Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -1 hour ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -4 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -4 hours ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 11/02/2024 - 13:00

Voorwaar n troetel-geleentheid. Jy is nogals uiters handig ook. Geniet dit, hulle word vinnig groot.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 11/02/2024 - 13:26

... het Ralie haarself nou sit en verstaar (is daar só 'n woord?) aan die badproses van pa met sy kleine dogtertjie. Jy's handig maat.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/02/2024 - 15:42

Grote griet, ek sou dans soos 'n waferse reendanser met daai klein mensie, dit is nou na ek drie kalmeer pille gesluk het net om op een plek "stil" te staan.

Ag dit is kosbare tye, geniet hulle Anton en kie.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 11/02/2024 - 18:55

Ek was aan die begin maar baie versigtig met hulle.  Nou na 6 weke in neonatal het ons gewoond geraak aan die klein goedjies.   Hulle voel soos baba katjies smiley veral klein Jana.   Anja weeg darem so 400gram meer en drink elke voeding uit die bottel en sal voor haar sussie huitoe kom.   

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 11/02/2024 - 20:20

Dit is nou voorwaar pa en dogter tyd wat beslis gekoester word. Daai groot hande vat maar versigtig aan die klein ou lyfie. Geniet die tyd saam hulle Anton. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 16/02/2024 - 20:53

Baie geluk met jul 11de huweliks herdenking....mag daar nog baie mooi jare saam wees 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 01/03/2024 - 08:03

Julle wonder seker hoekom ek so stil is?   Wel, met een madam by die huis en 'n 2de een nog in neonatal gaan dit vreeslik bedrywig hier aan ons kant.

Anja het laasweek Woensdag huistoe gekom en sy heers tans so 30% van die huishouding.   Die ander 30% lê nog in hospitaal en die 2 laaities saam doen baie goed en het net 25% aandele.  Vroulief sterk ook aan en is tevrede met 14%.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/03/2024 - 07:04

Verbeel ek my of is Anton bietjie stil?  Kan seker bietjie bedrywig raak in die huishouding.laugh

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 17/03/2024 - 17:23

Anja was 50 dae in Neonatal en is al 3 weke en 2 dae by die huis.  Jana het bietjie langer gebly en was na 65 dae ontslaan.  Sy is vandag al 10 dae by die huis.   Die 2 klink soos kwêvoëls as hulle saam lostrek.   Tog te dierbaar.

Met laasweek se besoek aan pedeater het Anja al 2.9kg geweeg en Jana 2.2 kg.  Hully is nou 2 en half maande oud.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus