Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -41 minutes ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 hour ago
Slaap al die ou toppies na die stemmery November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Dromme November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Goeie Hout -1 hour ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 13/12/2023 - 13:27

Donderboschfontein naby Delpoortshoop

Dankie vir jou hulp en voorstelle Wessel, waardeer. Hierdie plek is ook ver vanaf roete. Lyk of ek op die einde maar tog soos oorspronklik beplan een slag deur ry. Bloemfontein oor sê die mense is laaste gedeelte voor Orania vrot van die slag gate. As mens van Bloemfontein oor Kimberley ry klink dit soos n hengse klomp ekstra kilometers. Riverside klink amper na die enigste opsie op die oomblik, maar is te naby aan Orania

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/12/2023 - 13:32

Geert, eintlik is jy reg, 120km in/uit van N12 en dan nog grondpad is erg.

Ek kan Ritchie se oord aanbeveel, daar is darem 'n swembad ook op die perseel. Ongelukkig is jy dan relatief naby aan Orania.

Dalk moet jy maar 'n gastehuis opset oorweeg, waar voertuig en wa agter 'n hek staan. Jy kan mos maar die seun in die wa laat slaap vir die aand.

Ek het nounet na my roete boeke gaan kyk. Dit is ongeveer 170km verder Bloemfontein om Kimberley toe, as skuins af met N12 vanaf N1/gordonweg.

Dalk is Aldam oorslaap [goedkoop] en ekstra 170km se brandstof, goedkoper as 'n gastehuis langs N12. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 14/12/2023 - 09:22

Nee wraggies!  Hoe het ek julle dan geleer.  Ek sal maar wag tot ouma weg is en dan my 2 manne aantree en moo0i met hulle gesels.    

Gister laatmiddag met hulle terugkoms vannaf weesgerus se week kamp het ek sommer dadelik die kar begin aflaai.   Mense!   Wat 'n gemors.  Alles net oral ingedruk en een deurmekaar spul.  Kos oral in los sakkies en ouma se haardroeër en cosmetics in die coller boks.    Al die skottelgoed is vuil en braaivleisels nog op die rooster.

Maar ja, belangrik is dat hulle lekker gekamp het .... maar ons sal nogsteeds later 'n appeltjie skul smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/12/2023 - 16:34

Geert, hoeveel jaar ry ons al ons voertuie en waens sonder so 'n ekstra doppie nie, en het ons nooit probleme weens vullis[stof] gehad nie. 

As die dingetjie nou 'n termokoppel ingehad het, en 'n sein gee van die wiellaer temperatuur, het ek gekoop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 17:45

Hoe vind julle die nuwe webblad?? Ek het nou 'n rukkie daar rondgekrap, en dink die oue het makliker gewerk.

Dalk is dit net vreemdfrown

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/12/2023 - 16:26

Middag, met verwysing na insette onder Jeanne se neuswiel gesprek, mag ek prontuit vra----besit/bedryf/bestuur jy 'n winkel wat kampeertoerusting aanhou. 

Jy kan net ja of nee antwoord, maar dan weet ek om eers hier te vra vir 'n produk alvorens ek orals begin soek.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 17/12/2023 - 17:06

Ek koop en verkoop kampeer toerusting vir ekstra inkomste. Dit het begin paar jaar terug toe my werk as kontrakteur skielik erg opgedroog het weens groot kontrak wat ek oornag verloor het wat basies 99% van my inkomste was. Om nuwe kliente toe vinnig te werf was moeilik en moes toe dringend ander bron van inkomste soek om maandelikse uitgawes te dek....vandaar hierdie begin. Ek adverteer net op facebook onder die naam OUTDOOR GOODIES. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/12/2023 - 20:04

...dankie vir die inligting. Ek gaan jou besigheid se naam oordra aan 'n vriend wat moontlik baat daarby kan vind.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/12/2023 - 09:20

Ek het al n hele ruk terug my voertuig lisensie bestel via Enatis se website. Betaal en die R99 aflewering ook betaal. Dit val my nounet by dat ek nog nooit die lisensie skyf ontvang het nie. Nommer op hul website sê automaat dat nommer nie meer bestaan nie. Miskien hoor of poskantoor kan help op kort kennisgewing aangesien Enatis nie dink ek sal kan uitsorteer voor môre nie

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 10:14

wanneer verval jou lisensie? Onthou daar is 21 of 23 dae grasie daarna. Dalk is julle terug by die huis voordat dit gebeur. Ek stel voor dat jy al jou betaalbewyse aan Enatis saamry as bewys dat jy betaal het vir nuwe lisensieskyf. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/12/2023 - 10:25

Wessel....al Oktobersurprise. Ek het al sms'e gekry met links wat hulle sê ek moet op kliek om oop te maak, ek het totaal van lisensie vergeet en gedink daai sms is scam omdat ek niks aflewering verwag het nie. Op sms het ook nie gestaan waar pakkie vandaan kom nie....so kon steeds scam gewees het? Was nou by poskantoor, maar hulle sê ek moet direk met lisensie kantore kontak maak

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 18/12/2023 - 10:26

Dink nie SAPO sal kan help met 'n lisensie wat deur eNATIS self uitgereik en afgelwer moes word nie...maar Geert kan seker niks verloor deur te gaan hoor nie. Die grasie na die verval datum is 21 dae nie 23 dae nie...nie te seker wat die wetlike status is sou mens tydens daai 21 dae afgetrek word nie, daar is lyk my organisasies/individue wat reken jy kan beboet word, ander reken weer nee...hang seker maar af van die "spietkop op daai oomblik" en sy gemoedstoestandlaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/12/2023 - 11:55

Dink nie SAPO sal kan help met 'n lisensie wat deur eNATIS self uitgereik en afgelwer moes word nie...maar Geert kan seker niks verloor deur te gaan hoor nie. 

Ek het gehoop dat mens miskien n vroee hernuwing by poskantoor kan doen en dan pro-rata volgens maande betaal, maar hulle kon so ook nie help nie....moet in hernuwings tydperk wees. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 15:30

Betaal en die R99 aflewering ook betaal. Dit val my nounet by dat ek nog nooit die lisensie skyf ontvang het nie. Nommer op hul website sê automaat dat nommer nie meer bestaan nie. 

Teken in op hulle webwerf en gaan na Vehicle renewal status. Daar moet die besonderhede van jou aansoek wees.

 

A 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus