Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 minutes ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -35 minutes ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 04/11/2017 - 05:22

Goeie more.

Lekker ou Saterdag. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. Lekkerste tyd van die dag. Dit is stil in die huis. Buite kan ek die voels hoor gesels. Later begin almal woel en werskaf.

Geniet hierdie dag tenvolle

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 04/11/2017 - 06:09

Dusty, ek geniet ook die vroeë oggend se stilte.  Ek wil nie eers 'n radio of TV aanhê nie, net ek en my gedagtes.

Ek het nou ablusieblok toe gestap, toe sien ek hoe vol die kamp geword het tot laat gisteraand.  Dit lyk soos Kersfeeskamp hier by ons.

Vanoggend is sover bewolk en dit voel bietjie koeler, dankie tog!   Die reënwolke het ons gistermiddag weer net bietjie skrikgemaak en toe padgegee.

Aan al die tee en koffie drinkers, hoop julle Saterdag is fantasmagories.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 04/11/2017 - 07:04

More almal julle moet n lekke dag he die koffie loop soos stroop vanoggend

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/11/2017 - 10:45

More mense, tee was lekker met vars gebakte skons wat my dogter vir ons gebak het, mag julle dag mooi loop.

Hier is nie 'n teken van 'n wolkie nie, dit is erg warm en die voeltjies kom koel af in die voëlbakke wat ek in die tuin het. Dit is nogal raar, gewoonlik kom bad hulle laat namiddag.

Deon is seker sterk besig met die finale reelings vir sy Mos toer, geniet dit.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 05/11/2017 - 06:20

More Anton en die res. 

Dankie Anton. Het vanoggend n bietjie laat gele. Moet ook maar gebeur. Was gister te bedrywig gwees.

Sal nou nou gereed maak vir kerk.

Lekker dag vie almal

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 05/11/2017 - 06:32

Hi, kuier van gister af by ons dogter en haar gesin.

Twee kleindogters, 15 & 13 bederf Oupa erg, dra net koffie en koekies aan, skep vir my kos op, ek doen niks!

Volgende naweek bietjie by ons seun en sy gesin kuier.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 05/11/2017 - 06:35

dra net koffie en koekies aan, skep vir my kos op, ek doen niks!

lekker Arie, julle moet geniet!

PS.  is dit Petra wie die jongelinge so mooi leer?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 05/11/2017 - 06:44

Die koffie loop sekere mense kry koekies en so ander al aan die gang oppad vir grade plegdigheid jongste kry graad vir bediening in bybelskool. Koffie loop soos stroop en sien Nadal bly no 1  

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 05/11/2017 - 07:40

Ek hoop julle gaan almal 'n heerlike Sondag geniet..

Shaun, geluk met die jongste se graad.  Julle mag maar trots wees.   Dit is jammer dat Nadal alweer 'n besering het, hy was so fiks hierdie jaar.   Ek hoop sy knie kom gou reg.

Arie, lyk my die vrouens bederf jou, net waar jy kom.   Geniet die besoeke aan die kinders.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 05/11/2017 - 20:35

Hoop julle het 'n heerlike dag gehad.

Die kinders was vandag hier en klein Adriaantjie het bloed rooi verbrand in die swembad, na al die sonroom wat ons kort kort gesmeer het, kom my vrou agter, die goed het al lankal verval? Oupa sal more nuwe room gaan kry vir Buffelspoort.

Let maar asb op na die BB datuns op dinge.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 06/11/2017 - 04:57

Ek hoor die mossies vroeg vanoggend aan die gang ketel nou aan dan gaan daai koffie loop soos stroop julle almal moet n awsome dag he kom julle laat loop met die koffie / tee

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 06/11/2017 - 05:19

More Dusty en almal wat nog gaan kom koffie en tee drink!

Ek is al 'n rukkie op, dit is al lig maar geen son, 'n bewolkte oggend.   Maar die voëls sing en die see raas kliphard.

Van Stadens was baie bedrywig die naweek.   Hope karavane, tente en voertuie.    Nou is ons weer net 3 karavane hier op ons terras en alles weer rustig.

Dagbesoekers het die piekniekarea toegepak Saterdag en Sondag.  Die foto bietjie van vêr geneem om die hele prentjie te sien.

.

Baie mense hou nie van oorde wat dagbesoekers toelaat nie.  Hier is dit gladnie 'n probleem nie, hulle pla jou nie.  En daar is genoeg swemplek in die lagoen vir almal.

Ek hoop julle het almal 'n goeie begin vir die nuwe week.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 06/11/2017 - 05:31

Goeie more almal,

Julee twee is nogal vroeg op vanoggend. Tee is reeds gemaak en ek hoor die koffie masjien ook.

Was 'n lekker warm naweek gewees. Het Saterdag my skoondagter se verjaarsdag gevier. die son het ons buite gebraai daar waar ons voor die braaier gestaan het.  Haar eintlike verjaarsdag is vandag.

Lekker dag en week vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 06/11/2017 - 07:39

More almal, tee geniet dankie.

Mag julle 'n heerlike week geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus