DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Goeie more almal…
Goeie more almal.
Naweek is om die draai. Sit reeds en tee drink.
Lekker dag vir elkeen
Môre môre. 'n Lekker dag…
Môre môre. 'n Lekker dag vir almal!
Vandag moet ek huis pa wees, want my skoonma is innie hospitaal vir nood pankreas en Lolla het haar gaan bystaan.
Dagsê !
Dagsê almal !
Ons het vanoggend hier in die Kaap wakker geword met weerlig en donderweer ! Gelukkig is ek 'n gebore Pretorianer en skrik nie daarvoor soos die res van die Kapenaars nie. Daarna het ons 12 of miskien 13 druppels reën gehad, maar ons bly hoopvol !
Geniet die dag !
More almal
Ek sien vanoggend laas jaar selfde tyd was kaap se dame gem 74% nou 35% dis skrikwekkent hoop kaap kry reen julle sit daai ketels aan die koffie loop soos stroop
More almal
Eerstens, sterkte Voortrekker, met skoonma se operasie. Hoop alles verloop goed en geniet die baby sitting vandag.
Len, presies dieselfde by ons gebeur presies 4.30 vanoggend. Donderweer en blitse en daarna so 10 druppels reën. Dit bly drukkend warm hier by ons.
Colin het gister ons duvet huistoe geneem en somerbeddegoed en die lugverkoeler gaan haal.
Ons kan net hoop en bid dat die reën sal kom, vanaf die Kaap dwarsdeur tot hier in die Ooskaap. Die vee vrek daagliks oral en ek sien daar word nou veevoer aangery wat boere van die Noorde aan die boere skenk. Hier is insamelingsveldtogte vir die vervoer daarvan.
Sterkte aan almal vir die dag en maak die beste daarvan. Nog een dag dan is dit naweek.
Sleep nou skrikwekkend is…
Sleep nou skrikwekkend is die regte woord om te gebruik om die water vlak in die Weskaap te beskryf.
Dankie Freda, jnr is by die skool en kleinste kyk minions en eet 'n kossie ![]()
Goeie middag.
Dag sê almal, soos gewoonlik is ek laat?
Anton, sterkte met jou skoonma se gesondheid, ons vertrou alles sal goed afloop.
Len en Freda, hier is dit ook warm en "droog" maar by julle is dit kritiek, ons bid dat julle reen kry.
Freda, ek dra ook maandeliks by tot die droogte hulp in die Karoo en Weskaap. Dit is verblydend om te hoor dat mens se donasies reg aan gewend word.??
Middag Johann...gaaap. EK…
Middag Johann...gaaap. EK het nou 'n lekker middag nap gevat saam met kleinste - nou vir 'n wakker word koffietjie of hoe?
Geniet hom.
Hehe, Anton, is ek al weer laat vir kommentaar.Middag Johann...gaaap. EK het nou 'n lekker middag nap gevat saam met kleinste - nou vir 'n wakker word koffietjie of hoe?
Middag Johann...gaaap. EK het nou 'n lekker middag nap gevat saam met kleinste - nou vir 'n wakker word koffietjie of hoe?
My oorlee skonnma het altyd gesê, "jy ian my enige iets noem, maar net nie "laat vir ontbyt nie"".
Goeie more almal hier op 'n…
Goeie more almal hier op 'n Vrydagoggend.
Nog 'n week het verby gevlieg. Tee is gemaak en die koffie masjien is aan die gang.
Die wat op die pad gaan wees die naweek, ry veilig en geniet.
Dit het..............
Dit het heerlik gereën by ons met kwaai weerlig en donderweer dwarsdeur die nag. My nuwe watertenk van 2200 liter het in 'n ommesientjie sommer bo-oor uitgeloop ! Dankie liewe Vader.
Oops, amper vergeet : Goeie môre en 'n lekker dag vir almal !
More mense!
Dankie Dusty, dat jy elke oggend vir ons die koffiedraad se bal aan die rol sit!
Yep Shauna, die naweek is hier. Ek dink hier gaan baie mense by Van Stadens inkom die naweek met die hitte wat ons op die oomblik hier het. Ons is nie gewoond daaraan dat dit so warm word in die Baai nie.
My voëltjie kinders sit rye en wag hier buite vir hul saad. Hulle is nou al so gewoond aan my, as ek uitkom vlieg hulle nie weg nie, want hulle weet ek gee vir hulle kossies en water. Hier is baie vinkneste met kleintjies in op die oomblik, die spulletjie is baie bedrywig. Die mannetjies is skoon opgestres oor al die werk wat hulle moet doen, nessies in stand hou en kos aandra. Onder my skottelgoedwasrak word die gras nou lekker lank, dit is te oulik om te sien hoe hulle die lang grasse kom afbreek vir die nessies. Sommer 'n hele bekkie vol op 'n slag.
Geniet die begin van jul naweek!
Goeie more Almal! Len ek…
Goeie more Almal! Len ek is bly vir die lekker reen wat julle gekry het!
Ek is weer op kantoor vandag,(skoonma se prosedure het goed afgeloop gister)
My kantoor is so 100m op die kyalami track en hier dreun en lawaai dit vandag soos die mense jaag en regmaak vir die naweek. Dink ek moet eerder hier weg kom en kliente gaan sienin Pretoria.
Lekker dag vir almal! Gaan nou af kombuis toe om koffie te maak.
More.
More Dusty, ja jy begin altyd die koffie en tee draad??
More almal, heerlike erg warm dag hier ook, tee is klaar en nou gaan ek struike snoei?
Len, ons is so dankbaar vir jou wonderlike nuus vanoggend, prys die Heer vir julle reen
Stem saam met julle, wie ry die naweek, ry veilig en geniet wat jy doen.
More almal. Mooi dag vir…
More almal. Mooi dag vir almal. Die naweek is hier geniet hom.
Gryswater...........
"Gryswater", jy is reg, "reënwater" moet te alle tye bewaar word - hier is 'n bewys van my verdere poging :-





dankie Johann
dankie vir die "update" Johann - ek het nogal vandag ook gewonder hoe gaan dit met hulle?