Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Ai Rona, hoe meer dae hoe meer dinge !
Sterkte ! - die oog-spesialis roete is die roete om te gaan.
Motor home
Sover ek weet, word motor homes nie as swaar voertuie gesien nie, en ń kode 8 is reg. Nou nie ń overlander trok nie.
Behalwe seker as jy dit bou, en nie her- regestreer nie. Dan geld die pdp.
Len en Wessel
Len, baie dankie, ek kyk darem nou al weer die wêreld vierkant-in-die-oë
- was maar bietjie afgehaal gister veral omdat ek dit nie verwag het nie.
Wessel, ek was eerste na die verkeersafdeling toe - hulle het my na die oogkundige verwys aangesien hulle nie meer self die oogtoetse doen nie. Twee jaar gelede het ek my PDP nog in Rustenburg hernu en Daan syne in Brits - ons was albei na 'n oogkundige verwys, so ek reken hulle het nie meer die toerusting nie. Ek moet ook vir jou sê dat gister se toets vir my 'n "eye opener" was - as iets met mens se oë so vinnig kan skeefloop is dit tyd om so gou moontlik by 'n spesialis uit te kom. My hele volgende toerbeplanning gaan juis oor wat ek nog nooooit gesien het nie, nl. die Victoria waterval en daarmee saam meer van Botswana....
Intussen het ons darem nog alles om die tentkamp-ding mee te doen en Daan se bakkie
, of, maar dit is 'n baie groot "of" hy moet my bussie bestuur......![]()
Probleem opgelos....
laat Daan die ryhuis bestuur!!!! A nee a, julle deel mos alles, moet ek nou stem dikmaak![]()
Neef Herman
Ek het my lisensie en PDP al sedert 2001 en hernu dit maar net nog alpad. Daan het egter eers sy EC1 lisensie 2 jaar gelede gekry en voordat hy vir die toets gegaan het het ons taamlik "huiswerk" gedoen. Omdat die bussie 'n dubbelwiel voertuig is, is dit ook aanvanklik as 'n swaarvoertuig geregistreer. Dit klink asof ek dit nie kan omskakel nie en kan gevolglik ook nie met 'n kode 08 wegkom nie.
Ander motor homes het enkelwiele (ek dink), daarom dat 'n kode 08 voldoende is. Die oomblik as dit as 'n swaarvoertuig geregistreer is moet jy ten minste 'n C1 EN PDP hê, al vervoer jy nie goedere of passassiers teen betaling nie. Baie reëls maak nie vir my sin nie....
Hier is wat die Wes-Kaap regering sê
Lyk my as die voertuig as ‘n bus geregistreer is of ‘n BVM meer as 3500kg het moet mens ‘n PrDP hê (sien onder).
Ek het al voorheen genoem (dalk voor Rona aangesluit het) dat die regulasies verander het, en dat jy met swakker oë kan wegkom vir ‘n B as vir ‘n C lisensie. Ek sit met dieselfde probleem as Rona wanneer ek my EC1 moet hernu later vanjaar. My oë is nie meer goed genoeg om sonder ‘n bril EC1 te ry nie. Ek kan afgradeer na EB, maar vir hoe lank voor ek daarvoor ook met vier oë moet ry?
Rona, pasop net - as Daan nie ‘n PrDP het nie kan julle met dieselfde probleem as ek en Salomien sit indien jy iets oorkom en nie kan bestuur nie. Salomien het net ‘n B lisensie, en mag dus nie sleep nie. Sy het ook nog nooit nie.
A professional driving permit (PrDP) is needed to drive public transport and heavy-duty vehicles, for example lorries, buses and breakdown vehicles. There are some exceptions though, as you won’t need a PrDP to drive a hearse or a tractor.
Before it was called a PrDP, a professional driving permit was originally called a public drivers’ permit (PDP) which was issued to drivers of these vehicles before 1998.
If you drive any of these vehicles, you’ll need a valid professional driving permit:
- Goods vehicles, (with a GVM of more than 3 500 kg).
- Breakdown vehicles.
- Buses (any bus).
- Minibus (with a GVM of more than 3 500 kg), or which is designed or adapted for the conveyance of 12 or more persons, including the driver. (A PrDP (P category) is needed to drive a minibus vehicle that seats 12 or more, even if it is not a taxi and even if there are no passengers.)
- Vehicles used to transport people for payment.
- Goods vehicles carrying dangerous goods (with a GVM of more than 3 500 kg), such as Road tank vehicles for petroleum-based flammable liquids.
- Motor vehicles transporting 12 or more people, including the driver.
- If you own the motor vehicle for which a professional driving permit is required, you may not let another person drive that vehicle on a public road unless the other person has a professional driving permit of the appropriate category.
Selfde inligting..
as deur Wildehont geplaas hier bo geld vir ons ook.
My bussie was 'n afleweringsvoertuig met 'n BVM (GVM) van 5000 kg en al is dit nie meer die gebruik nie, kan nie omgekeer word nie (dit bly 'n swaarvoertuig) a.g.v. die BVM.
Ek het nagelaat om te sê dat Daan wel 'n PrDP (nuwe benaming) het. Ons is dus darem nie gestrand nie, maar ruil gereed bestuurders om wanneer ons vêr paaie aanpak. Ek het ook maar grappenderwys gesê "of" hy moet my bussie bestuur - ek's net baie lief vir my bus wat maklik bestuur en gemaklik ry.
My ou annerhelfte.................
...............het ook 'n EB-bestuurslisensie en tegnies mag sy ons Exclusive sleep. Maar vir die afgelope 55 jaar wat ons karavane sleep, het sy nog nooit hierdie takie behartig nie - sy reken dis my joppie.
Beterhelfte het ook EB.....
....maar kort opleiding. Dis met moeite wat Marie agter Grompie se stuur inskuif, glo te groot.
Dus, die kwessie van sleep, is nog 'n groter uitdaging. Ek wonder net wie se senuwees eerste gaan uitrafel. Dalk moet sy ok maar 'n laphoedjie kry, vir die sleep takie.
.
Motorhome lisensie
Rhona,ek het ń vermoede dat motorhomes se bestuurslisensies op die Tarre gebaseer word. Maw as die Tarre 3500kg is dan is ń B lisensie in orde. Ek het nou weer gaan opsoek en het dit so raakgelees. Ongelukkig is ek te dom om hierdie " links" te kan doen.
Ek glo stellig dat jy die ombouing moet herregistreer as ń Motorhome om dit van toepassing te maak. Die dubbelwiel wat jy noem, het ek nog nie raakgelees nie, slegs gewig word as maatstaf gebruik. Die klein Kia 1 ton platneus trokkies het met ń stel 14" dubbel agterwiele uitgekom.
Kopkrap oor lisensie
Neef Herman, ek wens so dat wat jy sê t.o.v. die Tarra (Tare) waar kan wees. Die inligting wat ek het is dat wanneer dit eers as 'n swaarvoertuig geregistreer is, dit nie omgekeer sal word nie, en dat die spesifikasies aangaande BVM hier van toepassing is.
Ek het iemand hier raakgelees (Harry du Randt) en ook vir hom 'n e-pos gestuur aangesien hy waarskynlik baie besig is en nie gereeld aanlyn gesien word nie. Net miskien weet hy meer en vind die tyd (of lus?) om te antwoord. Ons kyk wat gebeur.
Omskakeling sal ook 'n baie goedkoper uitweg wees - PrDP nie nodig en ook minder lisensiegeld. Net by tolpaaie gaan ek nie wegkom nie... en oogspesialis toe is steeds 'n móét.
Neef Herman
Hallo Neef! Jou inset hier bo het my nog weer laat wonder waar jy die inligting kon kry i.v.m. die omskakeling van 'n bussie. Ek het gaan soek en gevind!!! Net miskien het ons dieselde blad gelees. Dat dit moontlik is, is waar. Iemand wat dit reggekry het sit die hele proses uiteen. Dat dit 'n uiters pynlike storie gaan afgee is vir seker, maar ek is bereid om die pad te stap. Hier rond gaan ek nie sukses hê nie - sal naby JHB moet gaan bly vir 'n wyle. Nog lank nie gedoen nie, maar ten minste kán dit...
"How to change the description of your mobile home to a caravan in South Africa."
Baie baie dankie Neef Herman. So bly dat ek by hierdie forum aangesluit het![]()
Troeteldiere
Wanneer Jan en Ena weer inloer kan hulle moontlik vir my meer vertel oor troeteldiere wat saamkamp. Dit is iets wat ek nog nooit beleef het nie, en het geen idee hoe diere-eienaars die diertjies in toom hou nie. Is bure gelukkig om langs hulle te kampeer?
Ek het al die jare tot in 2018 nog altyd 'n hondjie gehad (een op 'n keer) maar dit nooit oorweeg om hulle met vakansie saam te neem nie. Vriende het altyd in ons huis kom bly vir die tydperk, so was daar ook nie vir die diertjie enige ontwrigting nie.
Van dié wat net in wildtuine vakansie hou waar troeteldiere nie toegelaat word nie kan ek nou nie 'n antwoord verwag nie, maar hoe gemaak by ander oorde?
Troeteldiere
Rona. Ons katte bly tuis, al 5, hulle word hier versorg. My brakkie gaan Kennels toe, hy is al gewoond daaraan,en ons weet hy us veilig.
Die diere sal regtig my bietjie strem in die algemeen. Daar is soverl aktiwiteite wat hulle net eenvoudig nie kan mee maak nie. Vat net bv brekfis in ń eetplek, of gaan braai by ander... Weet dit is nie ń antwoord op jou vraag nie, maar so lief ek my diere het, wil ek nie dat hulle my inperk nie.
Môre Wessel. Nee jong, niks…
Môre Wessel. Nee jong, niks byle slip nie, ons gaan lekker kuier. Gister sien ek in ons supermark die man langs my pak sy mandjie vol sulke klein stukkies vleisies met netvet om. Ek het skillies ingepak. Vra hom wat se eienaardige goedjies is dit. Leeuballetjies sê hy. En ek lees wragties " Leeuballetjies" op die label. Hy sê daar is min so lekker soos dit. Praat van stukkie bacon, stukkie dit en dat toegerol met netvet op ń tandestokkie. Klein happies
Hy het die laaste 3 op die rak gevat, ek gaan ń bestselling moet insit, word blykbaar met baie moeite gemaak, en verkoop in paar minute uit.
Chris B is die man wat so travel. Sonder ophou. En ons praat nie van hier naby die huis nie, nee, epic afstande is aan die orde. En hy is so in aanvraag dat hy duur hengeltrips van die hand wys. Is dit nou nie om hierdie man effe naar te maak nie.
Chris B
Jy moet maar met die molle maak soos by aanlê van rolbalbane. Tel jou gras op, en ry gebreekte glas in. So 'n 300mm laag glas, en sit grassooie terug. Ten minste is daar nie gif betrokke nie![]()
Onthou tog om nuwe gesprek te begin, sodat ons agtergeblewenes saam kan toer Namibië toe.
Midde Ooste kookpot
Ek hou die nuus fyn dop. Daar is 'n vreeslike oorlog aan die kom. Iran is van mening dat hulle nou Israel moet aanval oor die bombardering van hulle ambassade in Sirië [?]. Israel het nog nie amptelik aanspreeklikheid aanvaar vir die bombardering nie. Dit kan dalk 'n derde party wees wat "stir"
Die ergste is, is dat die Iran aanval grootliks sal wees om hulle [Ayatollahas] se eie aanhang in oë van hulle aanhangers/landsburgers te bevredig.
Israel gaan nie met hulle laat mors nie. Hulle het klaar gewaarsku----ons eerste teikens is die ongeveer 5 kernaanlegte in Iran!!! Ons soek goeie rede om dit te kom opblaas.
Die groot bekommernis is dat Israel dalk genoodsaak voel om sy eie kernwapens te gebruik, waaroor Iran nog nie beskik nie.
Ek is baie dankbaar dat ek die uitnodiging om tydelik in van Iran se reaktore gaan werk, van die hand gewys het.





Soms....
kan 'n mens se omstandighede (wat in hierdie geval kampering behels) in 'n ommesientjie verander.
Dit het tyd geword om my PDP te gaan hernu (2-jaarliks). Kort storie: ek het nie die oogtoets by die oogkundige geslaag nie - regteroog baie goed, linkeroog haal nie die paal nie. Dit beteken dat ek nie my bussie mag bestuur nie aangesien dit 'n swaarvoertuig is.
Sou ek die vorms so gaan indien, kan my lisensie (C1) waarskynlik afgegradeer word na 'n kode 08?. Ek mag dan steeds 'n gewone motorvoertuig bestuur teen 120 km/u terwyl ek nie met my bussie mag ry teen 100 km/u nie (soos wat hy gestel is). Verstaan nie...
Maar, hiervoor sal ook 'n oplossing kom.....klaar bou, afspraak by 'n spesialis kry, en met verbetering weer van voor af aansoek doen vir PDP. Lekker oefening
Intussen kan ek nog behoorlik sien, en lees lekker aan almal se voorbereiding vir kampeervakansies.