Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Umfula Goeie Hout -11 minutes ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -35 minutes ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -49 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -3 hours ago
Bo Umfula Johann L -3 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

swembad

Sunland
Submitted by Salome Viljoen on
Forums

Die swembad was vol alge,weens verwaarlosing daarvan. Ek is beslis nie swembad kenner en het baie gesukkel toe ek swembad begin skoonmaak. Die water is nou kristalhelder , PH blyk reg, het gebackwash,  maar ek sukkel steeds om ontslae te raak van wat lyk soos n laag sand onder op die vloer. Sit ek kreepy aan word die water melkerig,sit ek kreepy af/pomp af, dan is water weer helder,maar n sandlaag onder op die vloer, raad of n les in swembad skoonmaak asseblief? Wil graag swembad mooi hè vir die somer. Die enigste alternatief wat ek oorweeg , is om al die water te verwyder , uit te vee en van voor af volmaak, maar gaan dit die enigste oplossing wees, wil nie onnodig die water mors ?

 

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 11:49

Middag Salome

Die kenners moet maar ook raadgee. Dit is 'n lekker afsaksel wat jy daar het. Kry vir jou die besem wat jy met 'n lang stok self stoot. Die besem koppel jy in die plek van die Kreepy.

Dan stoot jy stadig die besem, terwyl dit suig, deur die afsaksel, dit moet nie warrel nie. Jy kan selfs gereeld jou filter gedurende die proses back wash. 

Ek sal jou aanraai om sommer na die opsuigproses, jou filtersand te vervang. Sodoende is jy sommer ontslae van alge reste in die sand. 

 

0
Pretoria

Geert

Thu, 10/08/2023 - 12:23

Ek sit met dieselfde probleem. Ons het nooit in die verlede hierdie probleem gehad nie, tot ons die sand van die filter vervang het. Swembad plek het gesê dit is vuiligheid van sand en hoort na so 2 backwashes te verdwyn....dis nou meer as n jaar later en steeds die probleem. Soms wil dit voorkom of HTH Chloor die afsaksels meer laat word. Ek wonder of die sand wat hulle in my filter gegooi het nie miskien van swak kwaliteit is dat dit nie ordentlik alle vuiligheid opneem nie. Iemand anders het vir my gesê dis moontlik te veel sand in filter? Ek weet nie....ek hou draad dop, hopenlik raak ek ook gehulpe

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 12:44

Middag Geert

Ek het op stadium gesukkel met troebel water. Ek gooi toe 'n flokulant is, en siedaar die water is kristalhelder, maar die lekker slymerige afsaksel op bodem.

Ek het maar net met geduld dit stadig opgesuig met besem, en met back wash reggekom. 

Ek dink daar is vreeslik baie fyn munstof/sand in die lug wat in swembaddens land. Ek kan nie meer onthou nie, dalk bevat HTH-chloor 'n bietjie flokulant, wat dan ook die fynstof bind en laat afsak. 

Ek het 10 jaar gelede my huis met swembad verkoop, so dis nou geheue wat hier opgediep word. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 10/08/2023 - 12:53

.... of oplossing vir julle probleem nie. Ek het nooit so-iets ervaar nie. Al wat ek weet is dat ek uiters dankbaar is ek na meer as 20 jaar se swembad-onderhoud, nie meer daartoe verbonde is nie. Ons het groot plesier uit ons swembaddens geput - veral die een in Tzaneen, waar 'n swembad nie 'n luukse is nie maar amper 'n noodsaaklikheid. Maar daar het 'n stadium gekom waar die onderhoud van 'n bykanse wit olifant (hier in die Kaap) 'n schlep begin raak het.

Maar diegene wat steeds 'n swembad geniet - "enjoy".

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Thu, 10/08/2023 - 13:29

Wessel jou beginsel is reg maar kry eerder die 'borsel' met wielietjies.
Dit gaan gouer as met die besem. Die besem laat dit ook warrel wat jy nie regtig wil hê nie.
Jy moet hierdie wielietjies ding ook maar stadig oor stoot sodat jy soveel as moontlik van die gemors kan opsuig.
Stel jou pomp op 'Waste' terwyl jy dit opsuig, jy wil nie daardie gemors deur jou sand filter stuur nie. As jy dit deur die sand filter laat gaan gaan jy nie regtig die probleem oplos nie aangesien dit maar net weer deur jou swembad sal sirkuleer en die sand vuil maak.
Ja jy gaan heelwat water verloor maar eerder weer optop en die probleem oplos.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 13:54

Dankie vir die regstelling, soos genoem is ek al 10 jaar klaar met swembaddenssmiley

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/08/2023 - 15:15

Ook baie dankbaar dat die swembaddens iets van die verlede is. Ek het sodra die water moeilik geraak het, en bottels van die en daai ingegooi  is, verkies om die chemiese "sop" uit te tap en van voor te begin. Daai tyd was   n swembad se water goedkoper as al die bottels chemiese noodhulpmiddels.  Ek weet sommige swembaddens mag nie leeg gemaak word nie, dink dit is die veselglas modelle, en beton baddens mag nie lank leeg staan nie. So maak maar seker voordat jy so-iets beplan.

Anton se raad van met die waste skoon te suig, klink na die beste idee. Daai op die vloer klink soos vuil filtersandstof.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/08/2023 - 19:02

Soos Anton gesê het, stem ek saam, al waar ek egter verskil, ek gebruik lankal nie meer hth nie, maar "Pool Magic" baie goedkoper en werk vir tot 'n maand per dosis van R99.00

Backwash maar gereeld, (eenkeer per week, en as dit baie wind / stowwerig was, dalk bietjie langer as die normale)  dit hou die filter sand skoon.

Hoop jy kom reg👍

0
Pretoria

Geert

Tue, 15/08/2023 - 13:46

Ek gaan môre my swembad filter se sand vervang. Gaan kyk of dit die probleem oplos aangesien, soos reeds genoem, dit nooit voorheen n probleem was nie....net na die vorige sand ruiling het probleem ontstaan. Hopenlik is daar n verskil in kwaliteit van filtersand en dat ek nou "beter" een gaan koo0. Is vir my net te veel water mors om dit net uit te suig op waste. Ek sal hier laat weet of dit gehelp het of nie

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/08/2023 - 14:15

...kyk of jy Echo sand te koop kan kry. Dit word hier naby Brits gemyn. Baie jare gebruik en nooit probleme gehad nie.

0
Pretoria

Geert

Thu, 16/11/2023 - 06:58

Ons het toe die sand vervang in die filter en binne paar dae is water mooi skoon. Ek is dankbaar, want sou nie oor my hart kon kry om 1000de liters water te laat wegspoel nie, net om stof op bodem ontslae te raak nie. 

Daar is definitief verskil in graad van sand kwaliteit....

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 09:19

Ek sal dit ook moet doen. Dis blykbaar hoekom myne se pomp nie meer die swembadskoonmaker lekker wil trek nie. Klink my dit gaan R2300 kos. Eina. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 16/11/2023 - 09:47

Ek het al filters gesien wat oopgeskeur het aan die kante.....dit kom blykbaar van vuil filtersand wat obstruksie en gevolglik druk veroorsaak .

Klink my dit gaan R2300 kos. Eina. 

Wildehont....ek het die sand by swembadplek gekoop...is omtrent R145/sak. Standaard filters vat of 2x sakke of 3x.{ Myne was 2x sakke}  Dis maklik om sand uit te haal, maar is ongerieflik as filter moeilike plek sit....die gebukkery. Ek het die tuin ingeneur gevra om uit te haal....hy is nog mooi vars. Mens moet net versigtig onder wees waar daai pyp soos spinnekop lyk. As jy nuwe sand ingooi, begin direk met n goeie backwash om vuiligheid uit sand te kry, andersins kry jy dit direk in swembad

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 09:52

Môre Chris, ek hoop jy het nog die metaalsoort sandfilter waar mens die boonste helfte kan afhaal. Dit maak die skep met klein grafie en plastiek emmertjie baie makliker. 

Ek het maar sommer onder daai spinnekop pypwerk met die kaal hand gewerk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 16/11/2023 - 11:03

................dat toe my swembad 15 jaar gelede gebou is, nie 'n sanfiltreeder geïnstalleer is nie.  Myne het 'n papier-filtreerder in en ek back-wash glad nie.  Haal die filtreerde bloot uit en spuit dit met die tuinslang skoon.  In 15 jaar het ek verlede jaar vir die eerste keer nodig gehad om 'n nuwe kasset teen R450 aan te koop. Kyk foto hieronder, grys met swart ring bo-op.

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 16/11/2023 - 13:25

Die hoekie van Len lyk nogals na die binnekant van n duikboot ! Ek is nie een om te praat nie, hier lyk dit maar rof van al die pype. Als wat pla word ook op die oppervlak gesit

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 13:37

As ek eendag my aftree huis laat bou onder in DA-land, dan sal ek Herman as bouer wil hê, en Len om na die waterwerke om te sien.

Ek droom van 'n huis waar alles wat water benodig teen die buitemure is. Dan kan die waterpype buite teen die muur loop, en net waar nodig, direk deur die muur na die wasbak ens toe.

Geen pype in mure, geen pype en geizers op plafonne nie. Net soveel minder moeite indien iets fout gaan.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 25/01/2024 - 11:11

Ek het heelwat opgelees oor my probleem met die pomp wat nie lekker wou trek nie, swembadskoonmaker wat nie wou loop nie en borrels in die water wat terug spuit in die swembad in. Ek het eers twee swembad kenners gehad wat kom kyk het, en albei het heel eerste gevra wanneer laas die sand vervang is. 
 

Die swembad is amper 6 jaar gelede ingesit, en die sand nog nooit vervang nie. Albei kenners het gesê dis my probleem, en die sand moet vervang word. My navorsing op die www het my oortuig dat dit nie noodwendig die probleem is nie. My swembad is permanent met ‘n seil bedek, behalwe wanneer ons swem. Daar kom dus bitter min vuilgoed in die bad. Van die kenners op die internet wie se menings ek gelees het reken in elk geval dat die sandfilter beter werk hoe vuiler die sand is. 
 

Volgens dieselfde kenners kan dit wel gebeur vanwee oormatige gebruik van sommige middels om water te behandel, dat die sand oortrek word met ‘n lagie wat dit minder effektief maak. Dit kan ook klonte vorm agv dieselfde rede. Ek het die filter toe oopgemaak, die pomp aangesit sodat die sand lekker los en nat is, en my arm ingedruk om dit te bevoel. Die sand was nie glad (oortrek met ‘n lagie) nie en daar was geen klonte nie. Ek het dit lekker deur geroer en weer toegemaak. Dit was amper twee maande gelede. Toe werk die pomp weer redelik goed. Die swembadskoonmaker het sy werk gedoen en die bad was só skoon dit het gelyk of dit leeg was. 
 

A

Eergister toe ek die seil afhaal sodat die kinders kan swem, sien ek die bad is nie skoon nie en die water effe groen. Gister toe ek van die werk af kom loop die pomp nog, en ek hoor sommer dit trek swaar. Toe ek die kas oopmaak, slaan daar baie warm lug uit en die silinder/kamer met die deurskynende deksel voor die pomp is dolleeg sonder water. Dis nou terwyl die pomp nog loop. 

Ek skakel toe dadelik die warm pomp af, en hoor lug iewers sis. Toe ek voel met my hand om die ronde deurskynende deksel hoor ek die lug ontsnap daar iewers. Ek gaan haal toe water en gooi bietjie oor, en sien die lug uitborrel op die deksel.

B

Toe ek dit afhaal, sien ek dis gekraak. Ek gaan koop ‘n nuwe een by Builders Express, sit dit op en siedaar! Al my probleme opgelos. Die pomp trek sterk, die kamer onder die deksel bly mooi vol, die swembadskoonmaker werk soos ‘n bom, en daar kom niks meer borrels by die return jet uit nie. Hier is die nuwe deksel in werking.

A

Die pomp het toe al die tyd lug gesuig deur die krake (daar was twee) in die deksel. Aangesien dit die naaste punt aan die invoer kant van die pomp is, en die krake seker met tyd groter geraak het, het die pomp op die ou end net lug gesuig en nie meer genoeg krag gehad om water uit die swembad te suig nie.

Die swembad kenners wat kom kyk het, het nog gesê as die nuwe sand nie die probleem oplos nie gaan hulle moet pype opgrawe om te kyk waar kom die lug in. Ek het al oorweeg om soos Oom Len ‘n omleiding in te sit om te kyk of dit dan werk, eerder as om die plavei blokke en beton om die swembad op te kap. So sou ek maar die fout deur uitskakeling moes probeer opspoor.
 

Ek is só bly dit was nie nodig nie en alles werk nou weer soos dit moet, en dat ek nie vir die plaaslike swembad kenners geluister het nie. ‘n Hele paar duisend Rand later sou hulle dalk steeds nie die werklike probleem gevind het nie. En die water sou dalk so vuil geraak het dat ek dit moet vervang.  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus