-waarts terugkeer huistoe.

Ek tob nog die hele tyd of ek nie Bontebokpark ook by die toer moet insluit nie. Ons is vanaf  Sondag 7 Mei by Ebb & Flow bespreek waar ons vir al drie nagte 40% afslag kry. Sou ek egter die voorafgaande Vrydag- en Saterdagaand in Bontebokpark oorbly, gaan ek vol-tarief van R1 560 per nag betaal. Sou ek besluit om my 69ste verjaarsdag in dié park te vier, sal ek darem 40% afslag kry vir Donderdag 4 Mei. Terloops, ons kry vir 2 van die 3 aande by Bergkwagga 20% afslag en vir 2 van die 3 aande in Karoo ook 40% afslag.

Maar vandag sien ek toe op die forum "anderkant die draad" dat iemand navraag doen namens haar suster oor die moontlikheid om 'n vakansie-woonstel in Groot-Brak te adverteer. Om 'n lang storie kort te maak, ek het nadat die eienaar foto's en videos gestuur het van die woonstel, besluit om my 69ste in Groot-Brak te gaan vier. Ons is nou vanaf 4 Mei vir 3 aande bespreek in dié woonstel @ R800 per nag - darem aansienlik goedkoper as Bontebokpark en in 'n deel van ons land waarvoor ek baie lief is.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 19:54

nog 'n lekkerlees reisvertelling, net soos Chris B by uitstek kan doen.

Gelukkig is ek dan by die huis, en kan dit nougeset volg, soos 'n oudae se Sprinbokradio storie.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 29/03/2023 - 20:35

.............ek aanvaar hierdie is 'n "tussen die witlakens" toer en nie 'n kamp-ekspedisie nie. Voel jy nie iewat skuldig om jou pragtige, getroue Caravett 6B by die huis te los nie ?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/03/2023 - 21:36

.... ons bly oor in vaste akkommodasie. Die orige geld van die Kgalagadi-vakansie wat gekanselleer is, sal wel opgeneem word in die Karoo Nas Park woonwa-vakansie wat voorlê in September.

Nee Geert, die R1 560 per nag in die Bontebokpark is vir vaste akkommodasie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 12:56

.....goed om van jou te hoor. Jy moenie so wegraak nie. 

Wanneer doen jy so 'n driehoek of sirkel roete met jou wa?? Wat is julle voorliefde vir kampeerplekke, see, wildtuine, of sommer net wegbreek na die baie plekke langs riviere of in Sederberge.

Dalk moet jy 'n ekspedisie sleep Tankwa toe, en dan ons kom tart met julle ervaringe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/04/2023 - 16:10

Kyk, nou begin ek darem regtig jeukerig word om die pad te pad op ons voorgenome toertjie wat (DV) afskop op 4 Mei. Ek leef so 'n bietjie in my verbeelding wanneer ek elke dag vir Ralie sê dat ons sou nou in Kgalagadi gewees het volgens die oorspronklike beplanning. Vanaand sou ons laaste van 3 aande in Mata Mata gewees het en môre sou ons Nossob toe gery het vir die volgende 3 aande. Ek raak eintlik skaam as ek dink watse moeite Geert gedoen het om vir my die plek in Nossob te bewerkstellig.

Maar my paklysie is agtermekaar vir die 12 aande van ons kort toer. Ek sien uit na alles, maar die Bergkwaggapark is vir my amper 'n nuutjie. Ons het 30 jaar gelede vir 2 aande daar oorgebly (in 'n chalet) op pad wildtuin toe - ons het eers die volgende jaar begin karavaan sleep. Ek onthou nie veel van daardie verblyf in Bergkwagga nie. My seun, wat toe 15 jaar oud was, onthou egter sy ouma (my ma wat saamgegaan het) se kerrie-varktjops van die eerste aand. Toe hulle verlede jaar met die winter-skoolvakansie daar was, het nostalgie gemaak dat hy ook die eerste aand kerrie-varktjops (ala Ouma Toekie se resep) daar gebraai het. Terloops - hulle was verlede jaar gelukkig om 'n bruin hiëna as hulle eerste "sighting" tussen die ingangshek en die ruskamp te sien. Ek sou wat wou gee as dit my beskore was, want ek het nog nooit 'n bruin hiëna gesien nie.

Ek en Ralie het in 2016 een aand daar oorgestaan met die karavaan. My idee was om in Middelburg by Carochalet oor te staan, maar ons was só vroeg daar dat ons besluit het om deur te druk Bergkwaggapark toe. Ons het maar laatmiddag daar aangekom en slegs tyd gehad vir 'n kort draaitjie voor hek-sluitingstyd.

Die volgende oggend het ons ontbyt in hulle restaurant gaan eet voordat ons die pad Addo toe gevat het. En ek kan onthou dat dit nogal 'n aangename ontbyt was. Dalk traai ons dit weer een oggend. Maar ek sien veral uit om twee volle dae tot ons beskikking te hê om die park se roetes te gaan verken.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 18/04/2023 - 06:20

Ek het amper gedink jy praat van Vaaldriehoek toer.  Amper geskrik. 😜😜

Wou net se die is nie 'n plek vir toer nie.

Sodom hier. 🙃

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 18/04/2023 - 08:26

Snaaks - ek het nog nooit 'n behoefte gehad om die Vaaldriehoek te verken met 'n toer nie.😄 Ek het egter al by 3 geleenthede by die (gewese - verstaan ek) Klub Koppisol oorgestaan. Maar die naby-geleë moskee se imam het my elke keer vroegoggend oor oorverdowende luidsprekers probeer oortuig om 'n Moslem te word.

Klub Koppisol was nie 'n sleg oorstaanplek nie, maar o donder - dit word koud daar. 'n Ander ding wat my gepla het van julle omgewing is die waarskuwings langs die R59 tussen Sasolburg en Vereeniging dat dit 'n hoë risiko area is vir kapings.

Nee-wat, geniet jy en Johann Lock maar julle "valley". Ek sal maar nie daar kom toer nie.

Lekker om weer van jou te hoor op die forum.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 18/04/2023 - 09:08

Chris, jy moet "cowboy" bloed in jou are hê om hier die vuil driehoek te bly, dis die wille weste van SA dielaugh

Nee-wat, geniet jy en Johann Lock maar julle "valley". Ek sal maar nie daar kom toer nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/04/2023 - 12:33

Ons gee tans daaraan oorweging om, nadat ons in Karoo Nas Park opgepak het (16 Mei) nog 3 dae by ons driehoek-toer te voeg. Ralie spreek al só lank die wens uit om weer 'n keer in haar komvandaan te gaan kuier. Terwyl ons dan nou wel daar neffens verbyry, dink ons daaraan om 'n bietjie haar kinderspore in Prins Albert te gaan opsoek. 

Ons wou dit in November gedoen het toe ons by Dibiki gaan kamp het. Aanvanklik wou ons afskop vir 3 aande by Olienhof, maar het later besluit om by haar broer (wat in die Kaap woon) se huis in Prins Albert te gaan parkeer met wa en dan net die huis se badkamerfasiliteite te gebruik. Maar toe besluit haar broer dat hy ook daar gaan wees - en Ralie het nie lus gehad daarvoor nie, want sy wou haar eie ding gaan doen sonder om ander mense in ag te neem. (Dalk het hy ons nie vertrou in sy huis nie 😅 - haar ouers se ou dorpshuis). Ons het toe eerder vir 3 aande in Montagu gaan kamp - wat 'n bakgat karavaanpark.

Tans kyk ons na verskeie Lekkeslaap opsies in Prins Albert. Ek is verstom om te sien hoeveel verblyfplekke tans in Prins Albert is. Dié dorp het in 'n toeriste mekka ontplof.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 21/04/2023 - 13:44

Ek het gister op Maroelamedia ‘n advertensie artikel  oor hulle gelees en toe (te laat) gaan kyk op hulle webwerf. Presies dieselfde huisie by Kambro was R50 goedkoper op Afristay as op Lekkeslaap. Hulle waarborg dat hulle die goedkoopste prys het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/04/2023 - 14:00

.. ek het nog altyd direk by Kambro bespreek.

Ek het sowat 'n halfuur gelede my deposito betaal vir 'n addisionele 3 nagte met ons komende toertjie. Ek het deur Lekkeslaap bespreek by Koppie Cottage in Prins Albert - 'n selfsorg plekkie. Dit lyk baie netjies en hulle tarief klink vir my baie billik. Die normale tarief is R880 per nag, maar danksy my Lekkeslaap Rewards-lidmaatskap betaal ek sleg R748 per nag.

M.a.w. - ons driehoektoertjie word nou 15 aande. Dit sou aanvanklik slegs 9 aande gewees het, maar met die byvoeging van 3 aande vroeër by Groot Brak het dit toe 12 aande geword en nou met 'n addisionele 3 aande aan die einde is dit 15 aande. Dalk moet ek nog oor die berg glip om gou by Neef 'n koffietjie (of iets anders) te gaan drink - as hulle al terug is van Kgalagadi af.

Synde dat ek nou op 'n Vrydag terugkeer huistoe, mag ek dalk oorweeg om nog 'n aand of twee iewers in die Klein Karoo ook in te pas.

Hieronder is die "link" vir ons drie aande se slaapplek in Prins Albert. As ek die resensies lees en die foto's kyk, klink dit na 'n aangename plekkie.

https://www.lekkeslaap.c…

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/04/2023 - 15:35

En daar voeg ek sommer nog 2 aande by - in Oudtshoorn by nog 'n Lekkeslaap selfsorgplek, Stay @ Gracios (https://www.lekkeslaap.c…). Teen R761 per nag (voltarief is R895 per nag) vir Rewards-afslag is dit nie sleg nie.

M.a.w. nou's ons toertjie amper dubbeld so lank as wat aanvanklik beplan is - naamlik 17 aande uit en tuis.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/05/2023 - 15:51

... so stadigaan aan die regmaak vir eerskomende Donderdag se vertrek. Die wynvoorraad wat moet saam  is minstens al bymekaar. 'n Splinternuwe Smokey Joe Weber is aanmekaargesit. Die kampvrieskas is aangeskakel. Die finale betaling van ons eerste verblyf (Groot Brak) is vanoggend gemaak - die drie Nasionale Parke wat ons besoek is reeds ten volle betaal uit die oordraggeld vanaf ons Kgaladi-besoek wat nie gerealiseer het nie. Stoffel (papegaai) word Woensdagoggend Grabouw toe geneem vir haar tydelike losies. Die res word alles stelselmatig bymekaar gesit vir die finale inpak in die Hilux Woensdagmiddag. Ek het geen planne om douvoordag Donderdag te vertrek nie, maar om eerder 'n rustige stop-stop rit te onderneem. Iewers sal daar langs die pad gebrekfis word en waarskynlik sal daar minstens een, maar waarskynlik twee, koffiestoppe ook ingepas word. Op hierdie stadium wil dit blyk of ons darem met 'n bietjie goedkoper diesel gaan vakansie hou. Tydens 'n reis van net meer as 1 800 km (ander rondryery uitgesluit) kan dit dalk 'n paar ekstra oulap in die sak meebring indien die prys van diesel met sowat 50c per liter afkom (volgens afgelope Saterdag se oorverhalingstabel in Die Burger).

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 16:07

Chris B

Ek stel veral belang in terugvoer van die Berg Kwagga park. Ons oorweeg dit sterk om volgende jaar 'n toer te maak wat Mokala, Karoo, Camdeboo en Berg Kwagga aandoen. Uiteraard sal Grompie die Kavango op sleeptou hê.

Geniet die laaste voorbereiding, veilig reis en geniet dit.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 03/05/2023 - 18:52

Die Hilux is gepak. Alles behalwe ons klere is gelaai. Die 40 liter Waeco staan met die 2 weke plus se vleis (en natuurlik vis) nog op elektrisiteit, maar reeds agter in die bak.

Stoffel(ina) is vandag weggeneem Grabouw toe. Die huis voel eintlik stil vanaand met die raasbek wat nie hier is nie.

Ons mikpunt is om môre-oggend nie later as 09:00 te vertrek nie. Dalk 'n koffie in Riviersonderend en dan 'n "brunch" in Heidelberg (Wes-Kaap). Ek hoor die taalpuriste noem 'n "brunch" 'n noenmaal. Klink vir my of mens lekkerder kan eet tydens 'n "brunch". Noenmaal klink vir my na 'n la-di-da geleentheid en asof ek nie daardeur versadig sal word nie.

Dan wil mammie nog haar tradisionele stop by Aloe Ferox se fabriekswinkel buite Albertinia maak - om my kredietkaart te toets.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus