Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp.
Ons het toe bespreek en begin by ;
Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)
Berg en dal van 7Mei tot 12de
Skukuza van 12 Mei tot 19de
Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste
Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie
Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.
So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.
Hi Chris nog redelik groen…
Hi Chris nog redelik groen en baie rruig ja met grond paaie wat lekker sleg is.
Maar om langs Len op Skukuza te mag kamp is 'n groot voorreg.
Is julle al in Skukuza?
En het jy toe daai staanplek langs Len gekry? Indien wel - arme ou Len🤪
Hi Chris, ja is bevoorreg om…
Hi Chris, ja is bevoorreg om langs Len te kan staan. Klaar opgeslaan en ietsie koud geniet en al 'n klets ingekry.
Net 'n bewys dat ons so staan.

Ek sal vir Johan en Nellie......
...........help om daardie tafeldoek parallel met die grond te hang.

Die tafel was reguit gewees…
Die tafel was reguit gewees lank gelede
Dalk het die blou aap hom geskuif, maar lyk nogal reguit vir my. Vreeslik jammer dat die tafel doek julle so ontstel hoor.
Wragties,. Len maak my…
Wragties,. Len maak my bekommerd. Sou hy ooit hier by my uitkom, en hy sien al die krom Black wattle heining sparre... Dan gaan hy nie lekker kuier nie.
Ek mag nie uitpraat nie maar…
Ek mag nie uitpraat nie maar die karavaan se voorkant is nie heeltemal skoon nie. Maar ons kamp en kuier heeltemal te lekker. Verder was ons maar stil gewees vandag. Met ons skuiwe Skukuza toe en met Moedersdag saam het ons lekker ontbyt in die opelug by Afsaal geniet en was met ope arms ontvang hier in Skukuza deur die Loaders. Darem het Nellie nie weer geval by Afsaal nie.
"maar die ou is darem nie te erg nie"............
Ek dink nogal ook so. Ons is nou al twee weke weg uit die Kaap en na meer as 2000km het ek nog nie eers my wiele of enjin gewas nie ! Ek hou daarvan om vanuit die Kaap met 'n skoon kar en karavaan op vakansie te vertrek en daarna, veral Wildtuin toe, basta met die gewassery. Ek gee wel toe dat ek elke tweede dag die kar se vensters was want dis juis die doel om alles buite die kar te kan sien.
Ons het vanaand heerlik saam met ons gaste (dis nou ons bure hier langs ons) gekuier, geëet en gedrink. Regtig gawe mense !
Maandag 13 Mei
Na 'n lekker koppie boere troos en ouma Nannie se lekker beskuit, het ons 2 maar die kort roete hier agter by die lughawe verby gery. Was lekker bewolk en ons het nogal 'n paar diere kon sien en was nogal bevoorreg gewees om weer 'n luiperd te kon sien maar kon nie foto neem nie, die knaap was so agter 'n bos en jy kon darem sy beweeging sien.
Hier is 'n paar fotos vir die wat lui lekker daar by die huis en die werk sit;
Die Bateleur
Lyk soos die bruin slang arend of so iets
Aasvoel
Vlei loerie
skilpad
Wildehonde
Jong kameelperd
Wildehonde!
Wat ‘n lekker Maandagoggend. Terwyl ek na ‘n rekenaarskerm sit en kyk sien julle dit alles en boonop wildehonde!
Enigeen ...
... in die wildtuin kan homself baie gelukkig ag om wildehonde te sien. Geniet dit maat.
Vandag was maar 'n stil dag…
Vandag was maar 'n stil dag by die Labuschagne's gewees. Die Mahindra se battery het vanoggend besluit dit is nou genoeg en hy gaan ook uit tree. Die Pathfinder hier langsaan het tot die redding gekom en toe kon ons darem gaan ry. Sal more Hazyview toe gaan vir 'n nuwe ene.
Hier is net 2 fotos vir die dag;
Een of ander groot bek vis vanger of reuse ryer
Geitjie by die bad kamers
Danksy Len en die pathfinder…
Danksy Len en die pathfinder kon ons die Mahindra weer aan die gang kry, die pathfinder is nogal 'n sterk voertuig om die Mahindra te kon start. Na 'n toets of drie het ons tot die gevolgtrekking gekom vanmiddag dat die battery kapoet is. Sal more gaan "shopping" doen. Het maar die laaier aangesit en hoop hy start more oggend, anders moet Len maar weer kom help. Nou is ek diep in die skuld by hom. Net so terloops, daai Nissan se enjin is baie skoner as die Mahindra sin, ek het skaam gekry daar oor en sal 'n plan moet maak.
Ons het toe 'n draai in…
Ons het toe 'n draai in Hazyview gaan maak en het toe n nuwe battery gekry en ingesit, die nuwe ene voel so sterk as die ansitter 2 keer draai wen hy die hele Mahindra op in die rondte. Sommer net so n grappie hoor, maar onse motor is weer aan die gang.
Oppad uit vanoggend het ons weer n hiëna gesien en ook wildehonde. Oppad terug maar gewone bokke, swart wilde beeste en weer n paar arende en n visvanger. By die kamp het ons 'n lekker hoender potjie gebou en weer lekker saam geeet met vrugte slaai vir nagereg. Ons sal maar sien wat lewer die dag van more op.
Hier so 'n paar fotos van die dag
Die gevolgtrekking wat ons…
Die gevolgtrekking wat ons gemaak het rakende die Mahindra se battery is weens sy ouderdom, 4 en halwe jaar, het die aanpaksel wat binne tussen die plate gevorm het oor die jare, moes los gekom het as gevolg van die geskud op die gruis pad en onder gaan lê het. Lekker groot resep vir 'n groot probleem. wat toe ook gebeur het en die battery het toe nou maar gegroet. Kon een teen 'n winskoop by Midas kry en gou geinstaleer en is ons toe weer aan die gang. Sulke flaters gebeur ook soms.
Gekroonde neushoringvoël
Mapstieks maar julle is omtrent gelukkig! Wildehonde en ‘n gekroonde neushoringvoël. Ek kan nie onthou dat ek lg al ooit in die Kruger wildtuin gesien het nie en ek was die afgelope 52 jaar ten minste een keer elke jaar daar behalwe in 2020 toe die ANC my verhoed het.
Pragtige foto’s, terloops.
NS. Ek het die bg vanoggend getik net na ek wakker geword het. Ek het intussen omthou dat ek die gekroonde neushoringvoël al tussen Orpen en Satara gesien het naby Bobbejaankrans. Maar dit bly ‘n baie skaars besigtiging.






Geniet dit maters
Ek wou al vir beide (Len en Lapskag) vra - is die wildtuin tans nog mooi groen en ruig? Die veld was besonders mooi toe ons daar was einde Maart.