Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/11/2017 - 07:56

Môre sê

Ja dit het baie lekker gereën gister aand, moet nog gaan kyk na die meter.

Intussen is die koffie heerlik.

Geniet julle dag in vrede.

Ek sie ons het darem 9mm gehad.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 23/11/2017 - 08:45

Ek glo almal het al koffie en tee gehad en al aan die gang met hierdie Donderdag.

Geen tekens van reën hier by ons nie.   Ons windtyd begin nou.  Dit is stil in die oggend, kom deur die dag op en gaan lê weer in die aand.   Wat my die meeste van wind pla, is die stof wat in die huis inwaai.  

Julle moet almal jul dag geniet.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 24/11/2017 - 05:18

More julle Secunda so 20 mm teen deur nag gehad glo res van land gaan ook kry julle almal moet n awsome dag he gooi daai koffie / tee in die koffie hier by my loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 24/11/2017 - 05:34

Goeie more hier op die Vrydagoggend.

Tee is sommer lekker.

Lyk my hier in Kemptonpark was 'n lekker bui reen met 'n woeste wind wat dit aan gejaag het. Voor my kantoor se buite deur is 'n afdak en die een kant naaste aan die deur is die sykant ook toe. Die wind het die reen in gewaai teen 'n hoek en dit onder die deur in gewaai. Die helfte van my kantoor se matte is papnat. Het al die vensters oop om dit weer droog te probeer kry.

En dit is nog ook vandag die firma se jaareind funksie. Sal maar die beste van als maak.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 24/11/2017 - 06:57

Goeie more en 'n lekker Vrydag en heerlike naweek vir almal!

Dankbaar vir geliefdes, gesondheid, die son wat skyn, kos in my lyf en vriende! 

...en dat ons kan kamp!laughyes

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 24/11/2017 - 07:19

More Shaun, more Dusty, more Voortrekker.  More almal wat dalk nog gaan kom groet.

Die naweek is hier, nie dat ek dit juis sal agterkom nie.  My naweek is deesdae 7 dae lank.

Die lug lyk baie donker van die westekant af, ons kan moontlik 'n bietjie reën kry.

Dusty, geniet daai office party vandag.  Ek het nou net besef, ek mis dit nogal vandat ek afgetree is.   

Soos Shaun sê laat jul dag loop soos stroop moenie terugkyk nie kyk vorentoe wees dankbaar oor alles soos Anton kamp 'n hond uit 'n bos.  yes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 24/11/2017 - 07:33

Goeie more almal, dankie vir die tee, was lekker?

Hier het ons ook wilde wind en 14mm reen gehad gister middag, ons is baie dankbaar vir die reen.

Mooi woorde Anton.

Jullr moet 'n veilige en lekker dag geniet.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 24/11/2017 - 07:34

More Almal.

Hier by my gaan dit soos n malhuis. Ek is verskriklik besig by die werk sal selfs die naweek moet werk.  Die mense wat my ken weet ek werk nie maklik op n naweek nie, eintlik wil wk glad nie werk nie.

Sal sodra ek n kansie kry die storie oor MOZ doen en die foto's plaas.  

Ek kan net nou sê dat ek nie sal omgee om baie gou weer daar te gaan kamp nie.  

Wees asb geduldig  die storie kom..

 

Lekker dag vir almal.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/11/2017 - 08:27

Môre sê, die 2 koffies was lekker.

Ons het ook seker so 3mm reën gehad, kon weer nie slaap nie so vandag gaan 'n lang dag wees.

Gelukkig het die WilSur groep besluit môre is dit die Moot braai, kan nie wag nie.  Ons sal seker so 32 groot mense wees.  

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 25/11/2017 - 06:39

Goeie more.

n Rustige Saterdag. Lekker reen gehad gisteraand. Die grond is lekker nat hier by ons. Is baie geseend met die reen.

Elkeen moet die dag geniet

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 25/11/2017 - 06:52

Ons het toe gister reën gehad en vandag is 'n pragtige dag in die Baai.   

Daar lê 'n beesstert en wag vir die pot.    Verder sal ons maar vir die Bokke kyk en net die mooi dag geniet.

Mag julle almal geluk smaak vandag!

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Sat, 25/11/2017 - 07:44

Goeie môre aan al die pragtige lede van Kampforum. Geniet julle dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 25/11/2017 - 08:18

Vir jou moet ek spesiaal hello sê.   Hoop jy en jou man en die kabouters het 'n baie lekker naweek.  Sterkte met die klomp manne in die huis.  Ek was in dieselfde bootjie, 2 seuns gehad.  Weet jy hoe graag wou ek hê die tweede een moet 'n dogtertjie wees.  Daarna het ek besef dit was reg so, ek was 'n ma vir seuns, nie vir meisiekinders nie.laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 25/11/2017 - 09:43

Lyk my Lolla lê nog in die bed. Ek en kabouters kyk Toy Story onder...  Dit reen heerlik en ek dink nie een van ons is lus vir veel doen vandag nie smiley

0

Anton

Jy is enige tyd welkom om by ons aan te sluit, die braai is by die Joos Becker karavaan park in Pretoria.  Ons begin van so 15:00 opdaag.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 25/11/2017 - 12:02

Dit reen lekker hier tussen die berge al van gister so 5 uur een strook deur!!

Kry die mense wat net vir die naweek kom kamp het, so familie groep reg langs ons, net 3 dome tente, geen gazebo of niks nie! Shame hulle kan nie braai of kos maak nie.

Sien nou ek het nie te gou 'n nuwe tent bestel nie, ons tent het nou skielik op omtrent 'n honderd plekke op die dak begin lek, Petra en ek het nou so pas besluit om maar in die wa te kom sit. seker die eerste keer in 5 jaar wat ons in die dag binne in die wa deurbring.

Baie interesant met die reen het ons skielik van vanoggend af internet sein hier by die wa, maar geen tellefoon sein nie??? ek is baie dom met die IT goed maar dit is vir my heel snaaks??

Swak sein maar kan darem so op 'n manier op die forum kom.

Ons is baie dankbaar vir die reen, vrek warm gewees die laaste 10 dae, elke dag bo 40 gewees, wens ons kon so bietjie reen Kaap toe stuur!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus