Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -13 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 01/11/2017 - 19:53

Op 'n selfde noot, Frans se vrou, Linda sou vandag of more gaan om 'n datum vas te maak 

dankie vir die "update" Johann -  ek het nogal vandag ook gewonder hoe gaan dit met hulle?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 02/11/2017 - 05:49

Môre môre.  'n Lekker dag vir almal!

Vandag moet ek huis pa wees, want my skoonma is innie hospitaal vir nood pankreas en Lolla het haar gaan bystaan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/11/2017 - 06:56

Dagsê almal !

Ons het vanoggend hier in die Kaap wakker geword met weerlig en donderweer ! Gelukkig is ek 'n gebore Pretorianer en skrik nie daarvoor soos die res van die Kapenaars nie.  Daarna het ons 12 of miskien 13 druppels reën gehad, maar ons bly hoopvol !

Geniet die dag !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 02/11/2017 - 07:24

Ek sien vanoggend laas jaar selfde tyd was kaap se dame gem 74% nou 35% dis skrikwekkent hoop kaap kry reen julle sit daai ketels aan die koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 02/11/2017 - 08:34

Eerstens, sterkte Voortrekker, met skoonma se operasie.  Hoop alles verloop goed en geniet die baby sitting vandag.

Len, presies dieselfde by ons gebeur presies 4.30 vanoggend.  Donderweer en blitse en daarna so 10 druppels reën.   Dit bly drukkend warm hier by ons.  

Colin het gister ons duvet huistoe geneem en somerbeddegoed en die lugverkoeler gaan haal.

Ons kan net hoop en bid dat die reën sal kom, vanaf die Kaap dwarsdeur tot hier in die Ooskaap.  Die vee vrek daagliks oral en ek sien daar word nou veevoer aangery wat boere van die Noorde aan die boere skenk.   Hier is insamelingsveldtogte vir die vervoer daarvan.

Sterkte aan almal vir die dag en maak die beste daarvan.  Nog een dag dan is dit naweek.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 02/11/2017 - 09:08

Sleep nou skrikwekkend is die regte woord om te gebruik om die water vlak in die Weskaap te beskryf.  

Dankie Freda, jnr is by die skool en kleinste kyk minions en eet 'n kossie smiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 02/11/2017 - 15:16

Dag sê almal, soos gewoonlik is ek laat?

Anton, sterkte met jou skoonma se gesondheid, ons vertrou alles sal goed afloop.

Len en Freda, hier is dit ook warm en "droog" maar by julle is dit kritiek, ons bid dat julle reen kry.

Freda, ek dra ook maandeliks by tot die droogte hulp in die Karoo en Weskaap. Dit is verblydend om te hoor dat mens se donasies reg aan gewend word.??

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/11/2017 - 17:37

Anton

Ek kyk nou weer na dié draad en het gewonder of jy hom nie dalk elke maand moe nuut begin nie en die data dan stoor soos jy die ander twee op gebreek het.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 02/11/2017 - 19:12

Hehe, Anton, is ek al weer laat vir kommentaar.Middag Johann...gaaap.  EK het nou 'n lekker middag nap gevat saam met kleinste -  nou vir 'n wakker word koffietjie of hoe?

Middag Johann...gaaap.  EK het nou 'n lekker middag nap gevat saam met kleinste -  nou vir 'n wakker word koffietjie of hoe?

My oorlee skonnma het altyd gesê, "jy ian my enige iets noem, maar net nie "laat vir ontbyt nie"".

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 03/11/2017 - 05:00

Goeie more almal hier op 'n Vrydagoggend.

Nog 'n week het verby gevlieg. Tee is gemaak en die koffie masjien is aan die gang.

Die wat op die pad gaan wees  die naweek, ry veilig en geniet.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 03/11/2017 - 05:13

Stem Dusty ry veelig soos Freda se tyd gevlieg dis weer vrydag Len bly dit het by julle gereen groot naweek vol vreugte vir jou wat hier lees

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/11/2017 - 06:48

Dit het heerlik gereën by ons met kwaai weerlig en donderweer dwarsdeur die nag.  My nuwe watertenk van 2200 liter het in 'n ommesientjie sommer bo-oor uitgeloop !  Dankie liewe Vader.

Oops, amper vergeet : Goeie môre en 'n lekker dag vir almal !

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 03/11/2017 - 06:56

Dankie Dusty, dat jy elke oggend vir ons die koffiedraad se bal aan die rol sit!

Yep Shauna, die naweek is hier.  Ek dink hier gaan baie mense by Van Stadens inkom die naweek met die hitte wat ons op die oomblik hier het.   Ons is nie gewoond daaraan dat dit so warm word in die Baai nie.

My voëltjie kinders sit rye en wag hier buite vir hul saad.   Hulle is nou al so gewoond aan my, as ek uitkom vlieg hulle nie weg nie, want hulle weet ek gee vir hulle kossies en water.  Hier is baie vinkneste met kleintjies in op die oomblik, die spulletjie is baie bedrywig.  Die mannetjies is skoon opgestres oor al die werk wat hulle moet doen, nessies in stand hou en kos aandra.   Onder my skottelgoedwasrak word die gras nou lekker lank, dit is te oulik om te sien hoe hulle die lang grasse kom afbreek vir die nessies.  Sommer 'n hele bekkie vol op 'n slag.

Geniet die begin van jul naweek!

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 03/11/2017 - 07:30

Goeie more Almal!     Len ek is bly vir die lekker reen wat julle gekry het!

Ek is weer op kantoor vandag,(skoonma se prosedure het goed afgeloop gister)

My kantoor is so 100m op die kyalami track en hier dreun en lawaai dit vandag soos die mense jaag en regmaak vir die naweek.   Dink ek moet eerder hier weg kom en kliente gaan sienin Pretoria.

Lekker dag vir almal!    Gaan nou af kombuis toe om koffie te maak.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 03/11/2017 - 07:34

More Dusty, ja jy begin altyd die koffie en tee draad??

More almal, heerlike erg warm dag hier ook, tee is klaar en nou gaan ek struike snoei?

Len, ons is so dankbaar vir jou wonderlike nuus vanoggend, prys die Heer vir julle reen

Stem saam met julle, wie ry die naweek, ry veilig en geniet wat jy doen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/11/2017 - 09:15

"Gryswater", jy is reg, "reënwater" moet te alle tye bewaar word  -  hier is 'n bewys van my verdere poging :-

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus