Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Daai balletjies....
wat neef wil beproef kan dalk uitloop dat ons die leeuloop doen in KarooNP.
Gelukkig word dit nie katballetjies genoem nie, want dan sal ek lanktand byt daaraan.
Soos jy hou ek ook die spul…
Soos jy hou ek ook die spul fyn dop Wessel. Indien jy wel die Iran aanbod aanvaar het was jy nou gesnoeker en as persona non grata verklaar in die VSA en waarskynlik die hele EU en nog 'n klomp lande. Hierdie lande hou ons land asook individue in die kern bedryf fyn dop...ek was skaars 'n paar weke by PBMR toe ek oorsee moes reis, skielik het al my "boarding" passe in die middel onder 4 S'e bygekry...dis kode vir hou hierdie mannetjie fyn dop, elke grenspos het my probeer oortuig dat ek slegs toevallig gekies is vir die "volle behandeling", ek glo nie aan feëverhale nie! Snaaks, nie lank na PBMR toegemaak het en ek akademie toe is het daai 4 S'e ook verdwyn! Overgeset synde...big brother is watching!
Wat jou komkommernis aanbetref Wessel dink sodra die Israelies hulle Gaza probleem opgelos het "normaliteit" weer sal terugkeer. Sien die Amerikaners het een van hulle Arleigh-Burke oorlogskepe reeds ontplooi naby die Israeliese kus Idie klas skepe is uiters goed met lugafweer). Daar sal sekerlik nog skepe bykom, dan ook sit die Israelies met die Iron Dome lugafweer stelsel, een van die bestes tans. Ons weet dat die Iranese se uraan verreiking program uitsluitlik gemik is op kernwapens (niemand verryk tot vlakke van 60+% vir vreedsame gebruik). Die volgende paar dae sal sekerlik 'n antwoord gee
Produktiewe oggend
Ek was nou ‘n klompie naweke weg, en het ‘n lysie goed gehad wat ek hierdie naweek wou afhandel. Ek het gister na uitvaltyd alles gaan koop wat ek nodig gehad het, en vanoggend net na 08:00 weggetrek.
- Die wasbak in die badkamer se drein vloei weer vry
- Daar is helderder gloeilampies in die downlighters in die badkamer (mamma se versoek)
- Ek het die stoep se afdak en huis se dak se lekplekke hopelik waterdig gemaak want die reënseisoen is hier
- Die Ranger se stertklap het rubberseëls aan die kante gekry om te voorkom dat reën daar insypel as die bakkie stilstaan
- Die wasgoeddrade agter die huis is vervang en styf getrek
- Die swembad se water is aangevul
- Die Kavango het bietjie aandag gekry
Nou gaan ek bietjie ontspan. Of nee; die Jack Russells moet nog gebad word…
Welgedaan Wildehont,
kan hoop dat jy bietjie hulp gehad het want dis vreeslik baie vir een halwe dag!
Die twee Jack Russels........ met dié dat dit naweek is en almal skynbaar baie werk het, eerder as om hier te klets, het ek sommer gelees wat beskikbaar is op die forum. Gisteraand nog gewonder hoe gemaak met troeteldiere wat saam gaan kampeer en toe lees ek vanoggend Wildehont se Ghecko-kamp raak waar die twee diertjies saam was vir die naweek. Kan net dink wat se chaos dit afgegee het met die donkies
. Nou wonder ek nog meer oor troeteldiere tydens kampering.
Nooit weer nie
Ons honde gaan nooit weer saam kampeer nie. Daar is troeteldier vriendelike kampeerplekke. Rivierplaas hier anderkant langs die Breederivier is een so ‘n plek. Maar ons tefie is nie gesosialiseer nie. Sy gee selfs die reuntjie gas op ‘n daaglikse basis. As daar ander honde (of katte) is gaan hulle les opsê en ons sal nooit kan rus nie.
Israel.
Israel se weermag is bonatuurlik fantasties in all metodes van oorlogvoering, Iran gaan sleg tweede kom as hy self probeer aanval, maar, die lot is natuurlik die lafhartigste van alle nasies, hulle gaan Sirie of iemand anders misbruik om hulself te beskerm.
Hierdie is die voorloper van die Ezekiel oorlog, maar dit los ek maar liewer.
Moenie teen Israel baklei nie
Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n selfverdedigingskursus gedoen. Die aanbieder gee vir Mossad ook opleiding. Hy het gesê as mens wil leer baklei moet jy by die Jode leer. Hulle baklei al reg deur die geskiedenis - van die Bybel se tyd af - vir hulleself.
Mieliebrood
Ek weet nie of dit dieselfde resep is nie, maar ek het laas toe ek op skool was (in Ficksburg) mieliebrood geëet. Dit was van groenmielies wat gekook en van die stronk afgesny is, gemaak. Dit was so 'n klam brood wat heerlik was as dit pas uit die oond gekom het.
Dit lyk knap gebak Geert.
Maak ook sulke brode oor die…
Maak ook sulke brode oor die kole...maar myne is bier brood! (Bier is nou maar net in my gene, so 'n warm stuk bierbrood saam met 'n koue Germaanse bruisdrankie gaan mos goed saam!)
Lyk baie lekker
Almal weet al van die groentetuin hier. Elke jaar plant ons so dosyn suikermielies. Dra 2 tot 3 koppe, so baie vir ons 2. Vir ouma se gebruik. of so in die blare gebraai op die kole.
Somtyds sny ek die " kernels" ? Pitte ?sit deur ñ vleismeule, en maak so bierbroodjie met die sweet corn ingemeng. Proe soos iets vir kleinkinders saam ń glas rooi koeldrank.
Hemel Geert...............
...................dit lyk hemels. Ek gaan dadelik vir my so 'n sakkie pre-mix koop en dit in die Wildtuin probeer. Lyk vir my dis 'n produk van CAB-Foods, fabriek hier om die draai van my.
Maggies...................
.............maar julle mense slaap darem laat. Vanoggend se Burger is al om 05:00 deurgelees en ek beplan reeds my dag. Ja ek weet ek is 'n afgetrede ouballie, maar as 'n mens oor 13 dae met vakansie vertrek, het jy baie dinge om te doen !
Wessel..........
............ek kan nie onthou wat Fanus destyds gesê het nie, maar kan raai wat dit was !
Nee, ek slaap nie in die middag nie en ons kom nooit voor 11:30nm in die bed nie, meestal na 00:00 eers.
Ek doen maar wat ...
... wat die sogenaamde slim mense sê - slaap minstens 8 ure in die nag. Waarvoor sal ek opstaan voor die dag begin breek - om dan nou te wat? Nee wat - ek laaik my kooi.
Hier sit ek nou-eers met my eerste koffie en loer watse tjol julle alles praat. Dán eers kom die koerant aan die beurt. Ek is mos afgetree. My dae van douvoordag te begin is iets van die verlede. En 'n horlosie beheer ook nie meer my lewe nie.
Ek het 'n lekker dag van amper niksdoen wat voorlê. Slegs 'n paar dokumente in orde kry vir ons grenskruising-prosedures en vanaand ons jukskeiklub se AJV. Verder kuier ek net rustig saam met my ver kinders.
Ek hoop jy kry jou tru-kamers uitge-"sort" Len.





Leeuballetjies
Jy sal moet terugvoering gee Neef.