Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Gewese "spring chicken", baie geluk...............
.............met jou dogter se verjaarsdag vandag. Dis sowaar 'n voorreg om dit hier op eie bodem saam met haar te vier.
Lang maand vir party.....
....lede. Party lede beplan mos groot toere einde April en Mei, en die maand gaan of verby kruip, of vlieg, afhangende wat nog alles gedoen moet word.
Ek moet nog jerrykanne uitspoel, en die Kavango se dak poleer. Kan darem nie afsteek by 'n sekere Jurgie in KarooNP nie. Daai wa gaan weer omtrent geskrop, ge Handy Andy en dan poleer word. Dit het laas so geblink, dit het omtrent mens se oge seergemaak met weerkaatsing.
Watter voorreg
Chris geluk met jou dogter se verjaarsdag. Geniet dit met n rooie. Ek wag in spanning van hoe jy die toer geniet het en ook die koste vergelyking teenoor met n karavaan. Wat is die voor en nadele? Ek besef jy het hierdie toer om sekere redes aangepak , maar dit sal nogtans goeie leesstof uitmaak van jou ervaring en siening. As jy verby Sandbaai ry, kom maak n draai. Maurits
Maurits
Ek gaan nog by die koste van my brandstof kom. Die vaste verblyf in oorslaapplekke en in die wildtuin kos maar 'n arm en 'n been. En as jy die geriewe wat die wildtuin se vaste verblyf jou bied in ag neem, dan kamp ek 'n honderd keer eerder in die wildtuin. Ek het dit boontoe genoem dat sekere verblyfopsies veel te wense oorlaat. Ek beplan om 'n volledige terugvoering van meeste aspekte van ons kort vakansie te gee.
Ons is toevallig môre in Hermanus. Ralie het 'n afspraak by die spesialis wat haar implantaat behartig (Dr van Zyl), maar gaan eerder by 'n ander geleentheid kom inloer, want dit gaan tans 'n bietjie dol hier. Dankie vir die uitnodiging. Ek sal jou skakel om jou adresbesonderhede te kry wanneer ek wel beplan om so te doen.
Wessel ...
Party lede beplan mos groot toere einde April en Mei,
Myne gaan nie so 'n groot toer wees nie. Dit sal maar 13 aande behels en is sommer net om die draai. Ons vertrek (DV) 20 Apr na Kgalagadi en Namibië en keer op 3 Mei terug. Net betyds om die ouballie se 70'ste die volgende dag te vier.
'n Kort, maar lang pad wat voorlê. Ons gaan so ver as Windhoek en Swakopmund draai. Terloops - my seun en sy gesin is vanoggend uit Hentiesbaai weg, na 'n "disastrous" hengeltrip. Daar's omtrent niks vis gevang nie en hy't drie van sy visstokke verloor (middeldeur gebreek) toe dit losgekom het uit die doelgemaakte visstokhouer op sy dak (waarskynlik nie ordentlik gesluit gewees nie). Twee van die stokke het hy spesiaal laat maak vir sy behoeftes - omtrent R20 000 om te vervang. Hy't gelukkig nie sy baie duur katrolle verloor nie. Die enkele visse wat hy gevang het kos hom dus baie duur.
Wessel ...
... nee, dit sal darem net ons en die kinders wees. Die Noorweërs vlieg eerskomende Sondag huistoe. Maar ek sal nader aan die tyd wel 'n gesprekslyn oor ons komende toertjie begin. Ek voorsien egter dat meeste van my terugvoering, veral in Namibië, eers na afloop van die toer sal wees - tensy my verblyfplekke oor WiFi beskik.
Ja Wessel, ons tyd raak nou…
Ja Wessel, ons tyd raak nou min vir die wildtuin besoek. Ek begin stadiger inpak as Len, maar is darem al aan die gang. Na die kleindogters se kuier, kan ek die week begin met die skoonmaak proses. Ons beplan om of die 29 of 30 ste April tot in Bloem te sleep om vinnig by die kinders te kuier en dan die 6de Mei in te boek by Malelane vir ons eerste wyntjie saam Len.
Fopnuus
So lees ek van Len se dillemma oor wie om te glo oor toestande in byvoorbeeld Satara. Dan lees ek ook vanoggend die berig oor skewe statistiek, oor die terugkeer van mense na SA.
Wat laasgenoemde betref, is die terugkeer van persone, 'n verdraaide beeld wat geskep word. Daar is inderwaarheid 'n afname in persone wat terugtrek na die land toe. Die uittog van ons mense neem sekerlik toe, sodanig dat SARS en selfs beleggingshuise[pensioenfondse] daaronder gebuk gaan.
Fopnuus is 'n realiteit, en veral in die bose jaar van 'n verkiesing, vier fopnuus hooggety.
Wat positiewe en negatiewe terugvoer oor die Krugerwildtuin aanbetref, dit sal mens altyd vind. Selfs ons eie Chris B het onlangs die soet en suur van verblyf beleef en bespreek. Ek gaan wildtuin toe, en verwag die minste wat standaard en versorging aanbetref. Ek weet reeds dat van die ablusies oud is, en dalk onversorgd en vuil sal wees. Ek weet daar word wild gestroop, maar ek kan daaraan niks doen nie. Tog gaan ek steeds, want ek geniet die wildtuin, die atmosfeer en my woonwa. Solank daar diesel is, 'n heel draad om die kampe en hopenlik soms elektrisiteit, kan ek oorleef met my bottel rroiwyn en dettol vir die ablusies.![]()
Ek is seker maar ook een van die paddas in die pot water wat al hoe warmer word. Dit is mos die leefwyse waaraan ons gewoond is in die eens vooruitstrewende land, waar omtrent alles net versleg.
N4 Donkerhoek
Ek sien nou die berig van die persoon wat doodgesteek is terwyl hy wiel moes omruil langs die snelweg. Daar was weer penne in die pad gesit, en die persoon het dit getref. Dit het om 22h00 gebeur.
Ons moet baie versigtig wees veral in die aand. Dit kan enige plek/roete gebeur.
Die paaie in wildtuin mag sleg wees, maar dit eis nie lewens nie.![]()
Onverantwoordelik
My persoonlike opinie is dat enigeen wat deesdae in die donker ry onverantwoordelik is - hetsy voor sonsopkoms of saans/snags.
Verval in SA
Na aanleiding van ‘n gesprek oor verval in die Krugerwildtuin en in ons land; mens moet versigtig wees om nie jou standaarde te laat daal nie. By jou eie huis moet jy self jou voorstoep skoon hou. Waar dit iemand anders se verantwoordelikheid is om goed te onderhou, moet hulle verantwoordbaar gehou word. As mens net stilbly word gister se teerpad vandag se slaggate en oormôre se grondpad en ons almal raak gewoond daaraan.
Slegte gewoontes raak ‘n kultuur en die boot raak al hoe moeiliker om om te draai. Dis ongelukkig waar die Republiek van Suid-Afrika skip haarself bevind. Die bemanning se slegte gewoontes, lyf wegsteek en stukkie vir stukkie afbreek en steel van die skip is na 30 jaar ‘n gevestigde kultuur en die passasiers dra permanent reddingsbaadjies en sit met hulle vingers in die gate in die romp om te voorkom dat dit sink.
Groei in Sanparke
Volgens die nuutste nuus is daar grond toegevoeg tot die volgende 4 Sanparke, waarvan die grootste toevoeging tot eersgenoemde is;
Namakwa, Mokala, Karoo, Aghulas
Ongelukkig is die druk aan toeneem op Kruger, steenkoolmyne het weer hernude pogings begin om myne te open in Malelane- Komatipoort omgewing.
Johann---Kaapse draai
Vertel mens, dit klink lekker vooruitsig.
Ek is seker dat tussen ons klomp forum vriende, ons vinnig vir jou 'n klomp lekker oorslaapplekke kan aanbeveel.
Kàapse draai.
Wessel die gedagte is om Januarie volgende jaar vir die maand af te gaan, maar as my kinders van Australia kom kuier gaan dit nie realiseer nie.
Ons twee hoop om veel eerder met die kinders te wees as enige ander tyd verdryf. Hul beplan om Desember tot middel Jan na SA toe kom maar dit hang nog af van my skoonseun se werk druk.
My skoonsister se dogter begin Februarie haar vierde jaar medies en die universiteit begin vroeg Februarie, dus kan ons net Januarie gaan. (Ons het hulle belowe om hulle die kaap te gaan wys)
Botswana olifante
Ek lees dat botswana regering sy blaker sterk gewip het vir die bewarings-en jag-voorskrifte van Europese lande, veral Duitsland. Botswana dreig nou om 20 000 olifante aan Duisland te skenk, net om ontslae te raak daarvan.
Die getalle is besig om blykbaar totaal handuit te ruk, en verdere jagbeperkings, gaan dit net vererger.
Ek steun natuurlik Botswana.![]()





Watter voorreg ...
... om my ver dogter se verjaarsdag saam met haar hier in Suid-Afrika te vier vandag. As jou kind 47 jaar oud is, moet jy weet dat jy self nie meer 'n "spring chicken" is nie.