Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -12 minutes ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -50 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -58 minutes ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Bekendes staan op teen plaasmoorde

Bosveld
Submitted by Gryswater on
Forums
Luister ek vandag op RSG en hoor toe daar word gepraat van die video en nog vele ander soortgelyke gevalle van moedeloosheid en opstand teen plaasmoorde.
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 26/10/2017 - 19:54

Die plaasaanvalle en moorde die afgelope week ontstel my verskriklik.  Ek het 40 jaar gewerk met die boere van ons land en het baie spesiale gevoelens vir hulle.  Die ergste van alles is dat niemand iets daaroor sê nie, selfs ons kastige kwaai Minister van Polisie swyg soos die graf.

Daar word 'n groter bohaai gemaak van 'n man wat in 'n doodskis gesit was.    Ek is jammer, ek probeer my bes om sin te maak van die gemors in ons land.  Karen Zoid, Steve en Bok van Blerk kan ons net meer bewus maak daarvan maar hulle kan eintlik niks doen om dit beter te maak of te stop nie.

Net God kan ons help, dit is verseker.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 26/10/2017 - 20:47

Maandag is uit gesonder om swart te dra ter ondersteuning van hierdie diep saak, ek was inn'n tweestyd hieroor, want swart is mos somber.

Na heen en weer gesprekke met familie en mede-kampeerders, het ek gevoel ek gaan pikswart aantrek Maandag, van skoene, kouse tot hemp. My swart golf kepsie lê ook reg.

Iewers moet iemand in op stand kom teen hierdie siek toestand in ons land. Ons boere (wat kos voorsien aan ALMAL) word wreed uit gemoor.

My niggie se man is voor haar soos 'n hond dood geskiet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/10/2017 - 22:48

Dit is opmerklik dat "bekendes staan op teen plaasmoorde" alleenlik "bekendes" in die vermaaklikheidsbedryf is en alleenlik bekend is onder sekere groeperings in die land.  Of hierdie opstand enigsens 'n daadwerklike verskil in die tragiese situasie kan maak het ek baie groot twyfel oor  -  dit jaag na my mening net emosies op en doen niks meer as dit nie.

Ek onderskryf dus Freda se kommentaar hierbo.

0
Centurion

Dusty

Fri, 27/10/2017 - 05:09

Ek sien daar is n versoek om eerskomende Saterdag om presies 12:00 alles te staak en vir 2 minute te bid vir ons land se boere. Maak nie saak waar jy jou op daardie oomblik bevind nie.

Dit is presies wat die persoon ook sê. Dit is net God wat ons kan help en red.

Die persoon (Marius Barnard) haal ook n gedeelte aan uit Jesaja 56.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 27/10/2017 - 07:04

Ek is ook a moeg vir al die videos, ek kyk luister nie meer na hulle nie, dus het ek die oproep om saam te  bid gemis! 

Dit ondersteun ek ten volle, ek wou juis vandagvoorstel dat ons so iets reel. Kan ons nie elke Maandag 12 uur gesamentlik bid vir ons boere, vir ons kinders en vroue en ook vir ons land.

Terwyl ons bid, kom ons vra dat Zuma en sy volgelinge vergewe word vir hulle wandade en op die regte pad gelei word!

Terloops hoekom is al die videos in die ouens se voertuie opgeneem, party selfs terwyl die man bestuur! (Uiters onverandwoordelik) is daar dalk n rede hoekom hulle almal so is?

Nee ek sal nie Maandag swart dra nie, ek besit geen swart klere nie, maar sal beslis 12uur op my kniee gaan, en elke Maandag daarna!

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 27/10/2017 - 07:20

Ons land het die Vader nodig om in te gryp ons land bloei

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 27/10/2017 - 08:01

Ai, as ons net eenkeer kan saam staan vir 'n saak.

Hierdie is nie politiek nie, dit is Volksmoord en ons tweedrag gaan nie ongesiens verby nie.

Ek veroordeel niemand wat nie gaan swart dra nie, maar ek gaan swart dra, my klein deeltjie om te sê,

"Ek is gatvol vir die moord op onskuldige boere, oumense en kinders"

Oom Paul Kruger het by geleentheid gesê vat 'n stokkie en breek dit, kyk hoe maklik breek jy dit, vat 'n bondel stokkies en kyk of jy dit kan greek.

Eendrag Maak Mag. Maar ons boere kan met min dinge saam staan.

Hierdie is 'n saak van beginsel vir my.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/10/2017 - 10:00

Ek respekteer ander se sienswyse en wil dit nie kritiseer nie, maar ek gee graag my persoonlike opinie :-

  • Om swart te dra op 'n sekere dag gaan beslis geen impak hê op die vlaag plaasmoorde nie want die moordenaars sal hulle beslis nie daaraan steur nie
  • Om swart te dra op 'n sekere dag of paaie te blokkeer met boere se voertuie gaan net emosies opjaag sonder om die vlaag van moorde te verminder.  Dit sal beslis ook geen bydrae lewer om plaasmoorde as 'n prioriteitsmisdaad te laat verklaar nie
  • Om te vra om op 'n sekere dag en 'n sekere tyd almal te bid vir 'n veranderde situasie :  is ons van mening dat 'n gesamentlike massa-gebed eerder verhoor sal word as my binnekamer gebed met dieselfde strekking ? Ek twyfel baie sterk en glo dit het net emosionele waarde.
0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 27/10/2017 - 11:26

Daar was 12 plaasaanvalle gedurende die afgelope 6 dae.

Ek dink nie die idee van swart aantrek is om die aanvallers af te skrik of verandering aan te help nie.   Ek dink dit gaan oor meelewing wys met die boere en die wat aangeval/vermoor was.  Om simpatie te wys en amper saam met hulle te rou oor die tragiese toedrag van sake.  Ek glo dit kan vir die boere 'n riem onder die hart wees as hul sulke ondersteuning sien.   Daai boer wat die video gemaak het en die versoek gerig het, was tot in sy siel hartseer oor wat gebeur het.  Die boer wat summier doodgeskiet is, terwyl sy vrou en klein dogtertjie teenwoordig was, was 'n baie goeie vriend van hom.

Ten minste wil die mense net swart dra en het met hul bakkies 'n stille optog gehou.  Hul vaar nie die strate in en brand af, plunder en verwoes alles wat voorkom nie.   

Net soos wat ons "redes" kan opnoem hoekom laasgenoemde in ons land gebeur, net so kan ons vandag "redes" soek hoekom ons boere dit wil doen en empatie hê met hul emosies.

Miskien moet ons onsself 'n bietjie in ons boere se skoene plaas.  En wonder hoe dit voel om op 'n plaas te woon, te probeer boer sonder 'n regering wat hulle ondersteun, hul lewens gedurig in gevaar en nie weet wanneer dit dalk hul beurt is nie.  Terwyl hulle kos moet produseer vir die land, selfs vir die mense wat hulle sonder enige gevoel doodmaak.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 27/10/2017 - 19:12

Doen alles wat jy kan en glo is nodig om te doen!

Ons is nie almal dieselfde nie, party word gehoor en ander hou van dink,  ander wil weer luister en dan is daar die wat doen!

Bid saam, bid alleen, dra 'n hemp, stuur 'n epos, help iemand, wees vriendelik, skryf 'n boek, gee geld, sing 'n lied, se NEE, se JA, Laat die wereld weet!

0
Meyerton

Segekok

Sun, 29/10/2017 - 07:54

Ek dink nie dit is net die boere nie.  Almal wat wit is is n teiken. Die boere is net n makliker teiken omdat die plase ver uit mekaar is.  

Het die naweek ook met mense gepraat wat net wil oorlog maak.  Hulle reken dat die Voortrekkers ook maar teen n groot oormag geveg het.  

Dalk so maar Dingaan se impi het nie AK47's gehad nie.  Die Voortrekkers se laers was nie met die impi se woongebiede omring soos ons dorpe vandag omring is met plakkerskampe en woongebiede nie.  Die Voortrekkers se buure was ook nie die selfde as baie van ons bure vandag nie. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/10/2017 - 17:53

Ek glo nie die rowe is 'n ras-ding spesifiek gemik op wittes nie, dit word moontlik  deur "not-haves"  op die "haves" gerig waar daar items is wat geroof kan word.  Toevallig is die meerderheid wittes die "haves".  Ek stem saam dat plase geteiken word omdat dit afgeleë teikens is.

Ek glo verder die tragiese vlaag van rowe sal nie verander voordat werkloosheid en gevolglike armoede nie hok geslaan is nie.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 29/10/2017 - 21:18

Ek sien daar is 'n video van 'n swart plaas boer wat ook sê genoeg is genoeg, hy gaan ten minste opstaan vir wat reg is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/10/2017 - 05:47

Johann se kommentaar hierbo onderskryf juis my punt in my kommentaar net voor syne.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus