Help my asb. Ek lees op die FB groepe dat woonwa bande n "C" gradering moet hê.
My vraag is dus nou. Is dit werklik nodig?
As ek na n band kyk bv. 175/80/R14 88 T Gee dit vir my die volgende.
175 die breete in mm 80 die wand hoogte in % van die breete en dan die R wat aandui dat dit n "RADIAL" is en die 14 wat dan die "RIM" groote aandui. Die volgende is wat vir my hier belangrik is en waarom ek die vraag vra. Die 88 Gee vir my n draevermoë van 560Kg wat veilig is by die spoed van ( die "T") van 190km/h. met dan ook in aggeneem die maksimum druk.
Ek sleep nooit my wa teen daai spoed nie( dink nie die GWM gaan dit haal nie) ek laai ook nie my wa tot sy volle GVM nie en die bande is nooit so hard gepomp nie.
My wa se volle GVM is steeds onder die gewig wat die band kan dra.
Inruilprys??
Middag Len
Gee hulle jou iets [afslag] vir die ou bande? Daardie bande wat jy gaan afhaal, gaan hulle verkoop aan 'n taxi of 'n boer. Boere gee nie om, om sulke goeie bande op 'n sleepwa wat net plaaswerk doen, te sit nie.
Ek wonder hoeveel bande wat ons laat afhaal, eindig met lang ompad weer op die pad.
Wessel.....
.......ja beslis, ek gaan dit aan taxi-ouens hier naby verkwansel - dis presies die grootte bande wat hulle gebruik.
Dink nie daar is fout dat…
Dink nie daar is fout dat Len die bande verkoop nie? Daar is nog 2 jaar voor die "best by date" verstryk en n Taxi sal dit seker in 6 maande opgebruik.
Dit is nog n groen besluit ook, Dave Peppler sal beslis saamstem. En...Len kan sekerlik die inkomste gebruik om die wingerboere te ondersteun. Dit is nou n wen, wen. Taxi, wynboere, omgewing en Len.
En more ry daai hewig…
En more ry daai hewig oorlaaide taxi in jou of iemand anders vas nadat een van die "goeie" bande gebars het....Druk liewers 'n gat in elkeen se sywand om hulle onbruikbaar te maak?
Grootwind, maw jy se dat n 8…
Grootwind, maw jy se dat n 8 jaar oue band gevaarlik is? Tot op watter ouderdom is dit dan nou veilig. Gaan lees wat se Michellin, n band se leeftyd is tien jaar Punt. My voertuie doen min kilos, en ek vervang na 10 jaar, nie 6 of 8 nie, 10 jaar en dan word bande ashoop toe gestuur. Verlede week my 110 se bande vervang na 10 jaar. Dalk so 30k gedoen, en gehawend gelyk, maar met baie loopvlak. Die spesifieke stel het nie een puncture in 10 jaar gekry nie, en hard werk was alledaags.
Grootwind...
Môre my vriend
...en daar lê die probleem, in jou eie woorde " hewig oorlaaide taxi".
Selfs 'n splinternuwe band wat nie voldoen aan 'n taxi se bruto gewig nie, sal ook bars.
Jare gelede staan ek by 'n garage en langs my staan 'n volgelaaide taxi. Die taxi bande staan so volrond soos 'n Grunberger Stein bottel. Seg ek vir die drywer---pomp bietjie daai bande. Antwoord hy--nee, nou ry hulle lekker sag op die lyf. Met daai logika kan mens mos nie stry nie, en die rede vir taxi ongelukke word meet duidelik.
Nie die moeite werd nie
My Everest se vorige stel wat toe net ses jaar oud was en net 50 000km gery het wou ek verkoop aan een van daardie informele bandverskaffers in die plaaslike swart woonbuurt. Hy wou my R400 gee vir al vier bande. Ek het hulle toe op die 4x4 forum gesmous vir R2 000 aan ‘n ou wat bande vir ‘n projek kar wat hy besig is om te bou gesoek het. Dalk bied ‘n taxi meer as ‘n tweedehandse bande handelaar aan maar ek twyfel.
Ou spaarwiel
My Hilux is 'n 2013 model, en die spaarwiel het nog nooit gewerk nie. Ek beplan om die bakkie se 5 wiele oor te sit na die nuwe trokkie.
Ten einde bietjie gemoedsrus te kry, kan ek die Kavango se nuwe [2018] spaarwiel oorsit na die bakkie. Ry ek net met die bakkie, het ek 'n relatief nuwe spaarwiel byderhand. Sleep ek die Kavango, het ek steeds dieselfde spaarwiel, maar net onder die bakkie gebêre, en nie meer op die Kavango nie. Die Kavango dra dan die 2013-spaarwiel, vir 'n werklike noodgeval.
Ek sal elkgeval eers die 2013 band mooi laat bekyk deur 'n bande verskaffer.
Wessel, as die spaarband…
Wessel, as die spaarband nooit regtig aan sonlig blootgestel was nie sal 'n basiese "inspeksie" soos in "eyeball Mk1" niks wys nie. Die probleem is dit wat onder die oppervlak aangaan, oksidasie, materiale wat met ouderdom agteruit gaan, ensovoorts. Ek het altyd die gebruik gehad om as my voertuig nuwe bande kort die beste een van die oues as spaar te hou en die spaar deel te maak van die nuwe stel, sodoende het mens altyd 'n nuwerige spaar al is die loopvlak dalk nie so goed soos die ou ongebruikte spaar band nie. My Damaskus ervaring het gekom die Saterdag oggend kort na sonopkoms sowat 20km voor Harrismith toe my Fleetline se een band skielik gebars het. Toe sit ek met 'n redelike ou spaar band op die wa, en ek het nog 'n paar 100 km se ry af Scottburgh toe...het toe gelukkig 'n bandeplek in Harrismith gekry waar ek nuwes kon koop om die ou spaar en gebarste ene te vervang....maar sê nou die band het op 'n Sondag oggend gebars met geen winkels oop nie? 'n Spaarband is soos 'n polis, jy wil dit nie regtig koop nie en heel waarskynlik sal jy dit nooit nodig kry nie...maar as jy dit nodig kry het jy dit REGTIG nodig
Ek maak deesdae ook seker my spaarbande is redelik nuut...en vervang as hulle oud word
Ekstras
Ek beplan om die bakkie se 5 wiele oor te sit na die nuwe trokkie.
Moet jy ekstra betaal om jou nuwe Hilux met wiele te kry? Dit begin al hoe minder die moeite werd klink om ‘n nuwe Hilux te koop. Eers wag jy 18 maande en dan kan jy dit nie van die vloer af ry as jy nie wiele saambring nie. ![]()
Hieh hieh... Wildehont, nou…
Hieh hieh... Wildehont, nou ontstel jy darem vir Wessel
Blykbaar kom daai HiLux ook sonder 'n paar rekenaar skyfies? Sien nou die dag 'n Land Cruiser se waglys is nou iets soos 4 jaar![]()
Die bere gaan julle peusel
Middag Chris S en Gwind
Dit is wat mens gatkrulle noem, as jy jou neus optrek vir 5 nuwe swart vellings. Ek wou al Simba chips vat en gaan kyk of dit sal werk.
Ek is nogal spyt dat ek verlede jaar reeds die bypassende Rhino-kappie gekoop het, in die hoop dat ek nie soooooo lank sou wag nie. Ek het al menige dag daaraan gedink om die kappie terug te verkoop en dan maar net my ou eseltjie te hou.
Die aflewering het net oornag van môre na einde Februarie geskuif, dan is 11.5 maande.
Ek wonder waar verkoop hulle die bakkies wat elke maand rekord verkope is, voer hulle die goed uit?
Diskriminasie
as jy jou neus optrek vir 5 nuwe swart vellings
Ek het vermoed dis waaroor dit gaan. Ek is self nie lief vir daardie modegier nie. Ek kan nie verstaan waarom hulle nie die opsie van silwer/grys kan bied nie.
Dit kan glad nie lekker wees om so lank te moet wag nie. Lyk my jy was reg nou die dag, mens moet jou aftree ryding drie jaar voor aftrede bestel.
Balanseer van woonwa bande
Ek gaan die week die skeef geloopte wiel [velling en band] laat afhaal, dit word nou die spaarwiel. Die nuwe ongebruikte huidige spaarwiel, sal ge balanseer word, en dan begin werk.
Terwyl ek dan by die bande plek is, gaan ek sommer die linkerwiel ook laat balanseer.
Die 3 wiele was hopenlik gebalanseer met aankoop van die Kavango, Mei 2018. Daarna nog nie weer nie. Ek het wel Augustus 2023 toe ek die skeefgeloopte band op die velling laat omdraai het in Beaufort Wes, dit laat balanseer.
Ek is nogal nuuskierig om te sien hoeveel die linkerwiel se balans uit is.
Nou wonder ek, hoe gereeld laat julle woonwa-bande balanseer??
Waarom uit balans uit
Goeie vraag Herman. Ek het tog gevind dat my trokkie se bande soms uitgaan en stuurwiel begin tril/ruk.
Moontlik omdat mens slegte paaie ry, soms tog 'n gat tref, effe verwringing van allooi velling.
Gelapte band wat gewigverspreiding negatief bëinvloed??
Kan die samestel van 'n band, sy verskillende lae en koorde "skuif" of verwring wat balans uitgooi.
So gepraat. Het jy al…
So gepraat. Het jy al opgemerk dat n band n wit kolletjie het wat opgelyn word met waar die valve sit, waneer dit oorgetrek word, nuut. Dit wil my laat dink dat n nuwe band in die fabriek gecheck word vir balans. Dan het ek ook al n pink kolletjie op nuwe band ook gesien. Wonder wat die een bedoel.
Ek het oor die jare heen....................
..............ook maar die gebruik gevolg om woonwabande te laat balanseer wanner nuwe bande opgesit word. Nog elke keer wat ek woonwabande vervang het, was die loopvlak nog perfek met geen teken van onewige slytasie nie.





Exclusive bandeKyk my…
Exclusive bande
Kyk my kommentaar op bl. 1 op 24/01/2018.
My huidige stel Dunlop Endura bakkie-bande is nou 8 jaar oud met 40 000km agter die rug. Alhoewel hulle nog perfek lyk gaan ek hulle maar liewer nou vervang voor ons Meimaand-Wildtuin-trippie.
Hierdie bande het 'n 850kg gewig gradering, dus 1 700kg aan die een kant en 1 700kg aan die ander kant met die Exclusive se twyfelagtige BVM van 1700kg.
Ek was weer by dieselfde Dunlop-handelaar in die Joostenbergvlakte industriële area wat my 8 jaar gelede R3192 gevra het vir die 4 bande. Tans kos dit R1 150 per band. Oor die 8 jaar is dit 'n styging van 44% !
Hoe vergelyk die prys van R1 150 per band met wat joune gekos het ?