DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Netso Dusty. Die lekkerste…
Netso Dusty. Die lekkerste tyd van die lekkerste dag van die week.
Goeie more!
Goeiemore
Dusty, ek geniet ook die vroeë oggend se stilte. Ek wil nie eers 'n radio of TV aanhê nie, net ek en my gedagtes.
Ek het nou ablusieblok toe gestap, toe sien ek hoe vol die kamp geword het tot laat gisteraand. Dit lyk soos Kersfeeskamp hier by ons.
Vanoggend is sover bewolk en dit voel bietjie koeler, dankie tog! Die reënwolke het ons gistermiddag weer net bietjie skrikgemaak en toe padgegee.
Aan al die tee en koffie drinkers, hoop julle Saterdag is fantasmagories.
More seg.
More mense, tee was lekker met vars gebakte skons wat my dogter vir ons gebak het, mag julle dag mooi loop.
Hier is nie 'n teken van 'n wolkie nie, dit is erg warm en die voeltjies kom koel af in die voëlbakke wat ek in die tuin het. Dit is nogal raar, gewoonlik kom bad hulle laat namiddag.
Deon is seker sterk besig met die finale reelings vir sy Mos toer, geniet dit.
Goeie more mense. Dusty lyk…
Goeie more mense. Dusty lyk my ek het jou vanoggend voorgespring. Kan ek vir jou tee skink?
Lekker Sondag vir almal!
More Anton en die res. …
More Anton en die res.
Dankie Anton. Het vanoggend n bietjie laat gele. Moet ook maar gebeur. Was gister te bedrywig gwees.
Sal nou nou gereed maak vir kerk.
Lekker dag vie almal
Hi, kuier van gister af by…
Hi, kuier van gister af by ons dogter en haar gesin.
Twee kleindogters, 15 & 13 bederf Oupa erg, dra net koffie en koekies aan, skep vir my kos op, ek doen niks!
Volgende naweek bietjie by ons seun en sy gesin kuier.
dra net koffie en koekies…
dra net koffie en koekies aan, skep vir my kos op, ek doen niks!
lekker Arie, julle moet geniet!
PS. is dit Petra wie die jongelinge so mooi leer?
More almal
Die koffie loop sekere mense kry koekies en so ander al aan die gang oppad vir grade plegdigheid jongste kry graad vir bediening in bybelskool. Koffie loop soos stroop en sien Nadal bly no 1
Lekker Arie. Kan hoor hulle…
Lekker Arie. Kan hoor hulle het julle gemis. Jy moet dit geniet
Goeiemore
Ek hoop julle gaan almal 'n heerlike Sondag geniet..
Shaun, geluk met die jongste se graad. Julle mag maar trots wees. Dit is jammer dat Nadal alweer 'n besering het, hy was so fiks hierdie jaar. Ek hoop sy knie kom gou reg.
Arie, lyk my die vrouens bederf jou, net waar jy kom. Geniet die besoeke aan die kinders.
Naand almal.
Hoop julle het 'n heerlike dag gehad.
Die kinders was vandag hier en klein Adriaantjie het bloed rooi verbrand in die swembad, na al die sonroom wat ons kort kort gesmeer het, kom my vrou agter, die goed het al lankal verval? Oupa sal more nuwe room gaan kry vir Buffelspoort.
Let maar asb op na die BB datuns op dinge.
More geliefde vrinne
Ek hoor die mossies vroeg vanoggend aan die gang ketel nou aan dan gaan daai koffie loop soos stroop julle almal moet n awsome dag he kom julle laat loop met die koffie / tee
More Dusty en almal wat nog…
More Dusty en almal wat nog gaan kom koffie en tee drink!
Ek is al 'n rukkie op, dit is al lig maar geen son, 'n bewolkte oggend. Maar die voëls sing en die see raas kliphard.
Van Stadens was baie bedrywig die naweek. Hope karavane, tente en voertuie. Nou is ons weer net 3 karavane hier op ons terras en alles weer rustig.
Dagbesoekers het die piekniekarea toegepak Saterdag en Sondag. Die foto bietjie van vêr geneem om die hele prentjie te sien.
Baie mense hou nie van oorde wat dagbesoekers toelaat nie. Hier is dit gladnie 'n probleem nie, hulle pla jou nie. En daar is genoeg swemplek in die lagoen vir almal.
Ek hoop julle het almal 'n goeie begin vir die nuwe week.
More Shaun. Amper groet ek…
More Shaun. Amper groet ek jou nie! Dit sou nou baie lelik gewees het van my.![]()
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Julee twee is nogal vroeg op vanoggend. Tee is reeds gemaak en ek hoor die koffie masjien ook.
Was 'n lekker warm naweek gewees. Het Saterdag my skoondagter se verjaarsdag gevier. die son het ons buite gebraai daar waar ons voor die braaier gestaan het. Haar eintlike verjaarsdag is vandag.
Lekker dag en week vir elkeen





Goeie more…
Goeie more.
Lekker ou Saterdag. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. Lekkerste tyd van die dag. Dit is stil in die huis. Buite kan ek die voels hoor gesels. Later begin almal woel en werskaf.
Geniet hierdie dag tenvolle