Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 21/11/2017 - 07:57

Len, ons is saam met julle dankbaar vir die reën.   Ek hoop jul damme baat daarby, hou ons asseblief op hoogte.   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 21/11/2017 - 08:19

Goeie more almal.

Len ons is so dankbaar dat jy vanmore vanuit n papnat Kaap groet, prys die Here!

Deon, ook bly julle het dit geniet, welkom terug, ons wag vir fotos.

35° C is warm, ons gaan les op sê vandag, julle moet julle koffie en tee geniet.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 22/11/2017 - 05:32

Goeie more hier op die weekbreker.

Sien die wolke hang swaar vanoggend. Plek plek so 'n baie ligte mot reentjie oppad gekry.

Tee is weer vanoggend baie lekker.

Lekker dag  vie elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 22/11/2017 - 06:13

Ja Dusty, na gister se hitte het dit heerlik afgekoel deur die nag met 'n sagte reentjie.  

Sit nou sommer hier buite my kantoor op die trappe en drink koffie terwyl ek na die voeltjies luister.

Lekker dag vir almal!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 22/11/2017 - 06:16

Na so amper 20 ure se wakker bly by werk gaan ek nou nou huis toe lekke koffie maak selfoon afsit en droom hoe kamp ek by Drie berge julle moet n awsome dag he

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 22/11/2017 - 06:56

Ek hoop almal het lekker geslaap en dat niemand staarsiekte gehad het nie.  Hoe lyk dit Dusty?

Ek het gister 9 bossies beet gekook en in bottels ingelê.   Vandag lê ek kerriebone in.  Dan het ek al twee slaaie gereed vir Kersfees en Nuwejaar.

Mag jul almal 'n awesome dag hê.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 22/11/2017 - 07:27

Ek het nie besef dat werk so vinnig kan ophoop nie.  Het baie om in te haal vanoggend

so wat jy eintlik vir ons probeer sê is dat ons nog lank gaan wag vir die Mosambiek foto's? smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/11/2017 - 07:38

Goeie môre al die deelnemers aan Kampforum (net die deelnemers, nie die ander nie !)

Verskoon dat ek net oor reën praat, hierdie reën pratery behoort môre op te hou want ek dink die reën hier by ons is nou verby !

Ons het eergisteraand 16mm reën gehad en gisteraand weer 8mm, dus 24mm in totaal ! (Amper 'n duim reën in die ou taal).  Ek het gisteraand lekker en lank gestort met ons reënwater want ek moes naderhand die oorvol watertenk help en ons swembad is ook propvol.

Ons gaan vandag vir die derde dag "off grid", sonder om munisipale water te gebruik en behoort die volgende 24 uur maklik daarsonder klaar te kom.

Lekker Woensdag aan almal !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 22/11/2017 - 09:54

Ek is bly om jou reënstories te hoor, Len.  Ek en Colin het kinders (en kleinkinders) daar en dink maar baie aan hulle wat so sukkel om water te bespaar.   As jy sê jy gebruik nou vir 24 uur nie munisipale water nie, gebruik jy dan die tenkwater?   Dan hoop jy net hy reën weer vol?

Volgens die weervoorspelling het dit gister gelyk of julle nog reën gaan kry vandag.   Hoe sê hulle, het jul damme darem ook bietjie gekry?

Ski, sê vir jou bestuurder jy hou nie van sy flou grappies nie.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/11/2017 - 15:15

Freda, ja ons gebruik tenkwater, maar ek stop sodra die tenk halfvol is, tot 1000 liter oor is. Dis vandag ons derde dag sonder munisipale water en môreoggend 07:00 sal dit 72 uur wees.  Die tenk is op die oomblik tussen vol en 3/4.

Dit lyk of die reën hier by ons nou verby is en ek sal maar môreoggend terugskakel munisipale wateer toe.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 23/11/2017 - 05:31

More my vrinne ons dankbaar vir reen 2 mm gereen in Secunda skink daai koffie of tee die koffie hier loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 23/11/2017 - 05:33

Goeie more.

Net soos jy sê Anton. Dit het lekker gereen. Was by die kleinkind se gradeplegtigheid en het op 'n stadium so hard gereen dat ons amper nie die onderwyseres se  stem kon hoor nie.

Lekker dag vie ieder en elk

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 23/11/2017 - 07:14

Hello julle.  Gegroet uit Midrand!   Mag almal 'n heerlike dag hé smiley

Ek moet sê ek geniet ons nuwe kantore baie.  Hier waar ons nou is, is dit baie rustiger en onder heerlike groot bome met baie voels wat sing en chirp!   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus