Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -19 minutes ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -23 minutes ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -28 minutes ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Son is rof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Roemenië - 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos gister op die ou gesprekslyn (Roemenië 2022) genoem, het ons baie skielik besluit dat ons vir ons ver kinders wil gaan kuier. Dinge het in plek begin val vandag. Ek het 'n bietjie rond ge-"shop" t.o.v. vlugte se pryse en uiteindelik vasgehaak by ons voorkeur redery, naamlik Turkish Air. Afgesien van hulle goeie pryse versus die Wes-Europese rederye soos KLM, Air France, British Air en Lufthansa, vind ons dit baie gerieflik. Ek is inderwaarheid verstom oor die hoë tariewe van die ander genoemde rederye. Qatar bied ook baie mededingende  pryse, maar ek het sekere kriteria waaraan vlugte verkieslik moet voldoen.

Beide Turkish en Qatar laat jou 2 x 23 kg ingeweegde bagasie in die ekonomiese klas toe, terwyl meeste van die ander rederye slegs 1 x 20 kg toelaat. Ons vind die groter bagasie-toelating gepas omdat die kinders gewoonlik bestellings vanuit Suid-Afrika het. En dit pas ons ook om dingetjies vandaar af terug te bring.

Maar die grootste vereiste is die "lay-overs" by jou aansluitings-lughawe. Ek verkies 'n minimum van 2 uur en 'n maksimum van 3 uur. As jou vertrek vertraag word in bv. Kaapstad, dan kos dit soms hardloop om 'n aansluiting by die volgende lughawe betyds te haal. Só het ons bv eenkeer net-net ons aansluiting by Schiphol in Asterdam gemaak, maar ons bagasie het agterweë gebly - nie lekker nie. En dan het ons eenkeer 7 uur op Zürich gewag vir 'n aanluiting en eenkeer 5 uur op Charles de Gaulle in Parys. O donkie - dan gaan tyd darem stadig verby en jou gatvol-metertjie loop hoog in die rooi.

Gevolglik vind ons Turkish baie gerieflik. 10 Uur 25 minute nadat ons uit Kaapstad vertrek het, land ons in Istanbul waar ons 'n 2 uur 30 minute "lay-over" het. En die vlug vandaar na Bucharest is slegs 1 uur 15 minute. Met die terugkeer is dit net so gerieflik. Dit pas ons soos 'n handskoen.

Noudat die vlugte bespreek en betaal is, is dit nog net die visum-aansoek formaliteite wat gedoen moet word. En gelukkig het Roemenië 'n konsulaat in Kenilworth, Kaapstad wat dinge baie vergemaklik. Nou is dit net die nodige dokumentasie se bymekaarmaak waarvan die een 'n bietjie tyd vat, naamlik 'n uitnodiging wat my dogter aan ons moet rig. Dit moet opgestel word deur 'n notaris.

En voila - as alles volgens plan verloop vertrek ons Maandag 14 Augustus vanuit Kaapstad 17:05 en arriveer in Bucharest die volgende oggend om 08:15 - vir 6 weke by ons ver kinders. O.a. is ons daar vir my kleindogter, wat daar gebore is en grootgeword het, se 17de verjaarsdag. Ouma is kinderlik opgewonde.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/09/2023 - 11:10

.............vir die verdere saamreis in Romenië met julle vakansie.  Ek wonder van wanneer af  het hulle moltreine in bedryf, sou dit reeds in die kommunistiese tyd al gewees het ?

Nou wat sê die Romenieërs van hulle komende wedstryd teen die Bokke ?  Jy sal mos nou breëbors daar kan rondloop met jou Springboktrui !

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/09/2023 - 13:41

Middag Hennie

Hulle is terug, het kontak gehad met hulle gisteraand. hulle is seker maar effe pootuit na die vlieg, by huis kom en alles weer na normaal verander.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 27/09/2023 - 14:20

Gistermiddag by die huis gekom na 'n bykans 24 uur reis vandat ons by my dogter se huis vertrek het totdat ons hier by ons huis arriveer het. Ons is nog besig om agterstallige dingetjies in te haal voordat dinge seker eers weer tot normaal sal terugkeer.

Om vir 2½ uur gedurende die middernagtelike ure op Istanbul lughawe te moes vertoef, was uitputtend. Toe ons in die vliegtuig gaan sit, wat 01:50 vertrek het, het ek dadelik 'n slaappil gedrink. Ek was so moeg dat ek aan die slaap geraak het nog voordat die vliegtuig vertrek het en eers om 06:30 (05:30 SA tyd) wakker geword het. Maar om toe vir meer as 6 uur die tyd te verwyl tot 11:40 (toe ons geland het) was 'n straf - jy sit ongemaklik in die bekrompe spasie en jou gat is deurgesit. Jy sit letterlik 6 ure van jou lewe en omwens.

Ons was bekommerd dat my seun ons dalk nie op die lughawe kon kom haal nie a.g.v. die paaie-situasie in die Wes-Kaap, maar hy kon dit darem bewerkstellig. Ons was net baie lank teen Sir Lowryspas opgehou met 'n Stop/Go stelsel terwyl hulle besig was om modderstortings op te ruim. Clarence Drive (tussen Gordonsbaai en Rooi-els) sal waarskynlik vir weke (indien nie maande) gesluit wees - dus was dit nie 'n opsie nie. Die brug oor die Palmietrivier tussen Kleinmond en Bettiesbaai is ook sodanig beskadig dat dit ook gesluit moes word.

Nietemin - ons is veilig tuis en baie gelukkig dat ons geen skade by die huis het nie. Ons tuin is egter sjornat - selfs op die grasperke sak jy in. Ons val  nog bietjie rond, maar ek reken van môre af sal ons weer min of meer terug by normaal wees.

Dit is 'n voorreg om by jou kinders daar ver te gaan kuier, maar .... Mense, ek is nie meer bedoel vir lang vlugte nie. Ek is allergies vir lughawens en vliegtuie. Gesien in die lig van genoemde "allergie" en die kostes (veral vir 'n pensioenaris), wonder ek of dit nie waarskynlik die laaste keer was wat ek so-iets aangepak het nie.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/09/2023 - 14:59

Ons is bly julle is veilig tuis. Vlieg is ‘n pyn in die agterent (letterlik) maar daarsonder sou mens darem lank op ‘n boot gesit het Europa toe! Geniet die tuiskoms en wat daarmee gepaard gaan. Ons het gelukkig ook geen skade gehad nie, maar ek sê vanoggend vir ‘n kollega; dink net mens moes in die afgelope naweek se reën in ‘n plakkershut gesit het. Of ‘n tent…

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 28/09/2023 - 05:45

Dankie  Wessel. 

Welkom terug ChrisB. Ja, my grootste bekommernis was oor die paaie situasie by julle en toegang tot Kleinmond.

ChrisS, ek het dieselfde vir Doreen gesê rondom die plakkershutte.

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 28/09/2023 - 07:56

Ek kan dink julle is poegaai. Toemaar die boude sal na so week weer rond wees en nie meer vierkantig nie. 

Bly julle kon veilig by die huis uitkom nadat daar so baie waterskade was. Ai tog die krag van die natuur is maar net onmeetbaar.

Nou kan julle net bietjie rus en asemskep.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/09/2023 - 11:19

... maar wat dit is (lees: "grootliks opgef.."), maar tog is dit lekker om terug by die huis te wees. Lekker om terug te wees by my plaaslike kinders en kleinkinders, vriende, bure ens. Ek kan weer verstaan wat die mense praat.

Dit was 'n voorreg om daar anderkant te wees. Dit was lekker om 24/7 veilig te voel - waar ons ookal was. Maar 'n ou boom verplant nie maklik nie. My kinders is baie gelukkig daar anderkant en gee geen oorweging om ooit permanent terug te keer SA toe nie - alhoewel hulle maar baie verlang na sekere aspekte (soos die wildtuin).

Daar bestaan darem 'n baie groot moontlikheid dat hulle laat-Maart bietjie "huistoe" kom. Een van hulle Noorweegse medewerkers wil graag SA besoek en het aangebied om hulle vlugkostes ook te betaal, want hy wil hê my kinders moet as gids vir hulle optree. Ek kan nie sê hoedat my vrou natuurlik wens dat dit sal realiseer nie. Hulle wil dan aanbly vir my skoonseun se pa se 80ste vroeg Junie. Die kanse bestaan dus dat hulle dalk selfs saam met ons in Mei wildtuin toe kan gaan. Net my kleindogter is nie opgewonde oor só 'n lang verblyf in SA nie. Sy is maar 'n Roemeen en Roemenië is maar haar tuisland. Sy sal waarskynlik vroeër terugkeer (indien hulle besoek realiseer).

Dankie vir almal se verwelkoming hier in my tuisland. Nou kan ek die laataand-wedstryde darem op 'n meer respektabele tyd kyk. Synde dat Roemenië se tyd 1 uur voor ons is, begin die aand-wedstryde eers 22:00 daar anderkant teenoor 21:00 hier by ons. Ek het maar gesukkel om wakker te bly - veral as die All Blacks laataand hulle vervelige rugby speel 😇😇. (Ai Gert Viljoen - ek wou my bek hou, maar ek kon nie).

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 28/09/2023 - 11:31

veral as die All Blacks laataand hulle vervelige rugby speel 😇😇. (Ai Gert Viljoen - ek wou my bek hou, maar ek kon nie).

 Ek moes weer inlog maar hier is ek.   Ek hoop alles werk mooi vir julle uit.  Ek verstaan die verlange al te goed.  My twee seuns kom einde November weer huis toe van die VSA.  Ek tel al dae af soos 'n skoolseuntjie.

Knieknakkertjie,   Julle, JA stemmers,  moet hoop Tonga is nie op hulle stukke en wen die Proteas nie.  Dan is dit nie meer Paris in France nie maar Parys in die Vrystaat waar hulle kan rondshop en koffie drinkdevil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/09/2023 - 12:24

... daar het Dinsdagaand 'n lamstjoppie op die kole geval en gisteraand 'n galjoen (my lus vir vis was amper groter as vir braaivleis). Ja, simpel ouman het meer gesukkel met sy vislus as sy braaivleislus die afgelope 6 weke.

Vanaand is dit tuisgemaakte springbokpasteitjies.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 28/09/2023 - 14:08

Goed om te hoor julle is lekker fris en vars na die kuier. Sien ek hier op my kalender dat jou oorspronklike Karoo N Park trip vandag sou klaarmaak.

Geniet die Huis, en hoop die grasmasjien hou jou jonk en fiks na al die reen.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus