Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Roemenië - 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos gister op die ou gesprekslyn (Roemenië 2022) genoem, het ons baie skielik besluit dat ons vir ons ver kinders wil gaan kuier. Dinge het in plek begin val vandag. Ek het 'n bietjie rond ge-"shop" t.o.v. vlugte se pryse en uiteindelik vasgehaak by ons voorkeur redery, naamlik Turkish Air. Afgesien van hulle goeie pryse versus die Wes-Europese rederye soos KLM, Air France, British Air en Lufthansa, vind ons dit baie gerieflik. Ek is inderwaarheid verstom oor die hoë tariewe van die ander genoemde rederye. Qatar bied ook baie mededingende  pryse, maar ek het sekere kriteria waaraan vlugte verkieslik moet voldoen.

Beide Turkish en Qatar laat jou 2 x 23 kg ingeweegde bagasie in die ekonomiese klas toe, terwyl meeste van die ander rederye slegs 1 x 20 kg toelaat. Ons vind die groter bagasie-toelating gepas omdat die kinders gewoonlik bestellings vanuit Suid-Afrika het. En dit pas ons ook om dingetjies vandaar af terug te bring.

Maar die grootste vereiste is die "lay-overs" by jou aansluitings-lughawe. Ek verkies 'n minimum van 2 uur en 'n maksimum van 3 uur. As jou vertrek vertraag word in bv. Kaapstad, dan kos dit soms hardloop om 'n aansluiting by die volgende lughawe betyds te haal. Só het ons bv eenkeer net-net ons aansluiting by Schiphol in Asterdam gemaak, maar ons bagasie het agterweë gebly - nie lekker nie. En dan het ons eenkeer 7 uur op Zürich gewag vir 'n aanluiting en eenkeer 5 uur op Charles de Gaulle in Parys. O donkie - dan gaan tyd darem stadig verby en jou gatvol-metertjie loop hoog in die rooi.

Gevolglik vind ons Turkish baie gerieflik. 10 Uur 25 minute nadat ons uit Kaapstad vertrek het, land ons in Istanbul waar ons 'n 2 uur 30 minute "lay-over" het. En die vlug vandaar na Bucharest is slegs 1 uur 15 minute. Met die terugkeer is dit net so gerieflik. Dit pas ons soos 'n handskoen.

Noudat die vlugte bespreek en betaal is, is dit nog net die visum-aansoek formaliteite wat gedoen moet word. En gelukkig het Roemenië 'n konsulaat in Kenilworth, Kaapstad wat dinge baie vergemaklik. Nou is dit net die nodige dokumentasie se bymekaarmaak waarvan die een 'n bietjie tyd vat, naamlik 'n uitnodiging wat my dogter aan ons moet rig. Dit moet opgestel word deur 'n notaris.

En voila - as alles volgens plan verloop vertrek ons Maandag 14 Augustus vanuit Kaapstad 17:05 en arriveer in Bucharest die volgende oggend om 08:15 - vir 6 weke by ons ver kinders. O.a. is ons daar vir my kleindogter, wat daar gebore is en grootgeword het, se 17de verjaarsdag. Ouma is kinderlik opgewonde.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/07/2023 - 11:23

The Russians bombed the port of Reni, a few kilometres from Romania and close to the border with Moldova

 my kinders is juis vanoggend Oekraïne toe vir 'n troue. Hulle bly oor by Michelle Potgieter - daar was baie van hulle geskryf in plaaslike media oor hulle werk in Oekraïne. Dit laat ons maar 'n bietjie "jittery" voel, maar ons berus daarby.

My kinders was verlede naweek in Reni. En 'n week later bombardeer die f@##^& Russe die plek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/07/2023 - 07:39

Môre Chris B

Laat ons nou nie jou gesprek oor kuier by kinders besoedel met die Russe se magsbeheptheid nie. Ek raak sommer skoon bemoerak, en teleurgesteld in NAVO.

NAVO bly sê dat dit 'n uitgemaakte saak is dat Oekraine lid gaan word, MAAR nadat oorlog be-eindig is. Word hulle nou dadelik deel van NAVO, moet NAVO daadwerklik tot die oorlog toetree, wat blykbaar hulle nie wil doen nie. 

My seun se skoonouers is Pole, en hulle is ook maar op hete kole.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 09/08/2023 - 17:12

Die woord “kommer” is amper ‘n ligtelike beskrywing van die gevoel waarmee ek gisteroggend 05:00 wakker geword het. Ons moes vroeg wikkel om vir Ralie 07:45 by die radioloë in Somerset-Wes te hê. Ek het my sedert Maandagmiddag stilweg reggemaak om ons beplande kuier in Roemenië uit te stel. Ralie kom al vir ‘n tydjie aan met ‘n sporadiese gevoel van ongemak en pyn in die bobuik wat kom en gaan. Sy het oor die afgelope maande,  reeds twee sonarskanderings gehad, bloedtoetse ondergaan en ‘n kameratjie gaan sluk ten einde te probeer vasstel wat die hinderlikheid veroorsaak. Na ‘n kort wyle van intense pyn Maandagoggend, wat weer net so vinnig verdwyn as wat dit verskyn, het ons huisdokter besluit dat sy maar weer ‘n sonarondersoek vir galstene moet ondergaan. Sou die skandering galstene uitwys, was dit ‘n gegewe dat ons die besoek sal moet uitstel. Maar weereens kon daar niks uit die sonar wysgeword word nie. Die medici se aanbeveling is “gaan kuier”.

Tog gaan sy oormôre-oggend vroeg in vir ‘n klein prosedure by Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes. Sy moet reeds om 6:30 inklok en daarom het ons besluit om môre-aand in ‘n Lekkeslaap-plekkie in Somerset-Wes oor te slaap ten einde vroegoggend by die hospitaal te wees. Daardie geykte sêding dat ouderdom nie vir sissies is nie, blyk baie waar te wees. Ek het verlede week vir Wessel in ‘n WhatsApp genoem dat ek en Ralie in die tyd gebore is toe ons liggaam se “water works” klaarblyklik nog met outydse galvaniese pype toegerus is. En selfs gegalvaniseerde pype neig maar om soms na baie jare se diens ‘n bietjie op te pak. Myne is al etlike jare gelede opgeknap toe my prostaat geskraap moes word. Waar ek voor die prosedure moes mooi piepie om nie my skoene nat te maak nie, kan ek sedertdien amper bo-oor my Hilux water afslaan.

Maar nou het Ralie se pype begin toeslik. Daarom gaan sy Vrydag vir ‘n klein prosedure om die roes uit die “galvanized” pype te laat verwyder. Wessel sê hulle doen dit met ‘n klein draadborsel. Maar die uroloog is vol vertroue dat sy reeds die volgende dag slaggereed sal voel om die vliegtuig eerskomende Maandag te bestyg om met vlug TK45 anderland toe te vlieg. Gevolglik het ons vandag begin tasse pak.

Turkish Air laat ons gelukkig 2 x 23 kg ingeweegde bagasie toe. Die kinders se bestelling van Suid-Afrikaanse goedere se totale gewig beloop meer as 21 kg. Dit wissel van Aromat tot Weet-Bix – as ek alfabeties na die lys kyk. Tussenin is daar nog o.a. Cadbury sjokolade, NikNaks, kremetart, Cream Crackers, Rooibostee, appelkooskonfyt, Marmite en Cream Soda – en vele ander items. O.a. ook “panties” van Woolies – my dogter is net so vol nonsens soos haar pa wat sy onderklere slegs by Woolies koop.

Intussen is ons in kennis gestel dat ons vlug vanuit Kaapstad 45 minute vroeër vertrek omdat dit die tyd is wat die vlug langer duur sedert rederye tans nie ‘n direkte lyn oor Niger mag vlieg nie. Laasgenoemde het hulle lugruim gesluit na die staatsgreep wat uitgevoer is. Dit beteken ‘n ekstra 45 minute van ongemaklike beknoptheid vir hierdie ou grote.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 09/08/2023 - 18:10

Naand Chris, sterkte vir Ralie en ook julle twee se vlieg rit, ek sit net vanoggend en wonder wanneer julle vertrek.

Is net verbaas dat julle sulke kosse mag oorvat, ons mag geen kosse na Australia vat nie, veral biktong word spesifiek na gevra as jy daar grond vat.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/08/2023 - 19:22

Naand Chris B

Jy moenie my mediese raad wat ek gratis per whatts-up deel, hier herhaal nie. Die ouens sal dink ek is in my vrye tyd nog 'n loodgieter ook.laugh

Ons hoop alles verloop klopdisselboom met Ralie. Dan natuurlik ook dat julle SONDER enige voorvalle betyds op die lughawe sal kom.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/08/2023 - 07:18

Hello Chris. Magties so tussen skanderings, plumbing uitsoorteer, en tasse pak bly julle goed besig. By wie gaan Stoffel kuier, is mos die pappegaai se naam? Ek dink nou aan n vriend wat n African Grey gehad het wat baie lief was om hoenderbeentjies te kou. Sy vrou het vir hom gese dit lyk darem nie reg as hy so aan die been sit en kou nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 10/08/2023 - 08:02

Ek kan nie glo julle vertrek (hopelik) eersdaags nie. Tyd vlieg darem maar! Ek hoop en vertrou saam dat Mev Boucher wel gereed sal wees om te gaan. Dis eintlik beter as so iets voor die tyd gebeur. Ek glo die mediese fasiliteite anderkant die water is goed, maar ek sal eerder die Prado se waterpomp voor ‘n toer vervang as wanneer ek op pad is (jammer vir die vergelyking, maar ek glo julle weet wat ek bedoel).

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 10/08/2023 - 08:11

.... gaan vir die tyd wat ons weg is by my seun kuier - inderwaarheid by my skoondogter, want hulle twee het 'n moerske "liking" in mekaar. My skoondogter het al aanvaar dat sy eendag vir Stoffel(ina) gaan erf, want dié voëls raak mos oud. Sy raak-raak aan 27 jaar oud en hulle leeftyd word gereken op 70 jaar+. En ek en Ralie raak beide aan 70.

Ja, en die sy is nét so lief vir 'n hoenderbeen. Ek't al baie vir Ralie gesê dit grens aan kannibalisme.

Verder het ek so 'n bietjie van 'n kommer oor Maandag se rit lughawe toe. Ek wens die taxi-base stop nou hulle str0nt. Ons is juis vanoggend ingelig dat ons sekere dele in Kleinmond vandag moet vermy. Lekker ou nuwe Suid-Afrika.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 11/08/2023 - 12:03

Ralie loodgieterswerk is vanoggend suksesvol afgehandel. Niks wat 'n stukkie "plumbing tape", goeie koperlaste en 'n waterpomptang (in die hande van 'n uroloog) nie kan regkry nie.

En die taxi-staking is verby - daarom kan ons met 'n geruste hart Maandag lughawe toe ry. Dus word die inpakwerk oor die komende naweek afgehandel.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/08/2023 - 13:18

Middag Chris B

Bly Ralie se loodgieter behandel was suksesvol. Sy moet tog aanleer om water nie so skoon te drink nie.

Ek aanvaar julle gaan lughawe toe met 'n shuttle diens. 

As ons niks verder hoor nie, weet ons julle maak verwoed reg. Geniet julle kuier.

0

Ek is so bly dit gaan nou beter met Ralie. 'n Mens skrik mos maar as die dinge op ons ouderdom nie meer so lekker werk nie. Ek sal ook maar eersdaags na my "piston" moet laat kyk. Ook maar so bietjie water op die starter. Geniet julle oorsee se vakansie en stuur fotos.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 11/08/2023 - 16:54

.... Maandag, is saam met ons seun wat ons hier by die huis kom haal. Gou eers vir Stoffel(ina) by sy huis in Grabouw aflaai en dan wil ons nie later as 13:00 by die lughawe wees nie. Ons laat maar gewoonlik die tasse "wrap".

Johann - nee ons het nie probleme met die kos-items wat ons saamneem nie. Dierlike produkte, soos biltong of kaas, is egter verbode. En hulle het ons nog nooit voorgekeer om ons bagasie te deursoek nie. Ek glo egter dat ons binne die regulasies is. As hulle dit wel as ongemagtigde items vind, word dit net gekonfiskeer. As hulle sou vra wat ek in my bagasie het, sal ek egter eerlik wees. Daar hoef jy egter nie 'n getekende verklaring in te dien soos in Australië nie.

Servaas - jou uitdrukkings van die "piston" en water op die "starter" vind ek baie kostelik.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/08/2023 - 14:26

Alhoewel dit blyk dat ons ver binne ons gewigs-toelating vir ons bagasie gaan wees, kos dit steeds mooi beplan en pak t.o.v. watter items word waar in watter tas gepak. Ons het 4 lekker harde tasse wat ons by my seun leen, maar jy moet só mooi pak dat die items nie binne rondskuif of rondval nie (veral die breekbare items soos Tennis beskuitjies en Cream Crackers - ten spyte van die feit dat elke item afsonderlik in "bubble wrap" toegedraai is). Ons gebruik net 3 van die tasse, maar dit kos mooi meet en pas (en weeg) sodat almal binne hul maksimum gewigsgrense van 23 kg is.

Ek reken toe dat ek dalk vir ons lekker sitplekke met meer beenruimte moet bespreek. Maar om $199 per persoon (een rigting) te moet betaal, pas nie in my begroting nie. M.a.w. gewone "cattle class" is maar ons voorland. Net om enige ander ekonomiese klas sitplek vooraf te bespreek (sodat jy nie hoef te vat wat hulle vir jou gee nie) kos $39 per persoon. Sulke kuiers raak net duurder en duurder. Ek begin al hoe meer besef dat hierdie dalk ons laaste Roemeense besoek sal wees.

Die "loodgieter" het darem gister klaarblyklik 'n goeie "joppie" gedoen met die antie se waterwerke. Sy weet van geen pyne of skete vandag nie. Hy't gewaarsku dat sy dalk vandag 'n bietjie ongemak mag ervaar - maar daar's geen teken van so-iets nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/08/2023 - 16:06

...vir my 'n wêreldtoer voor. 

My seun het met hulle besoek aangebied om te betaal, maar dit is natuurlik nou nie iets wat ek kan aanvaar nie.

Boonop is ek doodsbenoud vir oorsee vlieg, bloot weens taal probleme. Ek het amper in Duitsland per trein verdwyn.

Sterkte vir klaar pak, lughawe rit en vlieg. DAN, geniet julle kinders en kleinkinders.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/08/2023 - 16:39

My seun het met hulle besoek aangebied om te betaal, maar dit is natuurlik nou nie iets wat ek kan aanvaar nie.

Ek wens my kinders was in 'n posisie wat hulle vir ons kaartjies kan betaal. Ek sou so-iets nog so nooit van die hand wys nie. Vir kinders oorsee wat Euro's, Dollars en Ponde verdien is ons kostes amper "peanuts". My kinders verdien dit ongelukkig nie. Hulle is maar afhanklik van aalmoese vanuit verskeie wêrelddele waaronder Suid-Afrika, Noorweë, VSA, Kanada, Ierland ens. Toe ek nog gewerk het kon ek dit darem soms bekostig om hulle hiernatoe te laat vlieg. Nou's ek net 'n pensioenaris. En buitendien benodig hulle nou kaartjies vir 3 persone.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 13/08/2023 - 14:47

Mens kan verstaan dat lugrederye sukkel om winsgewend te bly te midde van duur brandstof, landingsfooie en afnames in reis soos na 11 September se terrorisme aanval en tydens Covid. Dis egter baie sleg dat mens nou ekstra moet betaal vir ‘n sitplek by die nooduitgang. 
 

Die kere wat ek oorsee gevlieg het kon mens gelukkig nog gratis daar sit solank jy gesond en beweeglik genoeg was. Met my lengte (1,98m) het hulle my altyd maklik daar laat sit. Dit het wel een keer nie so lekker uitgewerk nie. 
 

Ek het met Emirates iewers heen gevlieg, en ‘n nooduitgang sitplek aan die linkerkant van die vliegtuig gekry. Dis toe ongelukkig blykbaar aan Mecca se kant, en die hele vlug lank het Moslems met hulle matjies tou gestaan om voor my voete te bid. Dit het beteken dat ek glad nie my bene kon reguit maak nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/08/2023 - 15:10

... met die pakwerk. Nog net enkele klein dingetjies om môre-oggend af te handel. Oor bietjie meer as 'n uur kan ek inboek - en vertrou maar hulle gee vir ons sitplekke waar ons nie oor andere hoef te klim as jy wil toilet toe gaan nie - of andere dan oor jóú hoef te klim nie. Andersins sal dit maar $39 per persoon wees om te verander.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 13/08/2023 - 16:41

Chris, daai $39 is bokkerol. As ek met my skralerige lyf voel of ek binne n Sardynblik sit, kan ek my nie indink hoe jou 120kg dit geniet nie.

Dan op die noot van troeteldiere. Hierdie oupa se hartjie is kleiner as n muis sin. Peanut, my hart se punt se optel katjie wat net 3 jaar oud geword het, en aan Feline leukemia gely het, se foto is nou nog my scereen foto. Ek dink werklik nog gereeld aan haar. En my beste optel hond ooit, Rigter wat al in 2014 gaan sterre jag het. Ek kry sommer n knop in my keel net om dit te skryf. Groetnis.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/08/2023 - 17:19

... om $39 te betaal net om op 'n ander ongemaklike plek te gaan sit? - aikôna. As ek meer beenruimte verlang gaan dit my $199 kos - meer as R7000 vir die 2 van ons. Ek het nie daardie tipe geld beskikbaar nie.

Ons is darem ingeboek en kon darem 2 sitplekke in die middel van die vliegtuig kry waar ander nie bo-oor jou hoef te klim nie. Dit is egter amper heel agter in die vliegtuig. Op die kort vlug tussen Istanbul en Bucharest het ons ook 2 plekke langs die paadjie gekry, maar gelukkig is dié 'n kort vlug - beswaarlik 'n uur.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus